Baanbrekersvonnis ná hond se mishandeling

Die NDBV het die vonnis as ‘n oorwinning bestempel. Moana het reeds ten volle herstel. (Foto: NDBV)

WAARSKUWING: Dié berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het ʼn baanbrekersoorwinning behaal nadat ʼn man wat aan dieremishandeling skuldig bevind is, agt jaar direkte tronkstraf opgelê is.

Die man, ʼn huurder, is in November 2020 op ʼn eiendom in Soweto betrap waar hy hom aan bestialiteit skuldig gemaak het en inwoners het hom summier self aangekeer.

Die NDBV is ontbied en die hond, Moana – wat aan die verhuurder-gesin behoort – is vir dringende mediese behandeling geneem. ʼn Veearts het vasgestel dat Moana, destyds 11 maande oud, onmenslik vasgemaak is en beserings wat met verkragting ooreenstem, opgedoen het.

Die oortreder, net bekend as Mofokeng, is in hegtenis geneem, op borgtog vrygelaat en daarna weer aangekeer nadat hy versuim het om in die hof te verskyn.

Die oorspronklike getuie in die saak kon nie tydens die verhoor teenwoordig wees nie, en die hof het staatgemaak op die getuienis van die veearts wat Moana ondersoek het, asook dié van ʼn inspekteur van die NDBV se spesiale ondersoekeenheid.

Volgens die NDBV is die sukses in die saak regstreeks te danke aan die werk wat hierdie twee kundiges gedoen het.

Die landdros het in sy uitspraak gesê geen onderskeid kan getref word tussen die verkragting van ʼn mens en dié van ʼn dier nie, lui ʼn verklaring van die NDBV.

Die howe het dus ʼn verpligting om die regte van diereslagoffers te beskerm en ʼn gepaste vonnis op te lê, ook om te verhoed dat mense hulle tot gepeupelreg wend.

Mofokeng is gevolglik agt jaar direkte tronkstraf opgelê.

“Dit is die hoogs moontlike direkte tronkstraf wat nóg vir dierewreedheid in Afrika opgelê is en gaan landwyd ʼn presedent stel,” sê die NDBV.

Moana het intussen ten volle herstel, is gesteriliseer, het ʼn mikroskyfie ontvang en is ontwurm. Die NDBV ondersteun haar – en haar mensgesin – intussen steeds.

“Almal van hulle is op hul eie manier slagoffers van hierdie misdaad,” sê die vereniging.

Marcelle Meredith, uitvoerende direkteur van die NDBV, het bestialiteit as ʼn ernstige bron van kommer bestempel.

“Dit is ʼn skandelike misdaad wat onder die mat gevee word om oortreders te beskerm, terwyl daar vergeet word dat bestialiteit gewoonlik vorder tot die misbruik van kinders en later volwassenes,” sê Meredith.

Die NDBV beskou die vonnis dus as van besondere belang.

“Ons hoop dat ander bestialiteitsake wat landwyd aangehoor word, ʼn soortgelyke uitkoms sal hê omdat ʼn presedent geskep is en oortreders nou deeglik gewaarsku is oor die gevolge.”

Meredith het ʼn beroep op mense gedoen om die misdaad aan te meld sodat dié soort boosheid uitgewis kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jean ·

So uit binne 4 jaar, moes die man 25 jaar gee dat hy ten minste 12 jaar sit.

Anel ·

Siek, man! Hy moes lewenslak gekry het want ek glo as hy uitkom gaan hy weer. Dis soos ‘n pedofiel of verkragter. Sal nooit met hul gruwel dade ophou nie. Maar geluk aan die hof wat bereid was om hom tronk toe te stuur. Hoop ander sal die paadjie loop. Hoop die onskuldige woef kry nou al die liefde wat sy verdien.

Gaitsigubib ·

Dit skok mens, maar goed dat daar hier n berig verskyn. Die tendens is eerder om te maak of sulke goed nie gebeur nie. In ‘n staat in die VSA (dink dit was Maine) het n man n aantal jare gelede n bohaai opgeskop omdat sy hond nie in die hof mag ingaan nie. Dit kom toe aan die lig, hy het n “verhouding” met die hond. Glo dit of nie, maar n paar state het daardie tyd geen wet gehad teen bistialiteit. Hulle probeer toe maar om hom vas te trek vir dieremishandeling en sy verweer is toe dat hy nie die dier seermaak nie en dat hul “verhouding” eintlik iets besonders was. Dis nogal jammer dat mens hier nie kan se wat jy eintlik wil se nie. Dalk verleen Elon Musk ‘n platform waarop mens die waarheid kan skrywe soos wat dit uit die Lewende God se Mond uit kom……..ek glo egter nie, want die hele ou testement word, selfs hier, gesien as haatspraak. Dis waarom sekere mense wil wegkom van ander.

Di ·

Ek kan nie hier se wat ek werklik voel en dink nie, dit sal NOOIT geplaas word nie. Hoop hy kry sy dag in die tronk, hy moet elke dag vir die res van sy misrabelike lewe herinner word aan DIT wat hy gedoen het. VIESLIK verby

Vanessa ·

Die persoon is SIEK, hy kan vir my part die res van sy lewe sit. Hy Hoort nie in die samelewing nie!!!!!

Jacques ·

Dit was so ‘n lekker dag, tot ek op dié storie afgekom het.

Janee ·

Vuilgoed!!! Siek in sy kop…Hoop hy “geniet” sy verblyf in die tronk!!! Mag Moana ‘n lang en gelukkige lewe hê!! Sy verdien dit… Dankie NDBV en al hul ander DBV takke vir die wonderlike werk wat hulle doen….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.