Anderson vuur ’n kishousalvo in Dallas af

Suid-Afrika se Kevin Anderson. Foto: Paul Crock/AFP.

Suid-Afrika se Kevin Anderson het sy eerste wedstryd van die seisoen gewen toe hy die VSA se Sam Querrey in die Dallas-ope geklop het.

Die eindtelling was 6-4 en 6-4 in Anderson se guns en hy het in die proses 21 kishoue afgevuur.

“Hoewel ek in twee stelle gewen het, was dit eintlik baie nader as wat die eindtelling ’n mens laat glo. Ek dink Sam kon maklik ’n valbytpot of twee afgedwing het, maar ek is terselfdertyd trots op my vertoning,” het Anderson gesê.

Die Suid-Afrikaner het nou al nege van sy 17 wedstryde teen Querrey gewen. Hy sal in die volgende ronde teen John Isner te staan kom.

Die beseringsgeteisterde Anderson is tans 101ste op die ATP-wêreldranglys, maar hy was in sy fleur onder die toptienspelers ter wêreld.

In 2018 het hy onder meer vir Roger Federer op skouspelagtige wyse op Wimbledon uitgeskakel.

Anderson was in daardie wedstryd met twee stelle agter, maar het verbete terugbaklei om die kragmeting met 2-6, 6-7,7-5, 6-4 en 13-11 te wen.

Jongste ATP-ranglys:

  1. Novak Djokovic
  2. Daniil Medvedev
  3. Alexander Zverev
  4. Stefanos Tsitsipas
  5. Rafael Nadal
  6. Matteo Berrettini
  7. Andrey Rublev
  8. Casper Ruud
  9. Felix Auger-Aliassime
  10. Jannik Sinner

Ander spelers van belang: Roger Federer (30ste), Lloyd Harris (35ste), Dominic Thiem (39ste) en Kevin Anderson (101ste).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Anderson Just one thing,don’t count your chickens behore they hatch.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.