Barry Steenkamp: ‘Ek dink hoe bang sy moes gewees het’

Steenkamp tydens sy getuienis. Foto: Huisgenoot/Twotter

Steenkamp tydens sy getuienis. Foto: Huisgenoot/Twitter

Reeva Steenkamp se pa, Barry, het Dinsdagoggend in die hooggeregshof in Pretoria verskeie kere begin huil terwyl hy getuig het oor die dag van sy dogter se moord.

Steenkamp (73) is deur staatsaanklaer adv. Gerrie Nel ingeroep om te getuig. Hy het gesê dat hy nie tydens die verhoor kon getuig nie aangesien dit baie sleg met hom gegaan het. Hy het gesê hy “moes” dié keer getuig. Steenkamp het begin huil toe hy gesê het dat hy steeds elke dag aan Reeva dink. “Oggend. Middag. Aand. Elke uur van die dag. Ek dink altyd aan haar.”

Steenkamp het gesê daar is steeds oral foto’s van Reeva in hul huis en dat hy elke dag met Reeva praat. “Mense sê dit vat jou twee of drie jaar om bietjie beter te voel. Maar elke dag van my lewe is dieselfde. Ek praat met haar.”

Steenkamp het getuig hy bring meestal sy tyd deur op die stoep by sy huis. “Sedert Reeva se dood het ek heeltemal verander. Ek sal nie sê ek is ʼn kluisenaar nie, maar ek kan nie meer met mense meng nie. Ek sit op daardie stoep – 02:00 of 03:00 die oggend.” Volgens Steenkamp kry hy daagliks boodskappe van bemoediging en foto’s van Reeva op sy foon.

Nel het Steenkamp gevra hoe die moord op Reeva sy lewe geraak het. “Dit het my, June [Reeva se ma] en ons familie se lewens heeltemal verander.” Steenkamp het gesê dit is baie moeilik om te dink wat op die dag van Reeva se moord gebeur het. “Ek wens dit geen mens toe nie. Dit het ons platgeslaan om uit te vind wat gebeur het. Ek het ʼn beroerte gehad.” Steenkamp het gesê hy moet steeds gereeld dokters gaan sien hieroor. Steenkamp het getuig hy het ʼn 40-jarige seun uit ʼn vorige huwelik. June het ʼn 50-jarige dogter uit ʼn vorige huwelik.

Steenkamp het gesê Reeva het van Port Elizabeth na Gauteng verhuis om aan haar modelloopbaan te werk. Sy sou glo weer later verder in die regte gaan studeer en haar eie praktyk begin. Steenkamp het gesê hy en sy vrou was verskriklik trots op Reeva.

Adv. Nel het Steenkamp gevra waar hy die dag van die moord was. “Ek het ʼn oproep van June ontvang. Ek kon nie regtig verstaan waaroor sy so ontsteld was nie. Sy het geskree. Ek het aanvanklik gedink een van ons diere is dood. Sy het geskree kom huis toe. Ek het op pad huis toe probeer vasstel wat sy gesê het. Toe onthou ek sy het Reeva se naam gesê. Ek het besef Reeva is doodgemaak. Dis asof dit gister gebeur het.”

Volgens Steenkamp was dit “absolute chaos” toe hy by die huis gekom het. ʼn Vriend van die gesin was daar en het June probeer kalmeer. Steenkamp het sy broer gebel. Adv. Nel het Steenkamp gevra wat hy dink die aand van die moord in Pistorius se huis gebeur het. “Ek dink persoonlik daar was ʼn argument.”

Steenkamp het gesê hy dink heeltyd hoe bang Reeva moes wees in die oomblikke voor sy dood is en in hoeveel pyn sy was. “By tye het ek gedink aan die pyn waardeur Reeva is. Ek het my vuiste gevat en teen die muur geslaan.” Volgens Steenkamp het hy probeer om dieselfde pyn te voel as wat Reeva gevoel het.

