Antwoorde geëis oor transformasieteikens vir skoleatletiek

Argieffoto: Pixabay

AfriForum Jeug het sy regspan opdrag gegee om ’n brief aan die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (Sasa) te rig rakende strenger transformasieteikens wat tans op skole toegepas word.

Dié teikens is uiteengesit in ʼn omsendbrief wat onlangs aan skoleafrigters gestuur is. Dié omsendbrief is deur Peppi Olevano, die sekretaris-generaal van Sasa, onderteken.

Luidens die omsendbrief behels die nuwe teikens “’n minimum van 40% van voorheen benadeelde gemeenskappe vir alle Sasa-spanne op alle vlakke van kompetisie, met spesifieke klem op meisie-atlete”.

Die brief stel verder op hoërskoolvlak mag ʼn maksimum van drie atlete op meriete gekies word en minstens een atleet per item moet uit ʼn voorheen benadeelde gemeenskap kom. Indien daar twee of drie atlete aan ʼn item deelneem, moet een van hulle uit ʼn gemeenskap kom wat voorheen benadeeld is.

Op laerskoolvlak kan ʼn maksimum van twee atlete op meriete gekies word, terwyl die derde atleet van ʼn voorheen benadeelde gemeenskap moet wees.

“Op hoërskool- én laerskoolvlak word sekere geleenthede slegs vir voorheen benadeelde leerders voorgehou en daar word pertinent gesê dat dié atlete aan geen ander vereistes hoef te voldoen nie,” sê Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug.

“AfriForum Jeug is van voorneme om atlete, ouers en afrigters by te staan wat deur dié diskriminasie benadeel word.”

Volgens Maree het AfriForum Jeug in sy regsbrief die volgende vrae aan Sasa gerig:

  • Indien ’n swart kind in ’n privaat skool of voormalige model C-skool is, is hy voorheen benadeel?
  • Hoe word “voorheen benadeeld” bepaal? Indien volgens ras, hoe word die ras bepaal?
  • Wat is Sasa se definisie van voorheen benadeelde persone?

“Ons is vas oortuig dat die voorheen benadeeldes – na wie Sasa se brief verwys – gebruik gaan word om atlete wat op meriete die span sou haal, op grond van ras uit te sluit. Ons kan nie toelaat dat kinders aan rassediskriminasie blootgestel word nie,” sê Maree.

Dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van die SOS, sê die nuwe sportkwotas vir skole-atletiek sal die sport in veral Afrikaanse skole versmoor. “Afrikaanse skole het ontsettend talentvolle atlete en doen moeite om atletiekbyeenkomste aan te bied, waarby Atletiek Suid-Afrika ook baat. Hierdie sportkwotas sal skole hul aptyt vir wêreldgehalte-atletiek laat verloor,” sê Brink.

Hy voeg by atletiek is ’n sport wat ’n geleentheid vir verskillende kinders met ’n verskeidenheid talente bied. “Dit is onprakties van Sasa om net te wil fokus op ras en almal oor dieselfde kam te skeer.”

Talle mense het ook ontstoke op sosiale media oor die transformasieteikens gereageer. “Dit is absoluut belaglik! Hoe verduidelik jy vir die toegewyde, hardwerkende skoolkind (swart of wit) hierdie belaglikheid?” skryf een Facebook-gebruiker. “Almal het gewag daarvoor. Ons het net nie geweet hoe hulle dit gaan bewoord nie,” skryf ʼn ander.

Olevano kon nie Vrydagmiddag telefonies bereik word vir kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Wonder maar net ·

Dit is belaglik, alles – sport, akademie ALLES word net afgewater. Hoe is daardie hoerskool of laerskool kind voorheen benadeel. Hy was nie eens gebore nie.

WitBlits ·

Stem heelhartig saam met jou!
Die ergste van alles is dat soveel voorheen benadeelde atlete skitter in SEKERE skool ouderdomsgroepe, maar nooit as SENIOR atlete êrens kom nie!
Nou vra ek myself, kom hulle nêrens as seniors en het hulle ooit aan die regte ouderdomsgroep of geslag deelgeneem op skool????

