Antwoorde geëis oor hoë wat glo by Eskom-korrupsie betrokke is  

(Argieffoto: GCIS)

Die DA gaan ʼn aansoek bring om inligting te kry oor André de Ruyter se bewering dat ʼn hoëvlak-politikus by korrupsie in Eskom betrokke is.

De Ruyter het in ʼn onderhoud met die joernalis Annika Larsen op e.tv verskeie skokkende bewerings gemaak. Hy het onder meer gesê dat ʼn minister ingelig is oor ʼn spesifieke hoëvlak-politikus wat by korrupsie in Eskom betrokke is, en dat die betrokke minister toe na ʼn senior amptenaar gekyk en glo gesê het: ‘Ek dink dit was onvermydelik dat dit in elk geval sou uitkom’.

Volgens DA-leier John Steenhuisen sal sy party ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) bring om Eskom te dwing om bekend te maak wie die persoon is.

“Die doel van hierdie versoek is om alle inligting en bewyse tot Eskom se beskikking te bekom rakende die beweerde ANC-grootkop agter die sistemiese korrupsie wat ons land se elektrisiteitsvoorsiening op sy knieë gebring het.

“De Ruyter het verder bevestig dat die ‘hoëvlak-politikus’ agter die plundering by Eskom ʼn sittende parlementslid is.”

Anders as die huidige regerende party, neem die DA hierdie onthullings uiters ernstig op, het Steenhuisen gesê. “Ons sal elke middel tot ons beskikking gebruik om agter die kap van die byl te kom rakende die kriminele ANC-sindikaat agter Eskom-korrupsie.”

Herman Mashaba, leier van ActionSA, het in reaksie op die onderhoud gesê De Ruyter se erkenning dat die ANC Eskom as ʼn “trog” sien om uit te vreet, bevestig dat die ANC ʼn kriminele sindikaat is wat net bestaan om homself te verryk.

Die uitlatings wat De Ruyter tydens die onderhoud gemaak het, het waarskynlik daartoe gelei dat Eskom Woensdagaand laat in ʼn kort verklaring bekend gemaak dat hy sy pos onmiddellik sal verlaat. De Ruyter het einde verlede jaar bedank, maar sou tot einde Maart in sy pos aanbly.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het De Ruyter intussen as ʼn hedendaagse held beskryf.

“Hy was in ʼn stelsel waar daar nie plek is vir harde werk, oplossings en eerlikheid nie. Eerlikheid was die finale strooi vir die korrupte stelsel. Dit word nie geduld nie en hy moet onmiddellik loop. Ek salueer vir André.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Vinny ·

Ek is bly ek is nie Andre nie, hy sal vir lank oor sy skouer moet loer, en landuit is dalk beter op die oomblik.

Althes ·

Die Here sal hom beskerm. Dis beter dat hy praat, want sou hy stilbly sou hy dalk in ñ kamtige huisroof uitgehaal word of iets dergliks.
Nou weet almal as hy iets oorkom, sal daar gevolge wees.

Truman Burbank ·

Althes. Net jammer hy het nie vroeër “gepraat”. Dan was baie dinge nou al uitgesorteer. Maar hy het verkies om stil te bly. Waarom? Dit sal niemand seker ooit weet nie. Of dalk sal NAMPAK

Strandloper ·

Goeie poging DA maar ons weet tog almal daar sal niks van kom nie….die tyd is ryp vir aksie

Tokkel ·

DA is alwat ons probeer help, behalwe solidariteit en afriforum. Die ander partye hoor jy net voor die verkiesing van. Dankie DA dat julle probeer tenminste!

Nie Verbaas ·

Geneig om saam te stem. Die DA lawaai baie maar doen niks.

Hendrik Marthinus ·

Hardloop Andre hardloop, hopenlik Sal die DA jou 24/7 oppas

Papsak ·

Mooi so Mnr De Rhyther salueer jou dankie jy darem nog krag aan gehou hulle kan nie maar ek hoop baie se oe gaan nou oop hy moes lankal gepraat het laat dit moes uit kom ek hoop net die eff hou hulle bekke hier uit

Phillip ·

Moet maak soos VSA storm in en vat net die dokumente en rekenaars en kry die inligting . Soos met Meneer Doneld Tramp Gedoen is by sy Landgoed

Michael ·

En steeds is daar mense wat glo CR is ‘n gematigde “leier”. Hy is die grootste probleem/skurk in die geskiedenis van hierdie land want hy was verantwoordelik vir Eskom se regruk onder Zuma en vir kaderontplooiing. Hy sit agter al die korrupsie en bedrog in Eskom. Wanneer gaan mense wakker skrik?

