Batsa gaan nie meer hof toe oor tabakverbod

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

British American Tobacco South Africa (Batsa) het besluit om nié regstappe teen die regering te doen omtrent die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk nie.

Batsa het Woensdag in ’n verklaring gesê hy het ’n formele reaksie ontvang op ’n brief wat einde verlede maand aan die betrokke ministers van die land se nasionale bevelsraad vir die koronavirus gerig is. Die inhoud van dié skrywe is nie aan die publiek bekend nie.

Luidens die verklaring het Batsa wel na aanleiding van die regering se reaksie besluit om nie regstappe te doen nie, maar eerder in gesprek met die regering te tree rakende die verbod en om sodoende saam aan ’n oplossing te werk.

“Hoewel Batsa die regering ondersteun in sy pogings om die verspreiding van die virus hok te slaan, glo ons wel dit is noodsaaklik dat daar op vlak 4 ’n hernieude en sterker poging aangewend word om die onwettige toevoerlyne van tabak oor die afgelope aantal weke stop te sit. Die heropening van die wettige, belaste- en gereguleerde tabakmark moet deel wees van die oplossing,” lui die verklaring.

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Maroela Media het verlede week berig Batsa het gedreig om regstappe teen die regering te doen, sou die verbod op die verkoop van tabakprodukte nie spoedig opgehef word nie.

Batsa het Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, tot Maandag om 10:00 gegee om die verbod op te hef. Sou dit nie gebeur nie, sou Batsa ʼn hofaansoek bring.

Die stap het gevolg nadat Dlamini-Zuma verlede week in ʼn verrassende wending aangekondig het dat die verbod op die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk steeds geld. Pres. Cyril Ramaphosa het egter kort voor dit gesê die handel in sigarette sal tydens vlak 4-afsondering toegelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Burgermeester ·

Batsa het blykbaar nog nie geleer dat jy nie in gesprek tree met die regering nie. Voordat jy weet het Ramaphosa et al. (2020) aandele in Batsa onder die BB-BEEE vaandel.

Blackies ·

Hoeveel is Batsa betaal om nie die hof ding te doen nie.

Sarah ·

al die geld wat gemaak was deur onwettige sigaret verkope….

Fedup ·

Did zumsa or cyril threaten or pay you?
Shame, just as pathetic as the rest of that lot.

Erica ·

Ja ne, ek glo ook omgekoop. Kan hulle nou ook onwettig dit verkoop? Hoekom kan ons nie weet wat staan in hulle brief nie. Julle was groot mond in die nuus om hof toe te hardloop en nou met een brief dood stil. Ek ruik een stink rot.

Emily ·

Dit is siek, Wonder hoeveel geld het nou weer hande geruil.
Ons stemme in die Vervuilde eens mooi land tel nie,
Alles is vir Hulle, Se Hulle spring moet ons vra hoe hoog.

gatgogga ·

Dalk wil Cyril self die Brownies kry deur die verbod op te hef.
Dan word hy mos onthou deur die gekke as die een wat die verbod opgehef het, nie die een wat die verbod ingestel het nie.

Pieter ·

Johann Rupert se pa Anton word direk betrek by die moord op dr. Verwoerd (Volksverraad boek). ‘n Mens sal verwag dat hy nie teen die ANC sal optree nie.

Pampoen ·

Ek glo dit nie vir ‘n oomblik nie ….. Net soos ek nie die Bird Island storie glo nie ….

Erica ·

Ek glo ook nie die Bird Island storie nie. Maar weet nie van die nie. So ek sal gaan op soek en lees.

Adam Adriaan ·

ANC(CR en kie) was seker bamg dat die redes( vir die skielike ommswaai) in die hof sou uitkom. daar is altyd ‘n rede vir sulke optredes. En ek glo dit is daardie ding wat alles oopmaak. Die R

JohanR ·

Ek glo weer dat skilpaaie gaan ‘n hof geding bring dat Nkosasana Dlamini-Zuma hulle ‘n slegte naam gee omdat hulle nie meer die stadigste reptiele op die aardbol is nie!

Alida ·

Batsa sal gou agterkom hulle hou hulle aan n lyntjie. Bring die aansoek voor die hof asb en kry klaar.

Nell ·

Jou hare sal rys as jy van al die agteraf “wheeling and dealing” moet weet. Politiek, soos ons almal weet, is soms maar ‘n morsige affêre.

Janc ·

Vir al wat ons weet, het hulle seker ‘n datum gegee oor die lig van die tabak ban. Hopenlik is dit die rede waarom Batsa anders besluit het!

Hendrik Petrus ·

Moenie BATSA kwalik neem nie, onthou hulle tree in BATSA se belange op en nie rokers se belange nie. Rokers is ‘n maklike teikengroep aangesien hulle nie georganiseerd is nie. Die regte pad is myns insiens om self n organisasie te stig , bydraes in te vorder , advokate aan te wys, tensy daar ‘n paar is wat pro bono wil optree en dan die regering aan te vat. Tans is ons rokers soos ‘n klompie lammers in ‘n hok wat ter slagting gelei word. Moenie kla nie, neem julle lot in julle eie hande en begin organiseer !

Boortor ·

Soos ek se, ons stoom en raas en wil almal vermoor van woede! Maar wat doen ons? Net mooi niks. Ons praat maar net weer.

Cherokee ·

Ek is bly jy gebruik die woord ‘ons’ en nie ‘julle’ nie. Almal ‘praat maar net weer’ en hoop op iemand ànders om iets te doen.

Sarel ·

Hierdie ” Ding” het ontaard in ‘n Politieke Magsstryd en dit gaan nie meer oor die ” Korona” Virus nie. Die ??? is besig om die land se ekomomie te vernietig, die bietjie wat nog oor was..
” Rus my siel jou God isxKoning”

Gawie ·

Ek sien almal wat hier kommentaar lewer wil onmiddelik net die ergste vermoed. Hoe is dit dat die Afrikaner nou maar eenmaal nie iets positiefs in enigeiets kan raaksien nie?
Het enigeiemand dalk gedink dat hier iets positiefs by kan betrokke wees? BATSA is deel van ‘n baie groot internasionale maatskappy, en sal hulle nie maklik deur die regering om die bos laat lei nie. Soos ek dit sien, dui die feit dat hulle bereid is om met die regering te ondehandel daarop dat daar werklike grondliggende redes is waarom die takverbod verleng is. Baie van die mediese mense wat hiermee te doen het stem saam dat rook een van die dinge is wat die grootste negatiewe impak op die herstel van pasiënte het.
Komaan Afrikaners, wees bietjie positief vir ‘n slag! Dit kan dalk net vir jou ‘n nuwe ondervinding wees!

Vanessa ·

Tensy daar in die brief geskryf staan dat hulle dit heroorweeg het om weer sigarette “legal” te verkoop om dan weer na 4 dae te sê hulle het besluit om weer hul siening te verander, want om eerlik te wees na dit wat gebeur het kan ek niks meer glo wat hulle sê nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.