Anel ·

Vertel noy vir my hoe dit nie rassehaat onder kinders nog erger gaan maak nie. Si, moennie blanke ouers die skuld gee nie. Die wonderlike, slim regering, doen dit sommer self. Siek samelewing

Anel ·

Vertel nou vir my hoe dit nie rassehaat onder kinders nog erger gaan maak nie. Si, moennie blanke ouers die skuld gee nie. Die wonderlike, slim regering, doen dit sommer self. Siek samelewing

Die Stem ·

Dit raak tyd dat daar aandag gegee word aan die huidig benadeeldes.
Beide 8n besigheid en sport, is daar genoeg tyd verby dat die wêreld weer regverdig kan word.
Die hoeveelheid wittes is n klein persentasie van die land se bevolking. Gee ons net n regverdigde kans asb.

ZAR ·

Jy vra nie vir gelyke kanse nie, @Ek Stem, want dit het almal behalwe witmense, jy vra vir gelyke resultate. Daar’s ‘n massiewe verskil.

George in Bloem ·

Die koue harde werklikheid is dat hierdie tipe sotlike en belaglike rassistiese beleide tot gevolg het dat SA spanne nie kompeterend gaan wees nie.

ou joe ·

Ja, dit is wanneer ‘n stopoorlosie met ‘n almenak vervang word.

Frik Lotz ·

Ag nee wat, dis mos nou verregaande en belaglik. Niks anders as diskriminasie nie en die vraag is hoe lank gaan ons toelaat dat hierdie tipe dinge op ons afgeforseer word? Genoeg is genoeg!

Bekommerde ·

Ag kan kinders nie maar net kinders wees wat aan atletiek deelneem & die politiek buite dit hou nie.
Geen persoon sal lekker voel om te weet dat ek einlik nie hierdie plek verdien nie.
Niemand word daardeur bevoordeel nie !

Snowball ·

25 jaar na apartheid se einde en daar word nog steeds verwys na ‘benadeeldes” – dié wat tans op ‘n skoolbanke sit, kan nie 26 jaar oud wees nie.
Al wat hulle nou benadeel is dié siek benadering dat hulle kan voordeel trek uit ras, en dat hulle spanne haal, sonder om daarvoor te werk of dit verdien.
Die voorheen benadeeldes sal benadeeldes bly in ‘n stelsel wat hulle beloon sonder dat hulle self die insette moes lewer om ‘n span te haal. Hoe verduidelik jy hierdie gemors vir enige laerskool of hoërskoolkind wat onregverdiglik uitgelaat moet word omdat hy nie die regte ras is nie?
Dis die grootste gemors waarvan ek nog gehoor het.

Iemand ·

Hoop hulle neem in ag dat die kinders, kinders is van die kinders van ’94 is.

Jacques ·

Na 20 jaar is hulle nogsteeds gepla oor ras kleur en voorheen benadeelde wat nou die bevoordeelde persone is . Met sulke sotlike tipe optredes gaan julle sport in geheel dood maak en sportsterre gaan uit die land uit gaan soos min , nie dat dit julle enigsins sal pla nie .
Dit is tyd dat die regering en al sy mense groot word en die koffie ruik wat besig is om goed dik te word .

elizna ·

by ons skool het ons selfs n kota vir prefekte… ons kinders staan nie n kans nie. 128 wit uit 1100 kiders…sport het laaaaankal sy ?gesien

Ronel ·

Met ander woorde, ‘n diplomaat, wat met ‘n Mercedes rondry, se kind wat in ‘n topskool is , die nuutste modes navolg en in duur eetplekke uithang word bloot op grond van ras as voorheen benadeel beskou en ingesluit onder die top drie atlete terwyl haar eweknie uit uiters armoedige omstandighede met soms net brood op die tafel, moet terugstaan al sou sy ‘n uitstekende atleet wees net omdat sy wit is? En beide is in dieselfde jaar gebore onder ‘n demokratiese regering?

Boskind ·

En as die kinders nie op Interhoër of -laer presteer nie wat dan?! Wat is die volgende stap? Gaan Sasa die wêreld forseer om hierdie onder-prersteerders toe te laat in kampioenskappe?! BELAGLIK!!!!! Gaan oefen soos die ander atlete wat wel wil presteer!

