Arm wittes, bejaardes nie by Lesufi se kragskuldprogram ingesluit

(Argieffoto: Steve Buissinne/pixabay)

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het Dinsdag tydens ʼn vraesessie in die Gautengse wetgewer aangedui dat hy die agterstallige krag- en waterrekeninge in Soweto en ander townships gaan laat afskryf omdat die mense arm is, maar dat arm wittes en veral arm wit bejaardes nie die voordeel verdien nie.

Sy reaksie het gekom na ‘n vraag van die VF Plus of ander gebiede buite townships waar arm mense en arm bejaardes ook woon, sal kan staatmaak op die program van skuldafskrywing.

“Lesufi het eenvoudig geantwoord hy weet wat met die vraag bedoel word en dat dié mense nie enige skuldafskrywing verdien nie,” sê Anton Alberts, die VF Plus se nasionale voorsitter. “Die VF Plus beskou die houding van Lesufi as fundamenteel rassisties en verwerp dit met minagting. Daar bestaan ʼn groeiende groep wittes wat verarm het vanaf 1994 weens die ANC se diskriminerende praktyke wat nie verdien om gestraf te word oor die verlede nie.”

Alberts sê dit blyk ook dat die bruin en Indiër-gemeenskappe in onder meer Eldoradopark en Laudium ook nie veel hulp kan verwag nie.

Tydens ‘n voorlegging by die Gauteng-wetgewer se ekonomiese ontwikkelingskomitee het die departement ‘n ekonomiese ontwikkelingsplan voorgelê wat talle swart gebiede insluit, maar nie Eldoradopark of Laudium nie.

“Die bruin en Indiër-gemeenskappe moet hulle ook dalk gereed maak vir ‘n volskaalse program van diskriminasie teen hulle deur die Lesufi-regering. Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat minderheidsgemeenskappe waarin daar ook baie armes voorkom, geïgnoreer gaan word tot voordeel van net swart mense. Dit is egter deel van Lesufi se verkiesingsplan om swart stemme op te luister vir die verkiesing in 2024 vir ‘n inploffende ANC in Gauteng.”

Navorsing van die inkomstevlakke van gesinne deur Unisa in Gauteng dui daarop dat swart mense verreweg die dominante groep uitmaak in die middelklas en hoër middelklas.

“Swart gesinne met ‘n jaarlikse inkomste hoër as R50 000 per jaar verteenwoordig 64,5% van alle gesinne. Selfs op die hoogste inkomstevlak van R840 000 en hoër vorm swart gesinne die dominante inkomstegroep van 8,9% teenoor wittes se 3,9%, bruin mense se 0,1% en Indiërs se 0,1%.

“Dit is verder insiggewend dat die hoogste inkomstevlak van swart gesinne van 8,9% nie alreeds veel hoër is weens die maatskaplike manipulasie van die ANC in die vorm van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie ná bykans 30 jaar in die regering.”

Alberts sê dit is ‘n duidelike teken dat die sogenaamde breë ekonomiese bemagtiging van die ANC eintlik maar net ‘n baie nou vorm van bemagtiging is van ‘n klein groepie kaders en verdien om finaal afgeskaf te word.

“Dit is dan ook deur die portaal geskep van breë ekonomiese bemagtiging wat die Gautengse departemente van onderwys en gesondheid onderskeidelik die meeste Covid-19-bedrog in die land gepleeg het. Dit is daarom nie duidelik op watter feitelike en regsgronde Lesufi alleenlik swart mense in townships se rekeninge wil afskryf nie, behalwe dat daar ‘n vorm van rassisme voorkom in die plan.”

Gegewe die sosiaal-ekonomiese indeling van Gauteng se demografie, blyk dit dat hierdie diskriminasie ongrondwetlik sou wees.

Die VF Plus gaan die kwessie van diskriminerende kragafskrywing verder neem met verskeie aksies. Die VF Plus sal ook ‘n aanlyn portaal skep waarby minderhede wat ook skuldafskrywing benodig, kan aanmeld wat die party aan Lesufi sal oorhandig.

