“Ons het laatmiddag [Maandag] die interdik ontvang. Die komitee sal Dinsdag vergader en besluit oor die pad vorentoe,” het Charmaine Motloung, woordvoerder van die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB), gesê.
Die RGB se komitee oor professionele gedrag sal Dinsdag agter geslote deure vergader om die aansoek by die hooggeregshof te bespreek.
“Ons gaan die hooggeregshof vanoggend nader ten einde jou te dwing om die verhoor van die nodige inligting te voorsien,” het Jaap Cilliers, Basson se regsverteenwoordiger, Maandag gesê voor hy en Basson uit die sitting gestap het.
“Uit die bewyse wat ons het, is dit duidelik dat jy ʼn lid is van een van die organisasies wat ‘n petisie ondersteun het vir die verwydering van dr. Basson se naam van die register van mediese praktisyns,” het Cilliers aan prof. Jannie Hugo, die voorsitter, gesê.
Cilliers het gesê die verdediging sal die hooggeregshof nader met bewyse van hul bewerings en die hof vra om uitspraak te gee oor die stand van die verhoor.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Dr Wouter is een van die briljantste chirurge in ons land. Hierdie heksejag moet nou ophou.
Weereens is hierdie ñ bewys dat die blanke Suid Afrikaner nie die son oor sy mede broer of suster kan sien skyn nie. Dr Basson is ñ briljante medikus en geniet hoë aansien in SA agv sy menslikheid en briljantheid. Los die heksejagtery.
Gaan Wouter Basson maar net as ‘n volgende Eugene de Kok ge-offer word? Waar is die F.W. De Klerk, Pik Botha, Magnus Malan en kie? Ek vra maar net!!
hoekom kom die ondersteuners van die dokter nie sterk na vore nie of is ons maar soos gewoonlik te slapruggig daarvoor?
Ek verstaan nie. Dr Basson is reeds in die Hooggeregshof, die Appélhof én die Grondwetlike Hof onskuldig bevind. Aanvaar die Mediese Raad nie hierdie uitsprake? AfriForum is reeds besig met die saak, en het reeds klagtes gelê teen leiers vd Mediese Raad wat vroeër aan bomaanvalle skuldig bevind is.