Arbeidshof verwerp uitgeskopte NSFAS-hoof se aansoek

Andile Nongogo, afgedankte hoof van NSFAS. (Foto: NSFAS/Facebook)

Die raad van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) het ʼn besluit van die arbeidshof verwelkom dat die opskorting van die indiensnemingskontrak van die instelling se voormalige hoof, Andile Nongogo, geld en regmatig is.

Die arbeidshof het Nongogo se aansoek om sy afdanking ter syde te laat stel Dinsdag met koste van die hand gewys, asook die aansoek dat sekere paragrawe in ʼn verslag van Werksmans Prokureurs, wat hom by ongerymdhede met die aanstel van diensverskaffers betrek, geskrap moet word.

“Die hofbeslissing bewys die NSFAS-raad het die regte besluit geneem,” het die instelling in ʼn verklaring gesê.

Nongogo is in Oktober op spesiale verlof geplaas weens sy beweerde betrokkenheid by een van die diensverskaffers vir NSFAS se direkte betaalstelsel. Die raad het hom later in die pad gesteek.

NSFAS sê die Werksmans-verslag is ʼn “nodige en belangrike maatreël” om die instelling te bemagtig om “korrupsie en die kaping van NSFAS deur gewetelose mense wat hulle as sakelui voordoen” te beveg.

“Die verslag is ook ʼn manier vir NSFAS om sy eie interne verskaffingsbestuurstelsel en beheermaatreëls te verbeter.”

Die instelling sal nou voortgaan met die regsproses oor die opskorting van kontrakte aan diensverskaffers wat die direkte betalings hanteer.

Die minister van hoër onderwys, opleiding en innovering, Blade Nzimande, asook die huidige voorsitter van die NSFAS-raad, Ernst Khoza, word intussen ook betrek by bewerings van grootskaalse onwettighede in die toeken van die tenders aan sekere diensverskaffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank ·

Ek hoop van harte dat hy tot in die hoogste howe vervolg word. Indien hy wel betrokke was by die diefstal van duisende studente se toekoms drome.

Sobymykoolkop ·

Ironies nê. Khosa blade se maatjie het mos op die stemnota gesê die prokureursfirma is in die sakkie. Hoop die ou neem die uitslag op hersiening.

Riaan ·

Wanneer gaan die mense wat so “gesuspendeer” is se salaris ook “gesuspendeer” word afwagtende hulle uitspraak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.