Elma ·

Dit help tog nie om wakker te skrik nie. Almal besef dit, maar WAT kan mens doen daaraan? Net mooi sweet blow niks.

Republikein in die Wes Kaap ·

Christene het gesonde verstand en talent ontvang om iets te doen. Gebruik dit!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC is ‘n misdaadsindikaat wat die land permanent geknak het. Die land moet ontbondel.

Perdeby ·

Al wat ek vir Andre kan sê is, jy is nou ‘n gemerkte man. Jy sal moet oorsee gaan skuil vir ‘n baie lang tyd.

Poppi ·

Die ANC kan maar ook hul poste verlaat, aangesien hul met alles wegkom!!!

Andre ·

Hierdie aantygings moet natuurlik nog bewys word en hier lê die probleem want watter comrade gaan watter comrade uitwys. Die harde en tragiese werlikheid is dat die land reggeer gaan word deur menslike aasvoëls tot daar nie meer ‘n kers is om aangesteek te word nie

Nie Verbaas ·

Ek glo nie dat hy iets sal sê as hy nie alreeds bewyse het nie.

Vonkprop ·

DA spaar julle al die moeite en vra net vir André wie dit is. Hy kan dit vertroulik vir julle noem. Baie maklik. Los al hierdie hofsake en dreigemente om agter die waarheid te kom. Vra die bron direk. Dit is nie ‘n hoëgraad probleem nie. Die ANC kry lekker as almal so skarrel om hulle te smeek om antwoorde te kry. Dink net die impak as al die partye kan sê hulle het vertroulik verneem wie die persoon is. Dit het meer impak as al hierdie rondhardlopery howe toe om die ANC aan te vat. Hoe meer mense weet hoe moeiliker raak dit vir die ANC om mense stil te maak.

Pieter ·

Dis baie waar, maar die lot is so dukvellig soos ons al gesien het. Al sit jy ‘n wortel voor hulle snawels, sal hulle steeds stry dat dit ‘n appel is want dit is wat hulle pas. Daar is absoluut geen rede dat waarheid die ware waarheid is nie, dis wat daar geglo word.

Raadsman ·

Moenie verbaas wees as die korrupte hoee amptenaar die nuwe minister van Eskom word nie.
Dit is hoe kommuniste werk. Ek is soms net verbaas hoe party mense enigsins hul vertroue in Ramaphosa plaas. Rassehaat is hul wagwoord.

Nie Verbaas ·

En hulle verwag respek. Hulle verwag dat ons hulle erkenning moet gee. Ons gee wel erkenning, maar ongelukkig vir dit wat hulle is.

Cherokee ·

De Ruyter het (ook) gesê dat die standaard gebruiker te min betaal vir elektrisiteit. So julle aanhangers, sluk dit. Sy stories het soos windrigtings verander.

Truman Burbank ·

Faraway. Die feit dat NAMPAK se aandele geval het met 84% onder sy “leiding” is geen klok

jou gewete ·

Hy moet net Charl Pauw vra om hom te help om n boek te skryf, die eskom sindikaat of iets

Casper ·

Ek werk nie eers by eskom nie en ek weet wie die minister is,maar ek gaan nie sê nie anders moet ek ook landuit en ek het nie die ching-ching nie.

domheks ·

Kader ontplooing! Ou CR sit heel voor by die trog om te skep. Nou wil hy kastig korrupsie hokslaan. Probeer die hero wees!

Nie Verbaas ·

Ramaphosa kan nie eers n toebroodjie in n Jiffy sakkie hokslaan nie.

miraclealigner ·

Sal ons weddenskappe aangaan oor wie die hoof pikkewyn is wat hierby geïmpliseer word? My geld is op Gwede….

lodewyk ·

Stel voor tussen Afriforum,Soldariteit en ander partye dat hulle n privaat sekuriteits firma borg om Andre te beskerm,die SAP en ANC sal dit nie doen nie,hy gaan baie geraamtes uit die kas laat kom,sy lewe is nou in gevaar so ook sy famillie …Hier kom groot ontblootings…

Wielspore ·

Leuns is nie volhoudbaar, die waarheid kom een of ander tyd uit. Nou dat die blik oop is, haal die wurms uit sodat ons kan sien wie is die wurms.