Elle ·

Nee Ronel, hulle is die oukies wat dan sport beurse kry. Agtergeblewe se voet. Maak my sommer siek. Hoeveel jaar geld as agtergeblewe? Sommige van hierdie kinders se ouers verdien meer as baie van ons. Is my kind dan ook agtergeblewe? Die wiel draai……

PR ·

Goeie sportmanne en vroue sal al meer die land verlaat. Goeie nie-wit sportpersone stem ook nie saam met kwotas. Hulle word op meriete gekies in enige sportspan, maar sal altyd wonder of hulle regtig op meriete gekies is. Die swakste sportpersone is politici hulle het geen benul, kan nie eens die politiek reg bedryf.

remondo ·

hoe lank bly hulle benadeel?…………………………vra maar net

Benida Grobbelaar ·

Ons gaan onsself Internasionaal in groot verleentheid stel as dit ons seleksie kriteria gaan wees.

marco polo ·

Moenie eens tyd mors met atletiek nie, kry eenvoudig iets anders om te doen. Hierdie kwota stories gaan die einde van kompeterende sport beteken en wie wil nou heeltyd na verloorders kyk.

Dubbel M ·

As ‘n aleet wat self 3 SA skole goue, 2 Silver en 2 brons medaljes in my kas het vind ek hierdie absoluut belaglik!!!

Ons het altyd gespot dat dit die een sport is waar daar geen kwota stelsel toegepas kan word nie aangesien dit ‘n eenman sport is en daar streng standaarde is vir “toegang” tot ‘n SA’ s of ‘n internasionale byeenkoms. Maar duidelik tel hierdie standaarde ook nie meer veel nie.

So indien jy ‘n provinsie het wat tradisioneel sterk is in die worpe of gooie soos Gauteng of Gauteng noord of Boland en OP met kortafstand gaan atlete wat medaljes by SA’ s kan wen by die huis sit sodat iemand met baie laer vermoe verpletter word in hul items by SA’s…. SA’s def nie vir sussies nie!!!

Ekt diskus en gewigstoot gedoen en kan nie dink hoe iemand byvoorbeeld van die transkei streek gedwing kan word om een van daai items te doen net om die nommers op te maak wat SASA vereis nie… Ons het gereeld by die Oos Kaap byeenkoms die atlete jammer gekry wat 15m gooi met die diskus of 6m met die gewig teen die atlete wat 60m en 18m gooi en stoot. Kan nie goed wees vir die moraal van hierdie atlete nie, en mens gaan def nie SA’s toe vir ‘n free trip nie.

Basjan ·

Dubbel M, jy vat die hele aangeleentheid mooi saam. Die stelsel gaan net die “voorheen benadeelde” atlete groot verleentheid besorg as hulle nie op meriete gekies word nie en dan klaaglik misluk as hulle verpletter word deur “voorheen bevoordeelde” atlete.

B ·

Ons het vir te lank stilgebly en gaaf probeer wees, en dit was dalk die enkele grootste fout wat wittes begaan het na 94.
Ons moes van die begin af geweier het om so onderwerp te word – die rollende bal tel nou momentum op. (Almal, van korporasies, sake ondernemings, opvoedkundige instansies ens)
(Dis nog ‘ rede hoekom bv advertensies soos ‘Proud AAA graded BEE business’ my so absoluut NAAR maak)

Therese van Schalkwyk ·

B
Jy is so absoluut in die kol!
Terrence Corrigan van die Instituut vir Rasseverhoudings sê presies dieselfde ding t.o.v landbouleiers.
Afrikaans verdwyn uit die laaste universiteit ten spyte van al die gedienstige uitreiking en versoening deur die Afrikaanse Taalraad.
Dalk was ‘n destydse Plan van Aksie noodsaaklik oor hóé ons as minderheidsgroep die nuwe SA moes aanpak? Effe laat om die kruiperigheid nou om te keer.

Susan de Klerk ·

Hierdie kwotas was al jare gelede in die skole sport – landloop – 10 atlete het deurgegaan SA toe – voor die wedloop word daar vir die kinders gese moenie dink jou plek is veilig nie ons kan enige een insit – daardie atlete wat privaat afrigting kry, vrek baie daarvoor betaal was nooit verseker hulle kry span nie. Partykeer het atlete span gekry wat amper laaste was en die outjies wat 10 was moes maar tevrede wees daarmee.