“Indien hy nie daardie groep mense wil help nie, sal die party ‘n saak vir ondersoek oopmaak by die Menseregtekommissie (MRK) en besin oor ʼn aansoek by die gelykheidshof. Die VF Plus sal hom verder beywer om ekonomiese oplossings wat werksgeleenthede in Gauteng sal skep waardeur almal volhoubaar bemagtig sal word eerder as skuldafskrywings wat in werklikheid onbekostigbaar is vir die provinsiale en nasionale regerings. Dis duidelik dat Lesufi meer as ooit gestop moet word.”

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër gesê hy verstaan Lesufi se punt om Soweto se kragskuld af te skryf, maar sê dat gebalanseerde gesprekke hieroor moet geskied. Samesprekings is aan die gang om na oplossings vir dié kragskuld te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Harley Davidson ·

My oupa het gesê moet nie met n idioot redeneer nie want hy trek jou af tot op sy vlak dan wen hy jou met ondervinding, vat hom hof toe en dwing hom om almal gelyk te behandel of hy wil of nie dwing hom.

Antie Sarie ·

En mense wat hul sien, mag dalk nie die verskil opmerk nie

M ·

Een brein-sel kan ongelukkig nie groot druk, die realiteit verwerk, of balans handhaaf nie. Hy het uiters patetiese swak oordeel ,

Veritas ·

Met alle respek gese, ek stem nie saam met een van jou stellings nie. Hy weet PRESIES wat hy doen, is ook glad nie ‘n dom man nie ( kruisig my maar as enige iemand wil ) Dis maar net deel van sy werk, hy word al lankal ge”groom” vir die job. Hy het gevorder van ‘n ou klipgooier in die 90’s tot ‘n baie sterk posisie nou. “n Soort van ‘n ekonomisie hitman vir sy party, wen stemme terug vir 2024. Die feit dat dit nou groot payback is vir die voorheen bevoordeeldes is net ‘n bonus.

Burgermeester ·

Wel ESKOM kan maar vergeet om op SOWETO staat te maak om hulle skuld te delg. Só is daar minder geld beskikbaar vir diesel, en dit gaan tot gevolg hê tot meer en langer beurtkrag. Maar Lui-Sofie is te eng in sy denke om dit te verstaan.

Gert ·

Sny af hulle krag soos almal wat nie betaal nie. Dis hard en kras maar as jy nie geld het vir krag moet jy daarsonder. Dis die enigste manier wat Eskom weer ‘n volhoubare instelling gaan word dws Eskom kan nie bekostig om krag verniet weg te gee aan niemand nie.

Veritas ·

Gert, ek stem volkome saam maar dit werk nie so in die land nie. Ek kan jou belowe dat as hulle almal se krag afsny, dan sal daar moeiliheid wees. Die paaie sal afgeblok word, klip word gegooi en die metro en SAPS sal monitor. Mense kan nie werk toe gaan nie, taxis kan nie ry nie, skole toe ens, geen aflewerimgs word gemaak nie. Dan gee die owerhede maar net weer in, die patroon is daar gestel en volg dieselfde patroon die laaste 20 jaar. Daai mense mense in Soweto wat nie vir krag betaal nie, sal NOOIT betall nie, die mense wat wel sponsor, betaal vir hulle.

Casper ·

Gaan die ander Provinsies ook skuld afskryf as verkiesings strategie.Ons weet almal waarin verander iets wat lesufi aan raak en dit is nie chocolates nie.

Koos 100 ·

Hierdie ou sweer trou aan die grondwet en dan verkrag hy dieselfde grondwet. Hy is erger as Malema, omdat hy in ‘n hoë pos sit en agteraf is.

KwaaiRooikop ·

Ek was so 7 jaar gelede ‘n paar keer in Soweto en veral by die groot “mall” daar. Ek was geskok om die rykdom daar te sien. Free wifi oral, groot nag clubs wat in elite swart se besit is, juwele, karre.. Daar is beslis niks arm aan Soweto nie… miskien 30 jaar gelede ja… maar beslis nie meer nie.