Casper ·

Die eenhede wat so gelyk uitskop by kragstasies en dit oor naweke het alles te doen met die komplot om eskom te sink in aanloop tot die volgende verkiesing.Hoekom altyd by dieselfde stasies.

Hercules ·

mag hierdie cANCerous Kleptoriese Misdaad Sindikaat Sweersel nou vir eens en altyd oopbars en Cyril Ramaphosa en sy gespuis aan die kaak gebring word in Jesus naam

AMEN!!

Chris ·

Ek giggel oor binnepret diep in my diepste binneste in. Ek ken modder, hierdie wat kom is nie modder nie. Kyk na ‘n trop haienas, leeus of selfs krokodille. Sodra ‘n ondersgeskikte rebeleer/opstandig raak word hy summier dood gemaak. Die vettes is reeds vet en lui. Die maer hongeres soek ook hul beurt. Die vettes kan en gaan nie rustig slaap nie. Daar is geen groter vrees as ‘n ryk man wat sy rykdom gaan verloor nie. Sit terug hier kom gevegte waaruit ons moet bly.

Nie Verbaas ·

Dit is n man met integriteit. Ek hoop dat die opposisie partye die hele gemors oopvlek. Nog n klap in Ramaphosa se gevreet.

Truman Burbank ·

Weereens. As daar integriteit ter sprake was, sou dit al lankal op die lappe gekom het.

Rina ·

Ek het 29 jaar vir wskom gewerk, het daar begin in nog die goeie tye en gesien hoe eskom al meer down the drain gaan namate mense aangestel is om targets te bereik. Korrupsie het naderhand amper normaal begin lyk en dit is hoekom eskom in die toestand is. Andre de Ruyter het gedoen wat hy kon om te probeer red en hy het nou die bubble gebars. Ek is bly hy het besluit om vir n tyd lank die land te verlaat vir sy en sy gesin se veiligheid. Al wat ek kan se is sterkte Andre, loer asb oor jou skouer die hele tyd

MJLS ·

Sterkte aan André en sy gesin.
Mag die waarheid altyd seëvier.

Truth2bfree ·

Matthew 10:26
So do not be afraid of them. For there is nothing concealed that will not be disclosed, and nothing hidden that will not be made known.

Hennie ·

As ek kan raai sou ek sê dis moontlik Gordan en Mantashe, dis gewoonlik die skuldige een wat die meeste geraas maak.

Nie Verbaas ·

Altwee is in aangesien die een bevestig het dat dit een of ander tyd sou uitkom.

Hester ·

Die man het guts…Hy gaan verseker nou nog meer op iemand se sluipmoord radar wees.

Suzette ·

Ek hoop Andre het kans gehad om genoeg bewyse bymekaar te maak en dat hy dit aan ‘n betroubare bron sal beskikbaar stel sodat die kriminele anc vir eens en vir altyd verantwoordelik gehou kan word vir die gemors waarin hulle die land laat beland het.

gpsa ·

Hulle kan enige inligting of bewyse kry, self video opnames bank state, enige iets, maar niks sal steeds gebeur nie.

Truman Burbank ·

Waarom ESKOM “dwing” as DR wel die inligting het? Hierdie is net n kat en muis speletjie. Good cop, bad cop.

Catherina ·

Los nou vir Andrê uit. Let him retire in peace. Did more than his share.

Truman Burbank ·

Hy het deffinitief Suid Afrika se levels hoog gehou

Nie Verbaas ·

Dit is hoekom hulle hom wou stil maak deur hom te vergitig. Die ANC gemors is niks anders as kriminele nie.

Truman Burbank ·

Hy is werklik n superman. Niemand anders oorleef sianied vergiftiging soos hy nie. hehe

annie ·

Die DA moet ‘n slag dink voor hul mis loop opskop in die beeskraal. Steenhuisen begin binnekort ook ‘n pap rooi pan dra soos Malema. Stilte is partykeer ook ‘n reaksie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.