Baba op sneltrein in Frankryk gebore

Argieffoto (Foto: Madison/Pixabay)

Passasiers op ʼn sneltrein in Frankryk het oor die naweek ʼn onverwagse vertraging by ʼn stasie beleef toe ʼn medepassasier geboorte geskenk het aan ʼn babaseuntjie.

Die swanger vrou het, kort ná sy haar sitplek ingeneem het op die Deutsche Bahn-trein van Parys na Straatsburg, besef sy is in kraam. Sy het personeel in kennis gestel en die trein het by die Lorraine TGV-stasie in Louvigny stilgehou sodat ʼn mediese span aan boord die vrou met die bevalling kon help, berig die Republicain Lorrain.

Die ander passasiers is gevra om geduldig te bly terwyl die babaseuntjie, Felix, gebore is. Dit het net meer as 80 minute geduur.

Felix was “effe vroeggebore”, het die koerant bygevoeg.

Ma en baba is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem deur ʼn plaaslike brandweerdiens. Daar is later berig dat dit met albei goed gaan.

Die Republicain Lorrain sê almal wonder of die Duitse treindiens ʼn geskenk sal stuur en of die jongste passasier gratis ritte sal kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Wow, watter nuus! Dié vrou, van waar is sy? Wat mens nie sal doen vir geld en geld en aandag nie. Sy het geslaag in haar oogmerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.