Christine ·

Soweto het een reuse ekonomie op hul eie wat daar gehardloop word. Biljoene Rande, geen registrasie van meerderheid besighede, geen belasting wat teruggeploeg word nie. Baie dieselfde wat die Jode destyds in Duitsland bedryf het, waar hulle die regering uithou en net met mekaar besigheid doen. Daar is baie, baie geld.

Roelof ·

Lesufi, pragtag . Dis nou die sogenaamde reenboog nasie en demokrasie wat hy verkrag. Omgekeerde appartheid. Dis wat hy voor staan. Hy is een van die groot slange in die parlement

Kokerboom ·

Blatante rassisme van die geswore rassis!!Trek ‘n Malema (verwyder hom) op hom!

Zoey ·

En wat van arm bejaardes wie se pensioene nie meer die prysstygings in alles kan hanteer nie, ongeag van kleur. Maar sommige anders kleuriges is baie slim. Hulle verdien hoë salarisse, maar bly aan in die townships om die voordele van die townships lewe te geniet.

Wildemien ·

Ek wens ek kon ook daar gaan bly. Maar ek sal by die poorte weggewys word. Daai ouens kry nie eens loadshedding nie. Must be nice.

Yvonne ·

Van dag een af n gemors en is die presedent geskep…as jy die eerste maand nie betaal nie sny krag af finish en klaar…kyk in wat se tameletjie sit hulle nou

Christine ·

Wat hierdie mense nie verstaan nie, is dat pensionarisse vir ‘n karige salaris gewerk het in die verlede, nie die helse groot salarisse van vandag nie. Pensionarisse het klein uitbetalings gekry wat in vandag se tyd niks werd is nie. Hulle kry net so swaar soos Sassa trekkers, want die pensioen is’ n karige R2000 per maand, so blanke oumense kry swaar.

Nie Verbaas ·

Wat die dom ding nie verstaan nie is skryf die skuld af en hulle hou aan om alles verniet te wil hê. Maar probeer dit in meneer onnosel se kop inkry.

Antoinette ·

Daar is baie swartmense wat nou in die minder gegoede blanke buurte bly. Wat van hulle?
Lesufi is van sy trollie af.

Veritas ·

Mens kan seker maar raai vir wie die mense wat se water / krag afgeskryf gaan word, gaan stem. Dit begin met ‘n A, en dis nie ACDP nie. PS – Ek wonder wat van al die woonbuurte word wat voorheen bevoordeeld was, wat nou voorheen benadeelde inwoners het, soos bevoorbeeld Leondale aan die Oos Rand, NoordWyk in Midrand ens …. Gaan hulle krag en water skuld ook afgeskryf word ? Wat van gemengde buurte ? Hoe gaan Lesudi se trawante by City of Joburg mense sif wat verligting gaan kry ? Afskryf vir ‘n Moloi or Thabalhla maar nie vir Jones of Van Der Mewe ????

Pierre ·

als sal nou gedoen word met die verkiesing in sig, hulle weet daar is moeilikeheid en is mag behep en veg vir hul eie oorlewing.

Piet parys ·

VF slaan hom met die hof vir sy rassistiese houding en beleid . So lefusi as dit afgeskryf word gaan jy en jou ryk rond geeete ryk swart broers dan die geld oorbetaal want jy en jou gespuis is mos nou die rykes in die land want BEE het mos vir julle n hoogsbetaalde werk gegee maar jy verdien dit nie. . Jy En Malema is seker bedmaatjies agv dieselfde uitgangspunt dat witmense ryk is . Jy loop op dun ys baie dun .

Niklaas ·

Dit klink darem baie onregverdig en sommer erg rassisties daarby.

Philip ·

Ek was persoonlik teenwoordig by n vergadering in die Carlton Hotel in JHB tussen ESKOM en SOWETO publiek nadat ESKOM die Elektriese infrastruktuur in 1993 oorgeneem is van die destydse Soweto Stadsraad. Die eis wat toe deur die Soweto publiek gestel was is dat Miljoene Rand se uitstaande gelde deur ESKOM afgeskryf word soos hulle dit genoem het As a gesture of GOODWILL bygese het die publiek die eettafel en dranktafel behoorlik gestroop van elke kriesel kos en drank sommer bottels gewyse verorber.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.