Antwoorde oor entstof van Dlamini-Zuma geëis

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: @SAgovnews/Twitter

Die organisasies AfriForum en Solidariteit gee dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, ’n week om antwoorde rakende die regering se implementeringsplan vir die Covid-19-entstof te verskaf.

Luidens ’n gesamentlike verklaring het die organisasies reeds met regstappe teen Dlamini-Zuma begin in die lig van onduidelik of die private sektor, wat ingevolge die wet die reg het om die entstof aan te koop, enige toegang tot die entstof sal hê.

Die minister het tot 20 Januarie om meer duidelikheid te verskaf, sê die organisasies.

Solidariteit voer aan dat sou die private sektor geen toegang tot die entstof verkry nie, die staat totale beheer daaroor sal kan uitoefen en dus toegang tot apteke, mediese fondse en private hospitale asook die wyer publiek sal beperk.

“Die regering het hom die reg toegeëien om die enigste aankoper van entstowwe in Suid-Afrika te wees,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. “Dit is dieselfde regering wat tot dusver sy onbevoegdheid tydens die pandemie telkens bewys het. Dit is onwaarskynlik dat die regering met die kundigheid of kapasiteit wat die implementering van so ʼn omvangryke entstofprogram verg, vorendag sal kan kom. Deur aankope te beperk, vertraag die regering die proses. Veral mediese werkers en persone in ander sektore wat uitermatige blootstelling aan die virus kry, sal nou vir die regering moet wag in stede daarvan om die opsie te hê om hulself te laat inent of om dit deur hul eie mediese fonds te doen,” sê Mulder.

(Foto: Lindsey Parnaby/AFP)

AfriForum voer op sy beurt aan dat die monopolisering van die entstof deur die regering inbreuk maak op die basiese regte van elke Suid-Afrikaanse burger. Die burgerregte-organisasie wys verder daarop dat die privaatsektor se deelname aan die aankoop en verspreiding van entstowwe noodsaaklik is vir die beskerming van mense se grondwetlike reg tot toegang tot gesondheidsorg.

“Met ʼn regeringsmonopolie op die aankoop en verspreiding van entstowwe word elke Suid-Afrikaner aan die genade van die regering oorgelaat,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“Behalwe die moontlikheid van magsmisbruik deur die regering, kweek hul rekord van korrupsie en wanadministrasie gedurende die pandemie geensins vertroue nie.”

Mulder sê op sy beurt hy sidder om te dink dat die land in ʼn scenario kan beland waar miljoene Suid-Afrikaners se lewens van die regering se logistieke vermoë afhang. “Ons is nie daarteen gekant dat die regering entstowwe mag aankoop nie, maar ons is in die middel van ’n pandemie. Hoe meer entstowwe die land binnekom, hoe beter.

“Ons verstaan egter nie waarom alle ander belanghebbendes verbied word om ook entstowwe aan te koop nie. Dit maak eenvoudig net nie sin dat die regering doelbewus die proses vertraag deur daarop aan te dring om alleenaankoper te wees nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sarel ·

Hier is nou ‘n verdienstelike sask vir daardie ouens wat klag ingedien het teen die Hoofregter
Maar nou ja hulle steun seker die Regeting se Monopolie en om die Entstof te gebruik vif BEE.

Anel ·

Wêreld orde wat ookal en NGS. Hulle wil beheer oor ons hê. Wil ons geheel afhanklik maak van die staat. Ek wonder partykeer hoe dom dink hulle is ons? Meeste van ons get nie ‘n slaagsyfer van net 30% nie!

SomeOne ·

wie regeer die land eintlik, ndz of cr, as sy iets se dan val cr daarvoor, sy moes allankal die trekpas gekry het, groot gif

Die Wolf ·

Net n ander manier om die bankrot Staatsinstellings en PG se witbroodjie te finansier.

Piet ·

Dlamini Zuma sal die entstofverkope beheer soos wat sy met die verkope van tabakprodukte gedoen het. Wil haar self eers verryk. Die regering is beslis nie instaat om die verspreiding te hanteer nie, want elkeen in diens van die staat wil eers sy aandeel kry voordat dit versprei word. Dit is ongelukkig so dat daar earlike en opregte amptenare is wat moet lei onder chaos van die oorgrote meerderheid.

Eugene ·

Beheervrate. Die anc kan niks reg doen nie, maar wil alles beheer. Tot dysver het hierdie beheer net tot die totale vernietiging van die land gely

Pieter ·

En die antwoord sal iets soos volg wees “Eee, you cannot ask me that, it is a racist conspiracy to slander my name”.

Tanniepetoors ·

Verwag die regering van ons om in ellelange rye by staatshospitale en klinieke, waar duisende moontlik Covid19-positiewe mense saamdrom sonder, om soos wat nou oral gebeur, veilige afstande te handhaaf, te gaan staan terwyl ons mediese fondse vir die entstof betaal? Klink so, want soos gewoonlik weet hulle nie wat hulle doen nie.

JohanR ·

Die een hoef julle nie ‘n antwoord te gee nie. She is a law unto herself…….

Johanncb ·

Is dit moontlik om hierdie vrou onbevoegd te laat verklaar vir hierdie sleutelpos, en vir enige ander pos in die toekoms?!

Anoniem ·

As die Regering die alleenreg het op die aankoop van die entstowwe dan is ons Land in ‘n GROOT gemors. Dit beteken ons sal die entstof wat uit China en Rusland kom moet gebruik.en ons, veral die blankes sal agter in die ry moet staan hiervoor. MY VOORSTEL:: Ge aan privaat instansies ook die reg om enstowwe aan te koop van bekende maatskappye en Westerse Lande en laat Mediese Fondse ook deel in die verspreiding daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.