Angelique se ekskêrel vandag in hof

Christopher (Stoffie) Watson en Angelique Fourie (Foto: Mike Bolhuis, Facebook)

Die vermoorde Angelique Fourie (27) se ekskêrel sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn in verband met haar moord.

Volgens sers. Valencia Koma, polisiewoordvoerder, sal Christopher (Stoffie) Graham Watson in die landdroshof in Secunda, Mpumalanga, verskyn.

Watson het Dinsdagoggend homself by die Norkem Park-polisiestasie in Kempton Park oorgegee. Dit is ’n dag nadat Fourie se bebloede liggaam in haar meenthuis in die Terra Nova-kompleks in Trichardt, Mpumalanga, gevind is.

Fourie se pa, Awie Fourie, het op Facebook geskryf hoe hartgebroke hy oor sy dogter se dood is.

“Ek sal veg tot die dood vir geregtigheid vir jou, my kind,” het Awie geskryf.

Volgens Koma is die polisie Maandag omstreeks 23:00 saam met die brandweer en nooddienste na haar huis ontbied. Volgens haar is ’n vullisdrom in die kombuis aan die brand gesteek.

“Daar was bloed in die kombuis. Fourie is in ’n plas bloed op die badkamervloer aangetref. Sy het ’n oop wond aan haar nek gehad,” sê Koma.

“Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.”

Die polisie is Maandag ingelig dat Fourie se dogter by familie in Secunda afgelaai is.

“’n Nadoodse oorsaak sal gedoen word die oorsaak van Fourie se dood te bepaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

TRP ·

As almal maar met waarskuwing tekens kon rond loop, hierdie man lyk nie of hy tot so iets in staat is en tog het hy haar lewe wreed van haar geneem. Sterkte aan al die families.

Johanna ·

So klein vrou het nie n kans teen so BOELIE nie..
Regtig n pap broek wat vroue aanrand wat hulle nie goed kan terug D_NN_R nie. Sluit ho.m vir ewig toe.

melaney ·

Stem saam. Maar laat een man hom wil aanvat, dan sien jy hoe vinnig maak hy hom uit die voete uit. Hoop pappa wag vir hom in die selle.

Henry ·

Mense is besig om totaal beheer te verloor, en dit raak net erger. Ek dink die hele mensdom se geduld is in die rooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.