Baba dood wat glo in motor vergeet is 

(Foto: SA Polisie)

ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek ná die dood van ʼn ses maande oue baba in Despatch in die Oos-Kaap.

Die baba se ma het glo van haar vergeet en haar vir ure in die gesin se motor gelaat. Toe sy dit uiteindelik besef, het sy met haar na ʼn hospitaal gejaag waar die kind dood verklaar is.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die 34-jarige ma het Donderdag omstreeks 6:45 eers haar driejarige seuntjie by die dagsorg afgelaai voordat sy terug huis toe is met die babadogtertjie.

Die ma is omstreeks 13:00 na ʼn haarsalon waarna sy omstreeks 15:00 haar seuntjie by die dagsorg gaan oplaai het.

“Die ma het glo eers toe sy haar seuntjie in sy motorstoeltjie vasmaak, besef dat sy die babadogtertjie nooit uit die motor gehaal het nie.”

Die babadogtertjie is na ʼn hospitaal gehaas waar sy dood verklaar is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hannelie ·

Nou HOE vergeet jy jou pap babatjie in die kar!!! Wat se ma doen dit, beslis een wat onbevoeg is om na kinders te kyk.
Maar sy het nie vergeet om haar haarafspraak na te kom nie, nee maar sy los haar kind net so. Ek is so kwaad ek moet eerder ‘n wag voor my mond sit.

Riette ·

Ek glo wraggies nie wat ek hier lees nie. Hoe op aarde vergeet jy dat jou kind in die kar is. Skokkend.

Laurika ·

Selfs al was my kinders by die dagsorg, het ek kort kort aan hulle gedink terwyl ek by die werk sit en gewonder hoe dit met hulle gaan en waarmee hulle besig is. Volgens die berig bly sy tuis. Waar het sy gedink is haar 6 maand oue baba? Sy is met die kind haar salon toe en het haar nie eers raakgesien nie. Het jy nie jou kind gesien of geruik nie? Jy kan nie jou kind – 6 maande oud, eenvoudig in die kar vergeet nie. Altans, nie as jy nigter is nie.

Blikkantien ·

Dit klink baie snaaks. Hoe het die ma die baba nie gemis deur die dag nie?

Jenny ·

Hoe vergeet jy van jou baba? Jy weet mos die kind moet versorg word en as die kind so stil is moet jy mos gaan kyk hoekom. Ek het altyd seker gemaak dat my babas nog OK is terwyl hulle slaap.

Debbie ·

Nou hoe op aarde vergeet n ma sy het n baba? Onaanvaarbare verskoning dankie. Tronk toe met haar

Jakes ·

Hoop die ma sit vir jare agter tralies. Was sy beskonke gewees? Swakste verskoning wat geen meriete het nie.

Onnie ·

Iets hier is nie lekker nie. Dalk ontbreek daar nog baie inligting wat hierdie berig dalk meer verstaanbaar sou maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.