Beloning uitgeloof ná Ceres-plaasaanval

‘n Pamflet van die beloning.

ʼn Beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagtes wat ʼn 52-jarige boer van Ceres in die Wes-Kaap Maandagaand wreed aangeval het.

Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof, het ʼn pamflet op sosiale media gedeel van verdagtes wat moontlik verbind kan word met die aanval op Izak van der Merwe. Cameron het versoek dat die pamflet wyd gedeel word in ʼn poging om die mans op te spoor. Die beloning behels R10 000.

Maroela Media het vroeër berig Van der Merwe word tans in die intensiewesorgeenheid van die Mediclinic Panorama behandel nadat hy tydens die aanval sowat 20 keer met ʼn mes gesteek, herhaaldelik met vuiste en knopkieries geslaan is, geskop is, met kabelbinders vasgebind en kleefband om sy kop gedraai is.

Pierre van der Merwe, Izak se seun, het vroeër gesê die aanval is glo deur een van sy pa se seisoenswerkers van Lesotho en sy broers uitgevoer. Hy het gesê die boerdery gebruik elke jaar sowat 63 werkers van Lesotho vir arbeid op die plaas.

“Die werker was die een wat my pa altyd gehelp het om die mense in Lesotho te organiseer. My pa het Maandagoggend vir hulle gesê dat die boerdery weens die droogte vanjaar nie aartappels en uie gaan plant nie. Hy het vir hulle ʼn keuse gegee of hulle wil teruggaan Lesotho toe en of hy hulle in spanne kan indeel,” het Pierre verduidelik.

Die een span sou dan twee dae werk en die ander span drie dae, omdat hulle dit nie kon bekostig om almal voltyds te laat werk nie. Pierre vertel sy pa was die aand omstreeks 19:00 in die plaas se winkel besig toe die aanval plaasgevind het.

Hulle het kontant, plaastoerusting en die winkel se geldboksie gesteel. Hulle het die winkel geplunder en toe gevlug en Van der Merwe vir dood agtergelaat. Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Leahim ·

Ek hoop julle los nou die buitelanders uit en af van julle plase en begin met meganiserring al is dit vir n begin op klein skaal

RC ·

Of boere moet saamstaan en werk aan blankes gee wat werkloos is, dan sal hulle nie vermoor word nie. Daar is soveel van ons mense wat enige werk sal doen.

Gerhard ·

Kyk jy kan dit maar soveel keer se as wat jy wil, maar oor week of maand van nou hoor jy maar net weer so iets gebeur. Mense leer nie. Stel dan voor hulle gebruik arm Afrikaners dan hoor jy net hoe sleg wit werkers glo is. Jy kan net iemand help wat gehelp wil word.

Chrisjan ·

Leahim
Dink bietjie mooi wat gaan gebeur as boere nog meer meganiseer. Meer werkloses, meestal swartes. Hulle moet eet en leef. Maak self die som, Maroela verwyder my kommentaar as ek dit uitspel.

Botterblommetjie ·

Ek n blanke en werk hard, gee my beste want ek trots… my werk my Cv voor God…my man hetm klein los besigheid en werk hard om werk te kry en kry jong blankes om te help. Nie baie geld nie, sonR650 n week, want hyself sukkel om werkies te kry. Hy moet oorhoofste koste dra as iets kry en toerusting verskaf. Hulle daag nie op nie, dreig hom, en werk aspris stadig en gebruik almal n substance… onbetroubaar en steel sy goed soms, leen geld en betaal nie terug nie…. ja ons blankes… my nasie… so hy moet noodgedwonge van ander kleure gebruik maak…. ek haat omstandighede tans in SA en wil my nasie help.., gee n duvet en moet hoor waar is nog… gee blanke dame weerk in huis en raai.. sy krap in my kaste…. soooo ek doen dit self….

Sally ·

Leahim…ek dink nie meganisering is die antwoord nie. Dalk is dit beter om die werklose Afrikaanse mense aan te stel. Dit is beter vir die hele gemeenskap want dit skep werk, en meer werk = beter ekonomie. Maar ek vermoed dat ons land se wette vir minimum loon beteken dat dit duur is om SAners aan te stel en dus is die buitelanders goedkoper.

ECT ·

@Leahim – hou op twak praat oor meganisering!!!!!!!!

Eerstens, dit kos derduisende rande, wat die meeste boere in die Wes-Kaap (wat tans onder drukkende, knellende, moordende DROOGTE gaan) NIE HET NIE!!!!!!!

Tweedens, nie alle tipes boerderye KAN GEMEGANISEER WORD NIE vanweë die tipe landbou-produk wat gelewer word. Daar is een moewiese verskil tussen ‘n mielieland of koringland wat meganies geoes word, teenoor sagtevrugte en druiwe (tafeldruif) wat met die hand gegradeer, gesorteer en geoes word.

