Beplande plaasaanval in KZN afgeweer

Die verdagtes was in besit van twee vuurwapens waarvan die reeksnommers afgevyl is, asook ammunisie. (Foto: Verskaf)

Lede van ʼn multidissiplinêre span wat veediefstal teenwerk het Vrydag ʼn beplande plaasaanval naby Vryheid in KwaZulu-Natal in die wiele gery en twee verdagtes in hegtenis geneem.

Kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, sê lede was met roetineverpligtinge besig toe hulle inligting ontvang het van ʼn voertuig met twee insittendes wat glo op pad was om ʼn plaasaanval uit te voer.

“Met die operasionalisering van sodanige inligting is die twee verdagtes in ʼn hoek vasgekeer en langs die R69-pad in hegtenis geneem.

“Die verdagtes was in besit van twee vuurwapens waarvan die reeksnommers afgevyl is, asook ammunisie.”

Volgens Netshiunda dui voorlopige ondersoeke daarop dat een van die verdagtes op die polisie se soeklys was vir sake wat verband hou met ʼn plaasaanval en die roof van ’n vuurwapen en selfone. Die rooftog het op 22 Julie in Paulpietersburg plaasgevind. Hy is ook in verband met ʼn plaasaanval en ʼn aanklag van poging tot moord gesoek ná ʼn voorval in Louwsburg – ook in Julie vanjaar.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 40 jaar oud, sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Nog voorheen benaadeelde wat onskuldige huidige benaadeelde jag soos diere vir redes waaroor ek net kan spekuleer want dit is nie polities korrek om die feite aan die groot klok te hang nie.

Grassie ·

Goeie werk deur die polisie. Dit is goed om te sien dat daar tussen al die ellende deur nog goeie polisiemanne ook is.

Niklaas ·

Knap gedaan SAP. Dis goed om sulke nuus te lees. Nou moet die regstelsel en die toepassing van strawwe net so doeltreffend en effektief wees. Anders is alles tevergeefs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.