Batsa dan in die hof oor sigaretverbod

Argieffoto (Foto: vicky gharat/Pixabay)

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal op 30 Junie British American Tobacco South Africa (Batsa) se saak teen die voortgesette verbod op die verkope van tabakprodukte aanhoor, het die maatskappy Donderdag gesê.

Batsa, die land se grootste sigaretvervaardiger, het gesê hy het ʼn ooreenkoms met die staatsaanklaer bereik dat die saak dringend is en Dinsdag aangehoor sal word – ʼn week ná dit oorspronklik geskeduleer is.

“Na die voorligting van die regterpresident van die Wes-Kaapse hooggeregshof op 23 Junie

het BAT South Africa ingestem dat die aansoek oor die verbod op die verkope van tabakprodukte op 30 Junie aangehoor kan word,” het die maatskappy gesê.

Die saak sou op 22 Junie aangehoor word, maar die saak kon nie voortgaan nie weens skeduleringsprobleme.

Batsa versoek die hof om die drie maande oue verbod op die verkope van tabakprodukte tersyde te stel. Die verbod is ingestel toe die algehele landswye afsonderingsperiode aangekondig is in reaksie op die Covid-19-pandemie.

Dit is die tweede vervaardiger wat Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering, hof toe sleep oor die verbod. Sy voer aan die verbod is noodsaaklik om die verspreiding van die virus te bekamp en die erns van simptome in pasiënte te beheer.

Die Pretoriase hooggeregshof het twee weke gelede uitspraak voorbehou in ʼn saak waar die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) versoek het dat die verbod ongrondwetlik verklaar moet word. Prokureurs vir die minister voer aan daar is bewyse dat die verbod daartoe gelei het dat ʼn beduidende getal rokers ophou rook het. Fita se regspan het egter gesê dit is ʼn “fiktiewe wêreldbeskouing”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Sal by die twak hou wat ek nou rook dan weet ek zumpie en tito kry nie belasting geld nie. Sy het van ons eerlike burgers skelms gemaak slim vang sy baas

Rodger17 ·

Die howe is net so bang vir Ndz soos cyril.Sy is Azanië se volgende president!

Elsa ·

Vader, behoed en bewaar ons van onheil op ons pad en in ons land. Amen

Persheks Adri ·

Wat se twak praat NDZ? Regtigsigarette gee nie Covid nie dis weer net ‘n escape vir haar om nog geld te maak met haar en haar kinders se besigheid… Steeds GEEN vervolging nie! Ons moet net dood eenvoudig die keer die saak wen, want regtig so kan ons nie aan gaan nie! Ek koop nie haar gemors nie dankie ek het genoeg gaan koop, want uit my uit sal sy NIE 1 sent kry NIE!

Kom Fita en Batsa wen vir ons die hofsaak, sodat ons juis nie kriminele word nie en ons ordentlike sigarette kan aan hou koop en EERLIKE burgers is en belasting betaal soos dit hoort!

Renee ·

Dankie Telita wat die blik wurms oop gemaak het rakende die rook verbod. Nou word daar vinnig gespring om dit toe te smeer voor name genoem word oor die onwettigheid van die rook verbod en wie almal voordeel daaruit getrek word.

Hennie J ·

Snaaks dat die regterpresident enigsins n plekkie in sy besige en bedrywige hof vir hierdie sakie kon vind. Kom ons neem weddenskappe oor wie die regter gaan wees!

JohanR ·

Hoofregter Dunstan Mlambo……en daar wen ek Peter Stuyvesant’s vir ‘n jaar?

Sêmanet ·

Ek wonder ook of ons die staat sal kan dagvaar indien iemand siektes optel van hierdie “ondergrondse” sigarette? Dis mos after all hulle wat van ons skelms maak, en die markte ondersteun deur gemors te koop en rook? En nou word dit eers gedeel, want dis mos nou onbetaalbaar duur. Voorheen sou jy vir iemand een aanbied, nou rook mense helfte en gee aan die ander ou. En ek glo ook nie die storie dat daar sssoooo baaaie mense opgehou rook het nie. Hulle moet eerder kyk hoe word die drank uit een bottel gedrink deur die mense wat sommer so langs die pad sit en drink. Nie eens my ma kon vir my sê om nie te rook nie, ek is al ‘n ouma. Nou wie gee hulle die reg om vir my te sê wat ek mag en nie mag doen nie. Ek wonder ook oor die papegaai slaai wat mense in hul eie erwe kweek, is dit ook ewe skielik onwettig? Hulle moet eerder bekommer oor mense sonder maskers, wat boonop met klein kinders sonder maskers in die strate rondloop asof dit nie ook teen die wet is nie.

Sêmanet ·

Die mense by die sigaretfabrieke en die tabakboere sal seker nou salaris van die staat af kry. Want daar is ook weer honderde mense wat sonder werk gaan wees. Moet die tabakboere nou die tabak wat hulle groei, dit nou ook vernietig? Gelukkig het ons ‘n vrygewige staat, hulle sal vir al daardie mense sorg. SA is mos die “rykste” land op die aarde. Hulle behoort aan al die implikasies te gaan dink voor hulle luister na iemand wat ook tuis hoort weens ouderdom!

JohanR ·

To little to late BATSA! Waar is die uitslag van die dringende Fita SA aansoek? Nou al amper drie weke van ‘n dringende vesoek en nog………..NIKS? Iemand, iewers het R5 miljard gemaak in drie maande, met onwettige sigaret verkope, en nie een sent belasting betaal nie.

Eish ·

Noem net een persoon wat opgehou het met rook agv die verbod se naam, asb? Ek is self nie ‘n roker nie maar hier by die werk is dit nog dieselfde mense van ‘n dampie vang – almal koop net nou op die swart mark

Stofdonkie ·

Hulle gaan die rookverbod eindig net voor die hofsaak. Hulle kan nie toelaat dat die hof moet bevind dat die verbod onwettig was nie, want dan gaan al hierdie sigaret vervaardigers die staat kan aanspreeklik hou vir verlies van inkomste. Dalk is dit hulle ooreenkoms met NDZ, na die hele korona speletjie dan kry die vervaardigers hulle miljoene vir verlies aan inkomste en gee vir NDZ haar kommisie daarop.

Nico ·

Hoekom word daar nie gekyk hoe die mense ‘n bottel brandewyn deel met een glas nie, plaas eerder ‘n verbod op alkohol en los die sigarette wat wel ongesond is waar drank motor ongelukke veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.