Beleid oor kaderontplooiing draai nou in hof

Die hooggeregshof In Pretoria. (Foto: Twitter)

Die amptelike opposisieparty het Vrydag “oorlog verklaar” en hofstukke by die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria ingedien om die ANC se kaderontplooiingsbeleid ongrondwetlik en onwettig te laat verklaar.

John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie, sê dié regstappe is “histories” en “ongekend” aangesien dit die eerste keer ooit is dat die ANC se eie beleid in die hof betwis word.

“Die DA verklaar oorlog teen die ANC en met die manier waarop hy as ’n kriminele sindikaat optree,” sê die opposisieleier.

Die DA se hofstukke bevat glo bewyse oor hoe die ANC kaderontplooiing gebruik het om openbare hulpbronne te misbruik en om aanspreeklikheid te ontduik. Die bewyse steun sterk op die ANC se kaderontplooiingsnotules vanaf 2018 wat verlede jaar bekend gemaak is sowel as verskeie persone se getuienis voor die Zondo-kommissie na staatskaping.

Die DA het ook die ANC se eie beleidsdokument “wat uiteensit wat kaderontplooiing is en hoe dit gebruik word vir staatskaping” by die hof ingedien.

Die party beoog om met dié dokumente te bewys dat die regerende party se kaderontplooiingskomitee én kaderontplooiingsbeleid strydig met die Grondwet is en dus ongeldig verklaar moet word.

Die party wil ook hê dat die ANC se kaderontplooiingsbeleid strydig met artikels 9, 10, 11 en 12 van Hoofstuk IV van die Staatsdienswet verklaar word.

“Deur die beleid van kaderontplooiing aan te val, ruk die DA die hart uit van die ANC se nasionale demokratiese revolusie – sy sosialistiese doktrine wat sê dat die ANC die staat moet beheer en die staat moet die ekonomie beheer,” verduidelik Steenhuisen.

“Kaderontplooiing is nie net ideologies gemotiveer nie. Kaderontplooiing is ook die meganisme waardeur die party patronaatskap in die vorm van hoogbetaalde poste uitdeel aan kaders wat dan op hul beurt fondse en stemme na die ANC kanaliseer.

“Kaderontplooiing het ons samelewing geweldig benadeel, veral die armes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marius ·

Daar was tot dusver nog nie een Kader wat iets goed vir die land gedoen het nie.

Henry ·

Stem saam. Ek kan nie glo dat die anc mense aanstel wat geen benul het van die werk nie maar omdat hulle anc stem moet hulle aangestel word. Dit is een rede hoekom RSA vanaf 1994 tot niet gegaan het.

A ·

Dis soos daai toneel in Avengers wanneer Thanos verduidelik dat hy die edelstene gebruik het om die edelstene te vernietig.

Dries ·

Ek wil so graag he hierdie afduime moet verduidelik hoekom hulle afduime gooi

Misky ·

Hoeveel ANC kaders is tronk toe in die laaste 27 jaar? Die een of twee wat wel skuldig bevind is, is tronk toe en maand of twee later vrygelaat. Hulle dreig mekaar en sal sing soos kanaries as hulle maters nie help nie.

JohanR ·

Ummmmmm Tony Yengeni is tronk toe. John Block is tronk toe. Jacob Zuma is tronk hospitaal toe. Nee dis al van my kant af.

JM ·

Uiteindelik, na 28 jaar, word die rûe reguit gemaak teen die kriminele ANC regering! Hoog tyd! Die landsburgers het waaragtig genoeg gehad!

annie ·

Die ANC benut die gr00t bevolking met getalle wat daagliks in hospitale en oor grens aangevul word. Werkloosheid is ‘n pluspunt om hierdie tipe misdrywe uit te bou en die wanbalans te verstewig. Misdrywe is volgens die ANC iets wat iewers elders in SA gepleeg word, nooit in hul midde nie. En daar is altyd ‘n verduideliking vir die verkeerde… Gee die gereg net eers kans om die saak so uit te dun oor tyd dat ‘n dwarrel dit saam met die kaf verwyder… die plaaslike dienste was met ete.

DieKriek ·

Ja, maar almal wat nie n kader is nie of iewers hoog in die ANC is nie, is nou arm. Dié wat voorheen net arm was, is nou in sak en as.

Herman L ·

Dit is hoog tyd dat daar iets gedoen word om hierdie gruwelike misdaad stop te sit! Mag die DA suksesvol wees hiermee.

JohanR ·

Is kader ontplooing soos om ‘n ANC motorwerktuigkundige gesondheids minister te maak…..en daar is al die hospitale in die land in hulle kannonie in!

Jaco ·

Lekker jobs vir kaders is maar dieselfde as die ou SA se lekker jobs vir lede van die Broederbond

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.