Skape ·

Hierdie is nie swart kinders wat ‘n kans gegee word nie, hierdie is wit kinders wat verneuk word, so maklik soos dit. As jy nie goed genoeg is nie, dan is dit nou maar so. Ek wens mense will besef dat hulle terug staan en kyk hoe hulle kinders eenkant toe geskuif word. Die previously disadvantaged sal vir altyd disadvantaged bly want dan kry hulle goed verniet, so waar los dit mense wat nie ‘n disadvantaged kaartjie het om te gebruik nie.

Johan ·

Dis nét in Suid-Afrika waar nie altyd die beste sportmanne gekies word nie en waar kleur die bepalende faktor is.
Die voorheen benadeelde gemeenskappe is nou skielik permanent benadeelde gemeenskappe. Maggies. Die jongmense het mos in die “demokratiese” Suid-Afrika groot geword. Van hulle is miskien arm, maar beslis nie benadeel nie.
Ek sê nog steeds dat die “best man/woman”- beleid die mees logiese is.

Ian ·

Onder 11 krieket is lankal dieselfde. Voorheen benadeeldes MOET ń seker persentasie in die span wees. Hulle MOET die kolfwerk open en hulle MOET die boulwerk open. Of daardie kind nou kan of nie. Jou kind oefen 5 dae ń week en die ander byna nooit. Maar vanaand na ñ wedstryd as hulle as span terug is by die koshuis dan huil daardie kwota seuntjies want hulle het die span en hul maatjies in die steek gelaat. Kinders is LANKAL verby ras. Dit is politici en grootmense wat hierdie draak voer. Skielik moet ouers nou aan kinders verduidelik so diplomaties as moontlik hoekom het hy nie die span gehaal het nie en SIEDAAR jy sit met ń rassis van 11 jaar oud. Wanneer gaan hulle besef dit is hulle wat rassisme stook ons kinders speel al lankal met mekaar by die skole

Judge Dredd ·

Net ‘n vraag:

Persentasie gewys – hoeveel kinders wat atletiek ernstig op skool vlak beoefen maak dit tot op die boonste professionele vlak waar hy/sy dit as beroep kan doen?
Ek dink dit moet minder as 0.1% wees.
So ek sal aanraai dat meeste kinders konsentreer op hul studies en slegs die mees begaafstes hul sport so ernstig opvat.

Wat die “vooraf benadeeldes” betref wat in geforseer word in atletiek spanne – kan ek nie sien dat enige een dit sal maak tot top profesionele posisie.

Nico ·

Maroela julle bly my kommentaar afkeur op soort gelyke onderwerpe.
Waar ek net altyd die jong blanke seuns aan gemoedig het om oorsee te gaan sodra hulle hul graad 12 voltooi het wil ek nou ook die dogters aanmoedig om oorsee te gaan as julle dink julke het ‘n toekoms in beroeps sport. Atletiek, tennis, swem ens. is induvidiele sporte so hie kan jy nou wil kwotas in sulke omstandighede instel. Daar is darm nou ook seker genoeg swart kinders wat die soan op meriete kan haal.

Boer ·

Maak dit maklik: Kies die een met ‘n positiewe gesindheid.

Dredd het ‘n goeie argument: Hoeveel professionele atlete is daar in SA? Geniet dit by die skool waar die kinders nog kan rondhardloop en spring. Geniet dit. Maar moenie dat dit ‘n gevegsone word nie.

Dankie aan al die onderwysers wat in die son staan en ons kinders iets van waarde bied. Dit is ‘n bonus. Niks om oor te baklei nie.

Alma ·

Waar is die kinderwet dan nou wat se daar mag nie teen n kind gediskrimineer word op grond van geslag, RAS of geloofsoortuiging nie…. die kinders word dit ingedril van gr4 af in Lewensorientering. Maar nou word dit nie toegepas nie. Hoe verduidelik mens dit nou aan jou kind.

PJN ·

Belaglik… As jy die vinigste hardloop dan is jy die vinnigste as jy die verste spring dan doen jy so ..nee nou het ek alles gehoor.

Charl ·

Swem is volgende. Hoe gaan die lewensredders gekies word wat diens doen?