Steenkamp het gesê Reeva het byna elke Saterdag haar ma gebel en op Sondae vir hom. Volgens Steenkamp is veral Kersdae en verjaarsdae baie moeilik aangesien Reeva nie daar is nie. Steenkamp het getuig dat hy nie geweet het van die verhouding tussen Reeva en Pistorius nie en dat hy nie nou in kontak met Pistorius is nie.

Steenkamp het gesê sy vrou, June, rou ook steeds oor Reeva. “Ek hoor hoe sy in die nag huil. Ek hoor hoe sy met Reeva praat. Sy voel net so baie soos ek.” Hy het getuig dat June vir Pistorius vergewe het aangesien sy ʼn Christen is. “Sy het hom vergewe om aan te gaan met haar lewe, maar dit beteken nie dat jy vrygespreek is van die misdaad wat jy gepleeg het nie.”

Steenkamp het gesê dit is baie moeilik vir hom om Pistorius te vergewe. “Oscar moet betaal vir wat hy gedoen het. Hy moet betaal vir sy misdaad.”

Roux het tydens sy ondervraging van Steenkamp begin deur te sê hulle is baie jammer oor wat gebeur het. “Niks wat ek sê of doen, kan haar terugbring nie,” het Roux gesê. Hy het verwys na Pistorius wat verskeie kere met die familie probeer kontak maak het. “Die tyd sal seker kom wanneer ek privaat met Oscar sal wil praat. Nie nou nie maar later,” het Steenkamp hierop geantwoord.

Roux het Dinsdagoggend heel eerste vir Ebba Gudny Gudmundsdottir van Ysland ingeroep om te getuig. Gudmundsdottir het getuig dat sy op 20 weke van haar swangerskap vasgestel het dat haar kind sonder bene gebore sal word. Volgens Gudmundsdottir het haar gesin Pistorius genader en hy het hulle geantwoord. ʼn Vriendskap het ontwikkel en Pistorius het hulle die eerste keer besoek toe Gudmundsdottir se seun sewe maande oud was. Hy het die seun onder meer met sy prostese gehelp. Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het tydens kruisondervraging slegs vir Gudmundsdottir gevra hoe oud haar seun nou is, waarop sy geantwoord het dat hy 11 jaar oud is.

Pastoor Marius Nel van 3C Ministries in Centurion is daarna ingeroep om te getuig. Nel het getuig dat die kerk verskeie uitreikprogramme in minderbevoorregte gemeenskappe het. Nel het bevestig dat Pistorius by die kerk betrokke is en dat skole versoek het dat Pistorius betrokke raak by atletiekoefening. Nel het getuig dat hy Pistorius in die tronk besoek het vir “geestelike versorging”. Volgens Nel was Pistorius gebroke en hartseer. Adv. Nel het tydens kruisondervraging slegs vir Nel gevra hoe gereeld hy toegang tot Pistorius gehad het waarop hy geantwoord het “weekliks”.

Die saak gaan voort.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

marianne ·

Ek voel Meneer Steenkamp se pyn. Mens hoor sy liefde betuiging teenoor Reeva en jy wil gal break even Oscar!!!
Mag God reg en geregtigheid laat geskiet, mag Hy die Steenkamps dra.
Geen ouer verwerk die dood van ‘n kind nie.
Pistorius kan ‘n Pous in die TRONK word vir al wat ek omgee – HY MOET SWAAR GESTRAF WORD!!!!! HY MOET TRONK TOE VIR JARE EN JARE!!!

Hannelie ·

Ek stem saam met jou Marianne. Oscar moet sy daad soos ‘n man vat. Want as jy hoor van die wonde wat toegedien is en die bloed sien in die toilet, moes sy bitter bang gewees het en trauma gehad het. Ek bid dat GEREGTIGHEID sal geskied!

Bob ·

Stem saam!! Maar ek is seker dat die pastoortjie wat so vir hom pleit – Past Marius Nel – eerder Oscar wil gebruik vir sendingwerk of evangelisasie werk? Of dalk wil die Pastoortjie he Oscar moet ‘n huweliks berader word??

