Bainskloofpas was gesluit toe motor pad verlaat

’n Toustelsel is Saterdagaand gebruik om die slagoffers te hulp te snel. (Foto: Wildernis-soek-en-redding)

Die Bainskloofpas naby Wellington was vir algemene gebruik gesluit toe ’n motor met vier insittendes Saterdagaand die pad verlaat en meer as 80 meter na benede getuimel het. Dié ongeluk het die lewe van drie kinders geëis.

Beamptes van die Wes-Kaapse departement van vervoer het na die motor gaan soek waarna die wrak teen ’n helling aangetref is.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer, sê die betrokke pad is tans vir algemene gebruik gesluit weens padwerke wat na verwagting teen Maart volgende jaar voltooi sal wees.

’n Toustelsel is Saterdagaand gebruik om die slagoffers te hulp te snel. (Foto: Wildernis-soek-en-redding)

Stop-en-ry-punte is gevolglik aangebring om die verkeer te reguleer aangesien persone wat langs die pas woon permitte het en beperkte toegang tot die pad het.

Volgens Bakker het die 60-jarige bestuurder van die motor wat ná die ongeluk na ’n hospitaal gehaas is, geweier om by een van die punte te stop en sonder toestemming verby ’n versperring gery.

Hy sê dat beamptes aan diens by die stop-en-ry-punte vinnig opgetree het om aankomende verkeer te keer en só ’n moontlike trompop botsing vermy het. Beamptes het egter later na die motor met die vier insittendes gaan soek nadat dit nooit by die vierde stop-en-ry-punt aangekom het nie.

“’n Patrollievoertuig is uitgestuur en beamptes het besef dat die voertuig die pad verlaat en teen die helling af is. Twee kinders is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger en is dood. Die derde kind was nog in die voertuig, maar is ook dood,” sê Bakker.

Maroela Media het vroeër vandag berig die bestuurder van die motor het die voorval oorleef hoewel nood-en-reddingsdienste ure lank gespook het om haar met behulp van toue tot by die padoppervlak te hys voordat sy na ’n hospitaal gehaas kon word vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Shakespeare ·

Hewig ontstellend……maar hoekom hou mense aan om waarskuwings te ignoreer ???

Racheltjie Debeer ·

Want wet en orde word nie gehandhaaf deur die verkeerspolisie of die gewone polisie nie. Die land is totaal wetteloos met ‘n meerderheid korrupte wetstoepassers wat geen trots in hul werk het nie. Hulle is net daar om ‘n salaris te verdien en doen die minimum. Die handvol wetstoepassers wat nog trots is om die uniform aan te trek, kan eenvoudig nie die wa alleen deur die drif trek nie.

Pieter ·

Snaak dat hulle ‘n toe pad gebruik om teen ‘n krans af te tuimel.

jou gewete ·

nuwe sa, ek laat my nie vertel. Ek laat my nie stop nie. hopelik volg n klag van moord

Johanna ·

Ek dink die toename in HIGHjacking dra daartoe by dat mense bang is om te stop. Ons kan niemand meer vertrou nie, veral nie mense in Polisie uniforms nie. Vroue voel veral onveilig. Dit is baie hartseer dat so iets gebeur het.

jou gewete ·

werklik. Ek glo dis duidelik oral gemerk dat die pas gedeeltelik gesluit is vir padwerke

Jeffrey ·

Die feit dat daardie pas nog enigsins toeganklik was vir die publiek tot onlangs is alreeds ondenkbaar en was bloot onverantwoordelik van die owerhede se kant af gewees. Het eenkeer daar gery en NOOIT weer nie. Konnie glo hoe gevaarlik daai pas is nie! Dis gek!

Yvonne ·

Ai hoe onverantwoordelik..en bitter tragies..dat kinders daarvoor met hulle lewe moet betaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.