Ollie ·

Daar is klaar al van jare terug kwotas in swem, level 2 swart kinders word gekies bo jnr en Snr wit kwalifiserende swemmers, dis hoekom so baie talentvolle swemmers oor see gaan, en die swart swemmers wat vir nasionale span gekies word op ground van kleur maar nie kwalifikasie nie, presteer nie en kry jy handjievol wat wel presteer, die kwotaswemmers kry dus hul nasionale klere net oor kleur en nie weens kwalifikasie en prestasie nie

Benadeel se Voet ·

Wie is verantwoordelik vir die benadeeldes tans?
Die ma wat 5 kinders by 3 verskillende pa’s het, waar nie een weet wie hulle pa is nie?
‘n Regering wat mense aanmoedig om kinders te hê twv ‘n toelaag wat nie naastenby die omvang van onderrig of opvoeding of versorging van daai kind kan vervat nie?
Wie hou eintlik die benadeeldes, benadeel met ‘n afgewaterde onderwysstelsel wat 30% slaagsyfer vereis?
Seker nog die ou bedeling…?
Is daar nerens swart mense wat trots genoeg is wat sal opstaan en sê, hulle weier om as benadeeldes ge-etiketeer te word, want hulle werk self vir wat hulle wil hê nie?

Jan Nel ·

Die persoon wat hierdie die swaarste gaan voel, is die swart kind wat werklik ‘n presteerder is op meriete. Hy gaan ewig die klad van “kwota-atleet” hê, al verdien hy ook sy plek in die span.

Jack Sadie ·

Die VSA het reeds geslagte lank regstellende aksie, tog is swart Amerikaners as groep steeds ‘ minder bevoorreg.’ Dit is nie agv van inherente onvermoë van die swartes nie, maar omdat wedywering nie deur regstellende aksie bevorder word nie: jou plek/werk/diploma word gewaarborg. Al wat die onbeholpe ANC regkry is om die wittes en bruines meer doelgerig te maak.

Kudu ·

Presies dit met my kind op laerskool vlak gebeur , wat dit nog erger maak is dat ons volksgenote ook tot die vlak daal
Nou op hoërskool vlak word hy ook deur blanke afrigters benadeel wat eerder korrup is en “boetie boetie ” speel as die beste span kies
Ek maak my kinders groot as jy nie span maak nie dan moet jy harder werklike verduidelik mens aan n kind dat jy een van drie in oefengroep is wat voorgeskrewe fiksheidstoets slaag maar moet maar tevrede wees om te “bench”
Dis om van te kies dan ons blanke nasie ook so laag daal

Ganba ·

Sport is n flippen joke in SA. Dis hoekom ons so sleg doen. My dogter is onder 14 sy oefen 6 dae n week. Sy is nie altyd m NR1 atleet nie. Nou word haar moed en spoed gebreuk deur sulke uptup besluite.

Amanda ·

Dit is nou regtig twak. Enige kind moet leer om hard te werk as hul iewers wil kom. Nou moet ons seker die benadeeldes se sport klere ook nog betaal. Laat ek liewers stilbly…….

Piet parys ·

Die voorheen benadeeldes is almal te oud om aan die sport deel te neem . So wat van die huidige benadeelde wit kinders. Wat word van hulle . Ek as wit kind was ook benadeel agv omstandighede maar gebruik dit nie as verskoning om erens in die lewe te kom . As jy nie presteer nie is dit jou eie fout….

Allac ·

Dis politieke in menging en die IAAF moet hieroor ingelig word.

GAB ·

Ag siestog
En ons gou al die rasse kasrt weer in die sop. Agtergeblewenis se g*! 25 jaar en regering bly vas in die verlede. Shame die kinders in die parlament wil net nie groot word nie

De Villiers ·

Wat is kwotas, regstellende aksie, transformasie, BBBEE ens. dan anders as blatante rassisme? Dis alles sinonieme van rassisme, maar omdat dit ander name genoem word, blyk dit nie rassisme te wees nie. ‘n Misleidende taktiek van die ANC wat werk. Dalk moet ons dit by die regte naam begin noem, RASSISME. Die ANC sal niks daarvan hou nie, en die ware kleure van hulle ontbloot. Die ANC stel dit dan duidelik in die grondwet en in hul manifeste dat hulle gekant is teen enige vorm van rassisme. Alles net paai woorde van hulle waarvoor mense val. Kla die ANC aan van rassisme, soos in hierdie geval.