Poplap ·

Sobeel lewens verwoes as gevolg van een onbesonne daad. Wat ‘n tragedie

Eliza-beth ·

In plaas van nog ‘n keer hier gil, hoofletters tik en aangaan, lees die berig “Ouers veg om kind (3) se Lewe” en help hierdie ouers – glo my jul sal veel, veel beter voel om dit te doen as om hier af te gaan. Ons is almal moeg om lelike kommentare hier te lees, doen liefs iets wat die moeite werd is met jou tyd as om weer en weer hier gal te braak.

Bibbies ·

Ja en Oscar speel nogsteeds toneel in die hof soos op die vorige verhoor,hoop maar vir sy part dit gaan hom help die keer…..Wees ñ man en en vat jou straf!!!

Andrea van Vuren ·

Ja, en sy sielkundige speel net so hard saam. ‘n Sieklike klugspel.

Willie ·

Ek voel vir Steenkamp familie.. Hoe erg moet dit nie wees om te dink dat mens se geliefde op so n manier moet gaan nie.. Die wreedheid van die moord, die brutale moord… Niks wat niemand se sal dit heel maak nie… Ek glo nie eers tyd sal heel maak nie… Ek die Oscar maat is 5 ster geriewe? Hoop die maat kry dag, en goed ook…

Simon ·

Meneer Steenkamp, my hart pyn vir jou verlies, my eie dogter is dieselfde ouderdom wat joune was. Dit vat moet en krag om jou dogter se moordenaar in die hof te sien. Oscar sou my agter die loop van ‘n geweer gesien het as dit my dogter was. MAG HY ALLES KRY WAT HOM TOEKOM!!!!

Schalk ·

Ek voel saam met jou oor die een. As dit my kind was sou hy nie die voorreg gehad het om die binnekant van n hofsaal te sien nie.

Leeutjie ·

Ek het ook ‘n deernis vir die familie. In my hart ook vir Oscar…wat sou ek en jy doen as hy ons seun was? Ook gal gebraak het??

pieter ·

MENSE MOET ASB NIE KOMENTAAR LEWER AS JY NOG NIE DEUR HIERDIE SOORT TROUMA IS NIE.EK IS IN SO N SITUASIE,NIEMAND KAN OOIT DIE VERMOORDE SE PLEK INNEEM NIE.PRAAT EERS MET IEMAND WAT WEET HOE DIT VOEL EN LEWER DAN KOMMENTAAR.

Karma ·

@Pieter …. SJOE, SKREE JY ALTYD SO OP SOSIALE MEDIA EN KOMMENTARE WAT JY LEWER??? ‘n Mens hoef nie jou hand in die vlamme te steek om te weet vuur is warm en jy gaan brand nie. So, jy hoef nie eers dieselfde deur te gaan om te weet dat Reeva se dood haas-ondenkbare pyn vir haar gesin, familie en vriende veroorsaak het nie. Ons almal wat al iemand aan die dood afgestaan het – hetsy dit deur ongeluk, siekte of misdaad gebeur het – weet dat niks die situasie kan verander nie en niks of niemand daardie persoon kan terugbring nie.

Leeukop ·

Moordenaars verdien die doodstraf, geen versagtende omstandighede nie. Elke moordenaar het n storie, so oscar is niks anders as enige ander moordenaar nie. Almal wat so simpatie met hom het behoort hulle te skaam.

Mielie ·

Barry Steenkamp is voor waar n gebroke man. Ek was verskriklik hartseer. Daar was op regte smart.

Vlakvark ·

En nadat hy sy tronk straf uitgedien het en hy kom uit is julle klomp nog steeds nie te vrede ni!!…. Wat wil julle nou eintlik he?

Anoniem ·

Vlakvark…nee ons is nie tevrede nie…wat is n jaar van sit in n kamertjie as teen iemand wat se lewe geneem is…n familie se lewe is verwoes vir die res van hul lewe. OSCAR moet sit!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

M'Lady ·

Goed gestel Vlakvark. Seker Oscar se kop op n silver skinkbord.

