Anika Smit-moordsaak hervat

andre-van-wyk1

André van Wyk (24) vroeër in die hof. Foto: Phillip Bruwer

André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), sal na verwagting Donderdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat hy vir nagenoeg 50 dae sielkundige waarneming by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal ondergaan het.

Van Wyk, wat teregstaan op aanklagte van moord, verkragting en lykskending, is tydens ʼn vorige hofverskyning op 26 September na die psigiatriese hospitaal verwys vir sielkundige waarneming. Die hof het egter op 25 Oktober gehoor ʼn bed by Weskoppies het eers onlangs beskikbaar geraak en hy is toe vir die 30 dae lange waarneming gestuur.

Die moordsaak het op 25 November in Van Wyk se afwesigheid voortgegaan waartydens die staatsaanklaer ʼn versoek van die hospitaal voorgelê het dat hy vir ʼn verdere 20 dae waarneming moet ondergaan. Die verdediging het nie die versoek teengestaan nie en gesê dit is in belang van geregtigheid.

Die saak is hierna tot 15 Desember uitgestel vir die afhandeling van die ondersoek.

Van Wyk, wat saam met Anika op skool was, is op 22 September deur ʼn staatsgeneesheer by die Pretoria-Noord-kliniek ondersoek, waartydens hy aangedui het hy het geheueverlies en kan nie onthou wat tydens Anika se moord gebeur het nie.

Die staatsgeneesheer het destyds aanbeveel Van Wyk moet behoorlike waarneming ondergaan en was van mening dat Van Wyk die erns van die aanklagte teen hom verstaan, asook die gevolge van ʼn moontlike skuldigbevinding. “Hy kan nie beskryf wat tydens die voorval gebeur het nie en verskaf nie die relevante feite nie. Hy het geheueverlies oor die voorval en ontken hy sien drogbeelde of hallusineer,” lui die verslag.

Anika is op 10 Maart 2010 in Theresapark, in die noorde van Pretoria, vermoor. Die moordenaar het albei haar hande afgesny en dit van die toneel verwyder. Sy is ook seksueel aangerand en het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad. Haar hande is nooit gevind nie.

Van Wyk het hom op 17 September aan die polisie oorgegee, ná ʼn lang geregtelike doodsondersoek in ʼn poging om haar moordenaar te vind. Anika se pa, haar destydse kêrel en nog ʼn man, wat saam met haar op skool was, was belanghebbendes wat in die ondersoek getuig het. Dié ondersoek is intussen onbepaald uitgestel, hangende die uitkoms van Van Wyk se verhoor.

Lees alle vorige berigte oor Anika Smit op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ancara ·

Die saak laat my aan Inge Lotz dink.Die kerel het haar ook geken net soos Anika se kerel haar geken het.Baie ooreenstemmings met beide sake behalwe Anika se hande wat afgekap is wat my laat wonder of sy haar kerel nie dalk gekrap het en haarself so probeer verdedig het nie.Daarom die hande wat afgekap is want sy DNS is onder haar naels.Hoe aaklig om so vermoor te word.

HFC ·

Jammer om te sê maar ek dink nie jy ken die feite in die saak nie en daarom jou onsinvolle aannames.

Gilla ·

Die berig is net weer presies dieselfde as al die vorige berigte. Elke keer word alles weer herhaal. Geen nuwe feite. Sit asb eerder ‘n berig in indien daar nuwe nuus is

Ancara ·

HFC nou hoekom sit die persoon dan nie in die tronk nie aangesien jy so baie weet.

HFC ·

Dis duidelik dat jy nie die saak van die begin gevolg het nie, watter persoon praat jy van wat volgens jou in die tronk moes gewees het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.