Riaan ·

Minister van sport is op rekord dat daar NIE KWOTAS is nie!
ASA moet verduidelik hoe hulle eie beleid opmaak buite “nasionale wetgewing”???

LHS ·

Weet eintlik nie waarom nou n lawaai maak oor skole atletiek nie. Al die ander sportsoorte het lankal reeds hierdie sotlike afdwinging getref, dit is mos niks nuut in SA sport nie. Hierdie gaan nie werklik n invloed hê op wit kinders wat kwalifiseer nie omrede daar reeds in alle provinsies en items swart atlete is wat op meriete gekies kan word. Wat wel waar is, is dat die slegs 3 of 4 atlete per provinsie n invloed op atlete gaan hê wat wel kwalifiseer maar buite die toewysing gaan val. Een voorbeeld 100m finaal seuns onder 19 twee jaar gelede waar 7 van die 8 uit Noord Gauteng gekom het en almal swart atlete. Met hierdie nuwe wysiging sal daar net maksimum 4 atlete deur Noord Gauteng ingeskryf kan word. So dit gaan nie noodwendig net wit, bruin en indier atlete benadeel nie, swart ook in sommige gevalle.Wat egter ook waar is, is dat groot hoeveelheid swart atlete wat nie naastenby op enige standaard is nie provinsiale kleure gaan ontvang. Om hulle daar te laat gaan deelneem gaan absoluut niks vir enige ontwikkeling doen nie.

Anoniem ·

Ons het vandag ons provinsiale byeenkoms vir Leaerskole gehad, waar die kinders moet kwalifiseer vir SA’s. Ouers enen selfs kinders voel ongelukkig, want op watse vlak en standaard gaan sport wees en is dit oppad. Maak nie saak watse kleur n kind is nie, as hy die beate persoon vir n span is, hoort hy daar! Hoe gaan die metode help om n “vorige benadeelde” kind in daardie item te ontwikkel of te bevorder? Jy gaan soos n plep lyk bd SA’s! Ek dink ook nie so n kind gaan trots voel om daar te wees nie, want hy hoort nie daar nie! Of gaan die SA’s byeenkomste se standaarde ook maar net afgebring word om by die belaglike storie aan te pas! My kind speel hokkie bo en behalwe die atletiek. Hulle het distrikproewe gedoen tot aanloop vd provinsiale keuring. Daar is reguit vir hulle gesê daar moet id provinsiale span wat omtrent uit 13/14 bestaan 8 swart wees. So hoe gemotiveerd moet kinders nou eintlik voel om te probeer om aan sport deel te neem????!!!!

Andrea ·

En as die kind uit die voorheen benadeelde agtergrond n minuut ná die ander atlete klaarmaak net omdat hy/sy bloot nie die talent/vermoë het nie, wat dan? Gaan hy/sy dan maar die goue medalje kry omdat hy/sy se oupa en ouma benadeel was?

Cherokee ·

As ‘n wit kind arm groot geword het en geen luukses gehad het nie, kaalvoet skool toe geloop het met gelapte klere, word die kind as voorheen benadeeld geklassifiseer?

Ekke ·

Presies. Alle kinders nou op skool is gebore na 1994….. Wat van die kinders in plakkers kampe. Hul is benadeel

Annette ·

Ek is by n ander sport betrokke en ons nou ook onderworpe aan die kwota stelsel. Totale tragedie, die sporte gaan sterf en waar gaan die finansies vandaan kom vir reis en verblyf?

Michael ·

As jy die kwota stelsel uit die 7s rugby moet haal sal die blits bokke baie lank die werld kampioene bly glo my. dit is ook n sport waar jy die uitwerking van kwota stelsels gaan sien.