Anti oscar ·

Oscar verdien eintlik die doodstraf! Wat het geword van lewenslange tronkstraf vir moord? Een kort jaartjie is niks.

van der Merwe ·

Nee, M”Lady, sy kop op ‘n silwer skinkbord gaan die pragtige Reeva nie terug bring nie. Enige verantwoordelike persoon moet egter besef dat op elke aksie ‘n reaksie is. Indien jy die mag van lewe en dood oor ‘n ander party in jou hande wil neem moet jy maar bereid wees om die gevolge daarvan te dra.

M'Lady ·

Nou ja van der Merwe hy gaan mos nou 15 jaar tronkstraf kry.

KarooKlong ·

Mnr Steenkamp sou steeds goed aangegaan het totdat Mnr Nel hom oortuig het om toneel te speel. Nou is al die wonde se rowe afgetrek en nou is die sere teer. Mnr Steenkamp oordryf darem bietjie erg so met Mnr Nel se begeleiding. Dit is hoe ek dit sien.

van der Merwe ·

KarooKlong, dit is nou om Mnr. Steenkamp se emosie te degradeer. As jy nie ‘n kind aan die dood afgestaan het nie, kan jy nie kommentaar lewer oor sy belewenis daarvan nie.

Ruby ·

KarooKlong, is jy ernstig?!

Was Barry Steenkamp se beroerte ook toneelspeel of het die dokters bietjie oordryf met die diagnose?

‘n Blinde sal Barry se liefde vir sy geliefde Reeva aanvoel.

Net as jy iemand in jou lewe het vir wie jy regtig lief is of omgekeer, sal jy dit kan verstaan, duidelik nie……..sterkte.

Gees ·

Karooklong het duidelik nognie n geliefde aan moord verloor nie want hy het geen idee waarvan hy praat nie.

Anoniem ·

KarooKlong..ek dink jy moet eerder jou kommentaar vir jouself hou…Hier is n vrou vermoor…n kind van 2 ouers…hul toekoms saam haar is daarmee heen. En jy se Mnr Steenkamp oordryf….n moordenaar loop vry rond…hy gebruik se gebrek om los te kom. Niks het Reeva gehelp om los te kom nie. Hy kon al na die eerste skoot gehoor het dis sy. Ek is seker sy het hom probeer stop…geskreeu dis sy agter toiletdeur…Hy het haar koelbloedig vermoor….Oscar verdien niemand se simpatie of onderskeuning nie. Sy gebrek is geen verskoning nie.Juis as gevolg van sy gebrek moes dit van hom n beter mens gemaak het..Hy verdien die doodstraf of dalk moet hy agter n toiletdeur gaan sit en iemand skiet op hom…Hoe gaan hy dan voel………Dan gaan ons sien wie is bang….

tw ·

KarooKlong, kry skaam, sies. Onthou wat jy hier skryf word deur honderde gelees en jou gewete gaan met jou praat oor dinge wat jy hier kwytraak. …….”toneel speel” hene mens, wat se onsin praat jy……..

Atleet ·

Laat hierdie moordenaar vir ewig in die tronk kripeer! Gooi sommer sy oom wat so vir hom skerm ook as medepligtige tot misdaad in die land in die tronk, want die wat die straf vir misdaad help verlig dra by tot meer misdaad.

