Belastingseisoen begin eersdaags

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het belastingbetalers aangemoedig om van eFiling gebruik te maak wanneer die belastingseisoen op Maandag, 1 Julie 2019, begin.

Die SAID het gesê belastingbetalers kan hul opgawes deur eFiling of die SARS MobiApp indien.

Persone wat bystand van personeel benodig om hul belastingopgawes in te dien, kan eers vanaf 1 Augustus by die SAID-takke aanklop. Die sluitingsdatum vir persone wat van ʼn SAID-tak gebruik maak, is 31 Oktober 2019 – ʼn baie korter belastingperiode.

Die sluitingsdatum vir nie-voorlopige belastingbetalers, wat van eFiling of die SARS MobiApp gebruik maak, is eers 4 Desember 2019.

“Ons wil belastingbetalers graag aanmoedig om eerder van die twee digitale kanale gebruik te maak,” het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, gesê. “Dit is 24/7 beskikbaar, bied bykomende kenmerke en dis ook nie nodig om in ʼn lang ry te staan by ʼn SAID-tak nie.”

Memela het gesê die SAID wil belastingbetalers daaraan herinner dat almal nie ʼn belastingopgawe hoef in te dien nie. Persone wat aan die volgende kriteria voldoen, hoef nie ʼn belastingopgawe in te dien nie:
– Algehele jaarlikse inkomste is minder as R500 000
– Ontvang ʼn inkomste slegs van ʼn enkele werkgewer vir die volledige belastingjaar
– Het geen ander vorm van inkomste (bv. motortoelaag, inkomste uit ʼn onderneming/belegging, huurinkomste, belasbare rente of inkomste van ʼn ander werk) nie
– Het geen ander bykomende toelaatbare belastingaftrekkings om te eis nie (bv. mediese uitgawes, uittredingsannuïteitsbydraes of reistoelaes)

Voorlopige belastingbetalers se sluitingsdatum via eFiling is 31 Januarie 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cindy ·

My opgawe reeds aanlyn ingedien en my terugbetaling ontvang! Uitstekende diens!

Sandy Botha ·

Hoe het jy dit reggekry? Die belastingseisoen begin eers Maandag 1 Julie. Was dit op die mobi app of op e-filing?

Dries du Toit ·

Waaat jou terugbetaling moes seker vrek klein gewees het. SARS skuld my al vir 4 jaar. Hulle stuur my gereeld dokumentasie wat se hulle betaal my binne 3 tot 4 dae. Dit het my lewe al verwoes

cynthia ·

ook myne gedoen nou net het deur gegaan op efilling vinng en maklik

Gerrie ·

Cindy,hoe hoe het jy dit reggekry as hulle eers Maandag oopmaak

Cindy ·

Ek het my wagwoorde kaan verander en gesien my 2019 opgawe is reeds gelaai. Ingevul, gestuur en reeds afgehandel. Ek het wel agtergekom dat sekere funksies nog nie werk nie, soos “Other Claims”. Ek neem aan dit sal eers reggestel word teen 1 Julie.

Dankie ·

Dankie vir die inligting, ek het sopas myne ook ingedien. Mooi man!????????

Poppie ·

Hoekom is julle so voor op die wa??? Wag asb tot 1 Julie om jul opgawes in te dien wanneer efiling amptelik begin. Alle funksies sal eers dan in plek wees, intussen moet jul nie kla as die stelsel nog nie reg werk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.