Belangrike dokumente in Kaapstad in die slag

Die brand het Donderdagoggend in die kantoor van die openbare beskermer uitgebreek (Foto: Verskaf)

ʼn Brand het Donderdagoggend in ’n stoorkamer in ’n kantooropset van die openbare beskermer (OB) in Kaapstad uitgebreek. Belangrike dokumentasie wat in dié stoorkamer gestoor word, is heeltemal deur die brand vernietig.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, sê die brand het net voor 09:00 in die stoorkamer uitgebreek. Die stoorkamer is op die vierde verdieping van die gebou in Waalstraat in die middestad van Kaapstad geleë.

“Net nadat die brand uitgebreek het, is die hele gebou ontruim. Bemanningslede van die brandweerstasie in Roelandstraat het die brand begin blus en die vlamme is teen 10:00 heeltemal geblus,” het Carelse bevestig.

Volgens Carelse is die meeste van die dokumentasie wat in die stoorkamer geberg is, deur die vlamme verteer.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is geen beserings aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is in hierdie stadium onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Elinette ·

Hmmmmmmmmmm ….. was die OB dalk besig met die een of ander ondersoek wat iemand dalk in die warm water kon laat beland het?????????

Misky ·

Dalk is daar iets wat iemand nie wil hê moet deur andere gesien word nie…. Die OB is baie in die nuus nou

Drico ·

Net die stoorkamer op die 4de verdieping wat brand?!
Ja, nè!!

Jr ·

Makes you think doesn’t it. Ja nee laat ons maar liewerste stilbly. Mens het nie nodig om n vuurpyl wetenskaplike te weet wat rêrig aangaan

JohanR ·

Word documente nie op ‘n hardeskyf gehou op soe 5 verskilende plekke of het die ANC nog nie tot 40 percengter gewoorder nie. Die mense wat vorms moes invul vir ‘n geeer liksensie kom dit moes op ‘n komper in gevul het en dit dan -submit. Dar sal dan nie 250000 stukkes vorms op ‘n gebou se vloer le nie!

Moeilikheid ·

Ek wonder net die feit dat daar nou belangrike dokumente gebrand is hmmmmmmm stuur almal vir polygraaf toetse onmiddelik.

Kokerboom ·

Hoe gerieflik!!!Skuldiges lag van oor tot oor. Viva ANC, viva SA

Janine ·

Hoe gerieflik…. Tewyl die OB byna daagliks in die nuus is. Dink hierdie lot werklik almal se IK is laag?

Anel ·

Niks om te ondersoek nie. Net iemand!! Ons het almal seker ‘n slaagsyfer van mwer as 30%.

Mariana ·

Ek ruik ‘n rot. Darem wonderlik hoe goed skielik brand.

Sarel ·

Wel…die dokumente moet dan ook Elektronies gestoor wees.?

anko ·

n Mens kan dink wat jy wil, maar kan nie altyd sê wat jy wil nie

Jack ·

Die land brand en so ook die bewyse van skuldiges. Sabotasie dis al en dit sal n meeloper wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.