KRY DIT TOG IN JUL KOPPE, MEGANISEERDERS!!!!

Chrisjan ·

Ek wens die boer alle voorspoed en ‘n volkome herstel toe.Die’ is ‘n geval van ‘n hond wat sy baas wat hom kos gee byt.Boere moet net ontslae raak van immigrante wat hulle in diens het want dis die grootste bron van onheil op plase.

Woedend ·

Moet die pamflet nie daarop hê: “Wanted for attempted murder” nie?

RC ·

Hoekom business robbery???? Dit is poging tot moord. Hulle het beplan om hom te vermoor en hom vir dood agter gelaat.

Anoniem ·

Wys hul foto’s! Iemand moet ‘n datasentrum begin, ons moet mense afneem op straat, malls, ens. Stuur foto’s met datum, dorp of ligging na sentrum. Daar moet gekyk word of hul misdadigers, onwettiges, ens is. Ons moet tegnologie soos selfone, ens gebruik.

AP ·

Nou wat probeer jy se Tom, maggies waarvoor moet hulle beskerm word, kyk hoe lyk die man aangerand en jy wil die oortreders beskerm, hoekom?

Koos ·

Ek dink Tom bedoel dit tong in kies. Hy kan dalk nie glo dat Maroela die aanvallers wys gebaseer op hul kleur nie

@ AP ·

Tom was sarkasties, want gewoonlik word die moordenaars net “mans” of “kwaaijongens'”genoem sonder enige gesig of beskrywing.

Chris Ws ·

Ek is baie bky die boer het oorleef.Mag hy vinnig en volkome herstel.
Ek hou baie van die beloning wat aangebied word.Daar behoord by elke plaasmoord ‘n groot beloning te wees dan sal ons sien hoe draai die terroriste en hul families teen mekaar!

Mel ·

Ek sê ook wys die goed se foto’s , sulke wreedaards hoort ni op straat ni, jy sal nooit weet of hul langs jou staan iewers ni, dankie maroela nou kan mense op di uitkyk wees.

Frikkie (Nie pienk) ·

Jammer vir Mnr v/d Merwe en hoop hy word gou gesond. Maar, deur werkers vanaf Lesotho aan te ry Ceres toe, stel hy eintlik al die boere in die omgewing se lewens in gevaar. Wat verhoed hul om Mnr v/d Merwe se buurman te gaan vermoor, en dan heel kalm terug te keer werk toe??

ECT ·

@Frikkie (Nie pienk) – boere hier moet mense ‘invoer’ om plaaswerk te doen, want die Kaapse plaasvolk is oor die algemeen lui (ek veralgemeen, nè?) omdat hulle een na die ander SASSA-toelaag” kry vir haas elke ondenkbare “menslike aanwins” (soos die desjaarse Departement van Volkswelsyn na al die buite-egtelike kinders wat staatsgeld getrek het, verwys het). Omdat van hulle so lekker “pay” vir niks werk nie, wíl hulle nie werk nie en daarom moet die boere “honger” mense van Lesotho en selfs Noord van die Limpopo invoer om op die vrugte- en tafeldruifplase gedurende seisoentyd te werk.

Jay ·

Blankes in Suid Afrika moet begin saam staan en die aandag van die buite land kry. Die rede hoekom Germany jare gelede weg gekom het met baie van wat hulle gedoen het was oor daar nie die wete was in ander lande nie. Ek bly in die VSA en ek sê julle mense hier al wat jy hoor is hoe rassisties on wit mense in SA is. Begin saam staan maak julle monde oop en begin aandag trek.

Ja ne ·

En wat van die wat op Facebook gese het hoe die boere dit verdien, en hulle moet nou boet oor wat hul oupas ens aan hulle oupas ens gedoen het. Dit gaan nie stop nie. dit gaan nie oor hulle wat nie werk het of kos het om te eet nie. hulle roof huise en boere met die opset om aan te val, nie goedere te steel nie

Johanna ·

Ek kan nog steeds nie glo nie. Die saak wat ondersoek word: Business robbery. Kaptein van Wyk, woordvoorder van van die polisie, kan dit waar wees. n Man verloor byna sy lewe en julle onders soek n roof?

Theresa ·

Pamflet te ordentlik. WANTED FOR ATTEMPTED MURDER .
Ek is oortuig Tom het bloot geskimp dat dit weird is dat die mense gewys word.
Dit word altyd gevra, maar word nie gedoen nie.
Wel, hier is ‘n goeie presedent geskep.
So sal die skuim vinniger iewers opgemerk word.
“Boksie” lyk al te gelukkig. Hoop hierdie wrede “mense” word gou gevang en gevonnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.