Bendelid gaan langer as ʼn halfeeu sit

Nealon Redhouse en Deon Harmse tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Raahil Sain / ANA

Die veroordeelde moordenaar en berugte bendelid, die 21-jarige Nealon Redhouse, sal in sy 70’s wees voor hy uit die tronk vrygelaat word.

Redhouse is Maandag skuldig bevind op aanklag van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie, waarop die polisie beslag gelê het toe hy in Julie 2016 in Stuurmanstraat in Bethelsdorp in hegtenis geneem is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Redhouse is agt jaar tronkstraf opgelê vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie waarvan vier jaar gelyklopend met ander langer vonnisse uitgedien sal word. ʼn 9 mm-pistool, koeëlvastebaadjie en twee selfone is gekonfiskeer.

Naidu het gesê dié vuurwapen word verbind met verskeie ander sake van moord en ernstige misdade. Redhouse dien reeds tronkstraf uit vir moord.

Hy is in Februarie verlede jaar effektief tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir twee moorde wat in November 2015 gepleeg is en ʼn reeks bykomende aanklagte.

Redhouse en Deon Harmse (24) is in Julie verlede jaar gevonnis vir die moord op die 12-jairge Aliya “Angel” Tee. Hulle is elkeen effektief tot 30 jaar tronkstraf gevonnis in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Hulle is vroeër skuldig bevind vir die skolier se moord en poging tot moord op haar ouers, Candice en Edmund Tee.

Hulle is ook skuldig bevind op aanklagte wat verband hou met voorvalle waar hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het en huisbraak met die doel om moord te pleeg.

Die twee is tot 89 jaar tronkstraf gevonnis waarvan 30 jaar effektief uitgedien sal word. Redhouse se vonnis van 18 jaar vir die moorde in 2015 sal eers begin ná hy sy 30 jaar tronkstraf uitgedien het.

Naidu het gesê Redhouse sal dus effektief 52 jaar in die tronk deurbring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eureka ·

Wonderlike nuus vir die naasbestaandes en wetsgehoorsame mense!! Jammer die vonnise is so skaars vir ernstige misdade. Maar dit is darem ‘n begin in die regte rigting.

Laksman ·

Die belastingbetalers betaal en betaal en betaal! Die regstelsel het te sag geraak met moordenaars!

Zaks ·

R167.33 x 18980 = oor die 3 miljoen rand tax payer geld. Dit vir n bankrot land. Doodstraf maak baie sin as jy begin bereken soos enige normale mens n land se budget bestuur of groei.

Stebastiaan ·

Dis nie die ouers wat die kinders gefaal het nie. Die sogenaamde vader nm het mos die kind meer regte gegee as die ouers en nou pluk ons die vrugte daarvan. Hulle word mos op skool geleer jy moet jou pa by die polisie aangee as hy jou slaan. Bende geweld het totaal hande uitgeruk en dit moes aan moedersknie al gestop gewees het. Maar ‘n wet is mos’n wet. Die reg het sy loop geneem na hoeveel hartseer en verdriet.

MJ ·

Kyk waartoe is hy instaat as bendelid buite die tronk…. wat gaan hy doen en regkry binne die tronk as lid van ‘n bende?

SjN ·

Dan tel sy stem dieselfde as n wetsgehoorsame burger. Red so land.

Charlie ·

Om lid van n bende te wees en feitlik “straffeloos” geweldsdade te kan pleeg is opwindend vir so n jong man.
Nou is hy gevang en gestraf vir sy dade en gaan hy as n OU MAN, sonder om die lekker in die lewe te kon ervaar, uit die gevangenis kom.
Dit is nou as hy sy gevangenisstraf oorleef.

Wilma ·

Good for him. Voorbeeld gemaak van hom. Dis die pad wat elke krimineel moet loop. Sal wonderlik wees

ES ·

Dis die langste vonnis wat ek al van gehoor het. Dit maak ongelukkig die twee manne geensins bang nie. Hulle gaan status in die tronk verower. Daar is mos niks om te vrees in die bank nie.

AmY ·

Dis omdat ‘kinders van kleintyd af regte het.’
Nou het hy sy lewe ‘weggegooi’, en ons belastingbetaler gaan nou vir hom sorg.

Bella ·

Ja hy kan nou grade verwerf terwyl hy gevoed en geklee word en alles kom uit ons belastingbetalers se sakke. Siek, siek, siek!!

humor ·

Ek waarborg hy sal hom nie in die gevangenis kan gedra nie en skudig aan alle moontlike oortredings maak. So hy sal langer as 52 jr daar vasgepen wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.