Baba sterf in ongeluk by Fochville

‘n Agt maande oue baba het ook in die ongeluk gesterf. (Foto: ER24)

Twee mense is dood en drie ander beseer toe twee voertuie in die vroeë oggendure op die N12 by Fochville reg van voor gebots het.

Een van die slagoffers is ʼn baba van agt maande.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici was Sondag kort ná 04:30 op die toneel. “Twee insittendes, een van hulle ʼn baba, is in ʼn voertuig aangetref. Paramedici het al twee op die toneel dood verklaar.”

Nog twee mense is buite die voertuig aangetref. Hulle het geringe beserings opgedoen.

ʼn Man is in die ander voertuig vasgekeer en nooddienswerkers van Fochville en Potchefstroom het hom uit die wrak gesny.

“Hy is ernstig beseer,” het Van Huyssteen gesê.

Die slagoffers is vir verdere behandeling na nabygeleë hospitale geneem.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannelie ·

“Die slagoffers is na nabygelee hospitale geneem” Moet dit nie wees; die beseerdes is na n nabygelee hospitaal geneem?

Cherokee ·

Hannelie, kort na jy hierdie vraag geopper het, het ek dit raak gelees en ten spyte van my gewone baklei vir goeie Afrikaans (of miskien jùìs as gevolg daarvan) het ek tjoepstil gebly en ander reaksies ingewag. Ek is bevrees dìt bly in afwagting en ek is net so hoopvol daarvoor soo jy. Ek wou, met die eerste opslag van jou skrywe, onmiddellik met jou saamstem, maar het dit in oorweging geplaas en sal net sê, jy het ‘n môêrske interessante vraag gevra.

Cherokee2 ·

Cherokee, weereens is ‘n lewe geneem en jy hanna hanna kos kos oor jou goeie taalgebruik ens. Jy het ook ‘n spelfout gemaak in jou post. Hou op kritiseer en lees net die nuus.
Begin jou eie website vir mense wat kritiek wil lewer.

Johanna ·

Die slagoffer weerhou inisiatief en kreatiwiteit EN vermy selfs spanningsvolle situasies deur siek te wees…… ja nee kyk

chrisjan ·

Dis interessant dat beide voertuie die ou City tipe Golfies is.VW het juis produksie van daai modele gestaak agv van hul uiters swak veiligheids gradering en vervang met die Polo.
Simpatie met die die naasbestaandes van die oorledenes.Paaie is deesdae slagvelde in ons land.Geen wonder MM praat van “slagoffers” nie!Maar ja dit is beseerdes.

Abe ·

“Slagoffers van n padongeluk”. Daar klink nie vir my veel daarmee verkeerd nie. (Of hulle nou dood is in die ongeluk, of nie, kan hulle figuurlik gesproke tog “slagoffers” wees.)

Sê net ·

Groot vriend van my is in ‘n botsing met so ‘n Golfie oorlede . Hy was in ‘n Mercedes SL. Die ander persoon in die Golf het net sy bene gebreek. My vriend het nie in sitplekgordels “geglo” nie. So gedurende die ongeluk was hy teen alles vasgegooi. Die lugsakke het bygedra tot sy beserings. Die man in die Golf het dit gemaak. Hy het sy gordel aangehad.

Nope ·

My golf was afgeskryf en ek leef. Safety belt het baie gehelp. Die ou golf het tin foil gemaak van ‘n nuwe kia stasiewa wat oor die stopstraat gejaag het. Die citi golf sport was lekker karretjies. Hartseer dat hier alweer sterftes op ons paaie was.

Marietjie Coetzer ·

Ons het verby die ongelukstoneel gery Wat nie in die artikel genoem word nie is dat een van die voertuie op ‘n dubbel wit streep by ander motors verby gery het en so n kop aan kop botsing veroorsaak het Dit is ‘n oortreding van ‘n verkeerswet maw n misdaad Dan kan die beseerdes tog wel slagoffers wees

Jan ·

Mense gaan daagliks dood Dit is ‘n feit soos ‘n koei Lesers wat verwag van verslaggewers om goeie taalreëls toe te pas en reg te spel is tog sekerlik geregtig daarop?

Johannes ·

Stop tekens, Rooi verkeersligte, Sperstrepe, nog meer, dubbelle sperstrepe is daar om die motoriste te beskerm teen ongelukke en gevaar punte op die SA paaie. Al bogenoemde veiligheids maatreëls word van geignoreer en dit is hoekom daar elke dag meer en meer mense boet met hulle lewens, veral die wetsgehoorsame pad verbruiker. So ñ jammerte!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.