Anel van der Merwe ·

Sjoe! Hoe lank hou die benadeeldes aan? Die benadeeldes is nou al 25 jaar en ouer…. kyk maar wat gaan aan in ons skole krieket? Titans junior span 2017 80% swart en meeste van hul kan nie eers bal vang nie? Onregverdig sou ek sê. Wie is nou die benadeeldes

Viva ·

Agriforum lede se kinders word oor al die jare nog, hier in Limpopo op die mees ondenkbare wyses , uitgelewer aan organiseerders en beamptes wat nie idee het van enige atletiekreëls, voorskrifte of regulasies nie. Herhaalde uitwysings, gesprekke en skrywes na die besture van die provinsie,SASA en ASA het nog ooit iets positiefs opgelwer nie. Miskien moet Agriforum jeug eerder hulle regspan opdrag gee om die blootstelling wat hulle lede se kinders in Limpopo ontvang, te ondersoek en te begin bystaan.

marco polo ·

Jy bedoel seker Afriforum? Vra hulle eerder om af te sien van hulle lawwe idee om Afrikaners in 30 gebiede te laat konsentreer en kry eerder vir ons n plek waar ons die meerderheid kan wees en kan begin werk aan n volkstaat.

LHS ·

In Lempopo werk dit so: As die SASA skole kompetisie regulasie bepaal dat n atleet tot op distrikvlak aan 4 items, waarvan een moontlik n langafstand mag wees, kan deelneem en verder dat daar geen uitdunne en lopies mag wees, slegs tydplasing, dan word daardie regulasie as volg vertolk en afgedwing, only 3 items, 2 field and 1 track or 2 track and 1 field. Wat doen SASA bestuur as dit en nog vele ander gruwels aan hulle uitgewys en vir hulp gevra word…………herhaalde kere……….net mooi absoluut niks. Wat doen ASA as jy daar vra vir hulp omrede SASA niks wil doen om hulle eie regulasies af te dwing en ook in baie gevalle direkte ASA atletiekreëls soos voorgeskryf deur IAAF, wat ook totaal verkeerd toegepas word, wat doen ASA……………..ABSOLUUT GEHEEL EN AL NIKS.

Chris ·

Ek is seker meeste van daai “voorheen benadeelde” kinders se ouers het post 94 skool klaargemaak, studeer en werk gekry. Nou moet ons kinders ook daai las dra. Op laerskool al? En dan na skool ook agter in die lyn staan om te studeer, vir beurse en dan nog vir werk ook eendag? Nee wat. Hoe lank nog? Wanneer kom daar ‘n einde aan die malligheid!!!

Nettie ·

Atlete en ouers moet maar geduldig voor geslote hekke sit en wag vir sommige byeenkoms te wat 8 uur moes begin om uiteindelik net voor 11 te dalk so stuk stuk te begin.

Marcell Duvenhage ·

Ons was gister by die Gauteng laerskole kampioenskappe in Germiston.Dit sou 9 uur begin so ons is al 6uur uit Pretoria om betyds te wees aangesien die deelnemers n uur voor die tyd moet aanmeld.Half 10 word ons ingelig dat die organiseerders wat al die dokumente van Gauteng noord se deelnemers het en n paar busse vol deelnemers nog nie vertrek het vanaf Pretoria.Dieselfde met busse vol deelnemers vanaf ander dele van Gauteng.
Daar word teen half 11 besluit om voort te gaan sonder hulle.Halfpad deur al die ietems op die baan word hulle gestop,moet wag vir die res.N uur later gaan hulle weer voort met die laatkommers wat stuk stuk opdaag en inval by die betrokke ietems.
So is die hele dag n gemors.Atlete wat aan spiesgooi deelneem word gister aand 6 uur gestop na 2 gooie,hulle moet die volgende oggend terugkom om verder te kom gooi!
Dit is die tiepe atletiek waaraan ons kinders moet deelneem!

LHS ·

Marcell, dit is absoluut verkeerd verby alle norme en standaarde, maar weet jy wat, ek is so bly om te hoor dit gaan daar by julle ook soms chaoties. Nou weet almal die probleem is veel, veel dieper as net Limpopo.

Die waarheid ·

Ja en as die kind groot is gaan werk hy by dstv en loop van die stel af oor sy minderwaardigheids gevoel.

Bafana ·

Boikot nou ook sommer al die kwotaspanne en ondersteun oorsese spanne, of hou op kla!

Riaan ·

So wanneer presies stop vantevore benadeel????
Hierdie kinders is almal na 1994 gebore? of verstaan ek nie?
Natuurlik het jy party 21 jariges wat nog steeds in std 8 is!. Dit is seker wwaroor dit gaan, as jou vel een kleur is en jy is 21 is dit nou blykbaar regverdig dat ju teen 14 jariges van ‘n ander kleur deelneem????

