ʼn Vrou is Donderdagoggend dood toe sy vermoedelik van ʼn perd afgeval het in Shongweni buite Durban.
“Volgens inligting van die toneel het ʼn bejaarde vrou op ʼn perdrit gegaan toe sy vir ʼn onbekende rede van die perd afgeval het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Botha het gesê toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die vrou op die grond met lewensbedreigende beserings aangetref.
“Paramedici het die vrou op ʼn ventilator geplaas en begin om noodhulp toe te pas. Ondanks al dié pogings is die vrou op die toneel dood.”
Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Is daar nie ‘n tyd in ‘n mens se lewe waar jy besluit sekere dinge is verby nie? Ek weet bejaardes wil nog die lewe geniet, maar daar is perke. Ou bene breek maklik en herstel stadiger hoe ouer mens word.
Hoe oud is “bejaard”? Daar word deesdae na enigeen bo 55 as bejaard verwys
Ek hoop nou netnie hulle skiet die perd weens die voorval nie! Sy moes vir haarself kon dink wat kan gebeur as sy afval op haar ouderdom.
Mense!! 55 is nog jonk.
Als behalwe bejaard.
..of moet mens nou op 50 ophou leef en in jou stoeltjie sit en wag vir jou dood?