JaNee ·

En die Steenkamps het ook darem al finansiele bystand van Oscar ontvang en geld van al die koerante en tydskrifte waarmee June praat. So daar is hul darem ok.

jaco ·

ek regverdig nie die manier waarop Oscar vir reeva kwaad geword het nie, maar sy het hom kwaad gemaak deur nogal vir hom te laat weet “ek gaan op n koffie date met n ex-boyfriend”. watter man sal nie vies wees as hy dit hoor nie? Oscar het haar ook twee keer tydens hierdie koffie date gebel. die nag van die moord het hy haar waarskynlik oor hierdie koffie-date met die ex-ou gekonfronteer, later kwaad geword en toe beheer verloor. maar vir wat is reeva ook so stupid om vir Oscar sommer so te se “ek gaan met die ex-ou koffie drink”, so asof dit dieselfde is as “ek gaan gou pick n pay toe”. Ek se weer, VOORDAT almal my kruisig, Oscar het totaal verkeer gereageer en oorboord gegaan, maar vir wat was Reeva ook so stupid om vir hom te laat verstaan “ek is in n verhouding met jou, maar ek hou n agterdeur oop”

joan ·

Dit verbaas my dat mense so tekere kan gaan ,my kind se dood het nie eers n koerant gehaal nie. Ek dink die Steenkamps moet aanvaar niks gebeur as dit nie die wil van die Vader is nie..As hy so n slegte mens was wat het sy dan by hom gesoek,die meisies vandag trek te vinnig by n man in en as sulke dinge gebeur moet hulle die oorsaak by hulself soek. Die Steenkamp familie het niks gekla toe hy hulle finansieel gehelp het nie,hoeveel geld het hulle nou al gekry met die dood van hulle dogter dis n skande

siek en sat ·

Joan, net so. WAT het sy daar gesoek as hy so sleg is en hoekom gebly nadat die polisie vroeg die aand daar was en gevra het of sy okay is en wil weggaan onder hul leiding. Die Steenkamps is verseker baie goed af wat geld betref deesdae. En hiermee wil ek nie sê dit moet erg wees om jou kind so ter verloor MAAR na sy eerste vonnis het hul dan berus en sou aangaan met hul lewe en vergiffenis voorgehou… Hierdie is alles ‘n hartseer ding wat nou moet klaarkry want soos party hier kan aangaan…

van der Merwe ·

Joan, dit is ‘n wye stelling wat jy maak. Ek stem saam dames trek te vinnig by mans in, maar regtig, sy is haar eie mens en het hy geensins die reg om haar minderwaardig te ag nie. Die feit dat sy by hom intrek gee hom nie eienaarskap oor haar nie.

Bob ·

Ja Nee Joan. Net omdat sy by hom ingetrek het verdien sy nou om so vermoor te word? Dit is mos net vandag se Meisies wat sleg is. Die mans is onskuldig

Ronel P ·

Mense,mense kom by en sien bietjie die groter prentjie. Alles maar alles gaan oor sensasie. Dit is jammer Reeva se ouers moet onder alles lei. Maar selfs mnr Steenkap buit die situasie uit (Drama Drama), en ek laat my nie vertel die aanklaer kyk nie hoe die media reageer op die media berugte nie. Ek was daar waar hy nou is. En tyd heel wel alle wonde. Een van die dae het ons dalk ‘n nuwe sepie op tv.

Neewat ·

Julle Pistoriane tesame met die Pistoriuse buit alles uit om ‘n moordenaar uit die tronk te hou.

Bobby ·

Ai die Pastore darem. Wil ook graag in die kollig wees. Jammer past Marius Nel maar jy roer my nie! Wil jy nou vir my se Oscar moet julle skole help met oefeninge?? Hoe siek is jy in jou Kop? Weet jy wat jy vra? Moordenaars moet nou werk in Skole?? Is jy van jou sinne beroof?? Mag die liewe Here jou gedagtegang verander!

pop ·

Karooklong, verduidelik vir my hoe oordryf mens die verlies en pyn as jou dogter vermoor word. Bid liewer dat dit in jou lewe nie met jou gebeur nie. My kind is ook dood, en glo my, dit voel of geen vergelding genoeg is nie.