Viva ·

Hou op kla sê jy, bly as jy dink dit is kla. Om realiteite en feite te deel is alles behalwe kla.

Desire ·

Marco Polo, weet jy wat, die maan is miskien n makliker opsie vir n volktaat as wat die meerderheid hier dit sal toelaat.

marco polo ·

Desire, dis van gedienstig en gehoorsaam wees dat Afrikaners in die situasie is. Ons moet nie mooi vra vir n volkstaat nie, ons moet dit vat.

Leon ·

Desire, vorigte geslagte Afrikaners het planne beraam om Afrikaners te bemagtig en armoede onder hulle eie mense aan te spreek. Ons is nou in dieselfde situasie. Afriforum is goed geplaas om geografiese selfbeskikking aggresief na die volgende vlak te neem. Met massa befondsing kan maklik R1 miljard ingesamel word om die bal aan die rol te kry. Sanlam en baie ander maatskappye is so begin deur mense met visie.

maritza ·

n kind oefen baie hard om vêr te kom in atletiek.
so nou moet hul bv: n kind wat 2meter gespring het n kans gee in die plek van n kind wat 4meter gespring het. dit is nie regverdig nie. nee dis alles een groot grap. en,waar hoor jy dat dat atletiek nie kan voortgaan vir die dag nie want die organiseerders is 2ure laat.ons moet n bietjie wag

Piet ·

Meeste onderwysers rig sport vrywilig af , waarvoor hulle glad nie betaal word nie. Ek kan nie sien hoe lank die vrymoedigheid sal aanhou nie. Dan gaan party swart skole nogal sukkel om 40% wit atlete in hul span te kry. Hierdie is om wit kinders van kleins af te leer oor diskrimenasie en polarisasie. Atletiek sal eenvoudig heeltemal wegval in skole. Tensy die diknekke in die departement van onderwys die doughnuts neersit en maar self kom afrig.

Renche ·

Ek is so moeg vir die woorde “voorheen benadeeldes”. Daai kinders wat nou in hoërskole en laerskole is, is in dieselfde regering as my kinders gebore wat al 25 jaar hierdie land regeer. Hulle is lankal nie meer benadeeld nie. Hierdie perd is al holrug gery.

Pieter ·

Kwotas in Sport is belaglik. Ek as wit onderwyser het wit en swart by ‘n staatskool afgerig en splers op meriete gekies. Dit was een jaar nadat die ANC as regering oorgeneem het. Nooit was ek partydig nie en ouers het ook nie my keuses bevraagteken nie.
‘n Swart speler in my span is op meriete vir ‘n provinsiale span gekies.
Nou, meer as 20 jaar later wil die ANC steeds kwotas op skolevlak regeverdig.
Daar is geen benadelde meer na 20 jaar nie. Daar was ook geen 20 jaar gelede nie.
Die enigste rede hoekom kinders uit sogenaamde benadeelde skole geen kans gegun word nie is omdat onderwysers in daardie skole te lui is om sport af te rig. In wit skole is die ‘n plig en voorreg om sport a te rig terwyl dit in swart skole afgeskeep word omdat onderwysers altyd “siek” is en ook nie belangstel in die toekoms van hul leerlinge nie.
Dit is al rede hoekom swart kinders vandag nog geen geleenthede het nie. Dit het niks met benadeel of kleur te doen nie. Kinders moet op meriete gekies word en so ook senior atlete!

Hartseer ·

Ons was vandag by die hoërskole Noordwes Kampioenskappe. Ons kinders het hulle go uitgehardloop om by kwalifiserende tye en eerste of tweede plekke te behaal.(wit én swart atlete van vorige model c skole word as bevoorreg gesien). Dan kom die ander atlete so ‘n rondte na die ander aangehardloop op 1500m en word deur die beamptes aangemoedig”don’t worry, it’s only training.” Hulle het nie Atletiek klere aan nie sommer gewone klere. Mens kan ook duidelik sien dat hulle beslis nie gereeld oefen nie. En vir hulle word spesiale vervoer gereël asook groot kospakkies… Ek is bitter ongelukkig vanaand…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.