Peet J ·

Kan maar net sê dankie Almagtige God dat ons land nog oor wetgewing beskik om die oortreders vir hulle dade te straf alhoewel dit nie volgens U voorskrifte is nie.

johann cb ·

Hier word tog só baie op gevoelens gespeel ook. Ek verstaan die hartseer ten volle, maar intussen is Barry en June se finansies die beste nog ooit! Nee, ek versin dit nie, dit is algemene kennis in die media. Soms wonder ek of dit om die hondjie of die halsband gaan! Jammer, daar is ék nou gevoelloos – ek probeer net al die opinies in perspektief sien.

Liewe heksie ·

Al my simpatie aan reeva se pa feit bly Oscar se bloedgeld was goed genoeg maar toe ander skenkings instroom toe is hul kamstag in skok en almal wat Oscar beskuldig van toneelspeel het daar vir my by reeva se pa ok toneelspeel deurgeskemer en n ma wat erken dat hul inkomse nou weg is is okkie te lekker nie

Gigi ·

Liewe Heksie, presies dit het deur my gedagtes ook gegaan. Oscar het toneel gespeel maar Barry glad nie??

wonder sommer ·

Ek wonder sommer….As Reeva elke Saterdag met haar ma en elke sSondag met haar pa gepraat het….,hoekom het hy dan nie geweet dat sy met Oscar uitgaan nie?As hulle so na aanmekaar was,hoekom het sy op 16 uitgetrek en by vriendde gaan woon?Oscar is skuldig,maar vreemd bly maar vreemd….

Pixie ·

Ek was ook verstom en effens geskok oor daai aanmerking onder eed in die getuiebank…. Suid-Afrikaners EN buitelanders het geweet Oscar en Reeva was in ‘n verhouding; daar was gereeld berigte oor hulle in die media…. as sy en haar ouers werklik so na aan mekaar was soos hulle beweer en hulle so verskriklik trots op haar was, hoe op dese aarde kon Barry geen kennis van hul verhouding gedra het nie????

Johan Bester ·

Wat hy gedoen het was verkeerd maar sy was geen voorbeeld vir ons jeug of n engel nie.
Haar ouers het geweet en dit goedgekeur dat sy by hom intrek

Ben Prinsloo ·

Oscar het vir Reeva vermoor, dit is n feit. Was dit “met voorbedagde rade” ja of nee. Die antwoord op hierdie vraag weet net hy en sy. Sy is egter oorlede en kan nie praat nie. Die straf lê by ja of nee.

Uiltjie ·

As Adv Nel toneel speel , waarom ontmasker Roux hom dan nie??? Waarom was Reeva agter n geslote toiletdeur???

Caja ·

Die Steenkamps is nie die enigste mense wat al ‘n kind verloor het nie! Dit het nou gebeur en aanvaar dit nou! Ons het simpatie met hulle en sou dit graag wou verander as ons kon. Hulle gaan beslis nie meer of minder simpatie kry deur gedurig in die media voort te teem oor die gedoente nie. Huisgenoot kan ook net soveel keer die selfde ou storie plaas. ‘n Soeke na sensasie gaan haar nie terug bring of dit wat gebeur het laat wegraak nie. Die gereg moet voortgaan met die proses en die Steenkamps moet met grasie rou. Dit is immers ‘n baie persoonlike emosie en verdien om in privaatheid te geskied en nie elke kort-kort in die media nie.

Ruby ·

Caja, dis nie Reeva wat die saak uitrek nie, dis Oscar se vonnis wat tyd neem. Dis nie Barry se skuld die media word toegelaat by die hofverrigtinge nie.

Sensasie?! Jy het nie ‘n CLUE waarvan jy praat!

Caja ·

Ruby, nog iets.. ek het gesê die gereg moet voortgaan en dit is wat hulle doen. Nêrens het ek gesê dis Reeva wat die saak uitrek nie.

Caja ·

Skuus… Reeva se ouers …

Hulle het die volste reg om onderhoude te weier maar staan dit tog te graag toe aan tydskrifte en almal wat wil hoor. Punt is dit gaan haar nie terug bring nie.

Annemarie ·

Shame reeva se pa is n gebroke man en ek se oscar verdien n swaer straf hy het moord gepleeg gun ongeluk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.