Beskermde SA-bome maak dalk plek vir Chinese projek  

‘n Kremetartboom. (Foto: LekkeSlaap)

Meer as 109 000 bome, waaronder talle beskermende kremetart- en maroelabome, kan dalk in die slag bly as die beplande Energie- en Metallurgiese Spesiale Ekonomiese Sone (EMSEZ) in Limpopo gevestig gaan word.

Dit blyk uit die finale omgewingsimpakstudie deur Delta Built Environmental Consultants, wat verlede maand uitgereik is. Delta se kliënt is Limpopo se Agentskap vir Ekonomiese Ontwikkeling maar die projek spruit voort uit ʼn bilaterale nywerheidsooreenkoms tussen Suid-Afrika en China. China beoog om dié massiewe ontwikkeling van 8 000 hektaar tussen Musina en Makhado teen 2024 te voltooi.

Die EMSEZ-projek is deur die nasionale regering goedgekeur en sal voorkeur-belastingtoegewings en voorregte ontvang om buitelandse beleggings aan te moedig. Dit sluit bedrywe soos ferrochroom-, ferromangaan-, staal- en sementfabrieke in sowel as ʼn 3 300 MW steenkoolkragstasie wat teen ʼn beraamde R247,8 miljard opgerig sal word.

Om dit te laat gebeur sal derduisende bome, waarvan 5 670 kremetart- en 55 934 maroelabome afgekap moet word. Die kremetart is ʼn ikoniese, Afrika-savanna-boomspesie met ʼn lang leeftyd en wat as ʼn bron van voedsel, vesel en medisyne bekend is in die gebiede waar hulle groei. Kremetartprodukte word al honderde jare regoor Afrika verhandel en die poeier en olie wat uit die vrugte verkry word, word regoor die wêreld verkoop. Dit kan egter tot 200 jaar neem voor ʼn kremetartboom sy eerste groenbruin fluweelagtige peulvormige vrug lewer.

Dr. Sarah Venter van die Baobab-stigting het onlangs in die media gesê dat bome deel van die Venda-kultuur is en selfs as heilig beskou word. “Die geestelike betekenis wat die bome inhou sal ondermyn word en ek kan nie glo dat die Venda-mense, wat die kulturele bewaarders van hierdie landskap is, sulke onheil sal verdra nie.”

‘n Maroelaboom. (Foto: Brett Hilton-Batber/Krugerpark)

Die verwydering van die bome sal volgens Venter ook ʼn groot impak op die oorblywende omgewing hê omdat diere staatmaak op die bome en die mikrohabitat rondom hulle. “Die landskap se estetiese waarde, veral met betrekking tot toerisme, sal ook geknou word en hoewel die moontlikheid bestaan dat van die bome elders hervestig kan word, sal dit professioneel gedoen moet word en daar sal ten minste ʼn vyfjaarplan gereed moet wees om na die verskuifde bome om te sien.”

Inwoners van die streek en belangegroepe is reeds geruime tyd in opstand teen die projek en kommentators op die Facebook-groep, Save our Limpopo Valley Environment (Solve), draai lankal nie meer doekies om oor hoe hulle oor die voorgenome ontwikkeling voel nie. Die beplande boomsloping was eenvoudig die laaste strooi.

Wally Schultz skryf onder meer: “Ons moet saamstaan om hierdie ontwikkeling te stop. Ons sal nie geboelie of gebulldozed” word nie.” Makoma Lekalakala van Earthlife Africa sê in sy kommentaar: “Ons het ʼn verpligting om nie ons Limpopo-vallei en hierdie gebied deur gierigheid te laat vernietig nie.”

Die Limpopo-regering het die projek intussen tydelik gestop. In ʼn skrywe aan Delta sê die provinsie se departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme prontuit dat die impakstudie-verslag onvolledig is en dat meer inligting benodig word om ʼn ingeligte besluit te kan neem.

Die omgewingskonsultante is ook aangesê om hul kliënt in te lig dat die projek nie kan afskop voordat die uitstaande kwessies aandag gekry het nie. Die departement het verder versoek dat ʼn lewensvatbare alternatiewe terrein gevind word en dat die openbare deelnameproses weer moet plaasvind om voorsiening te maak vir die inwoners wat die streek se inheemse tale praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Potifar ·

Eers Corona, en nou ons bome. Soos n plaag sprinkane word Afrika se bronne verorber.

johan ·

Ja so sal hul alles uitroei . Het geen benul van niks. Van hierdie land sal oor ‘n paar jaar niks oor wees nie. Kry seker ‘n klomp geld in iemand se sak. Dit is al wat saakmaak.

Samuel ·

Skandelik!! Suid-Afrika is in die Chinese se sak en Chinese geld is in die ANC kaders se sakke. Die regering het geen sin vir omgewingsbewaring nie.

Francois Le Cochon ·

Sjina het ‘n 300 jaar ekonomiese plan, en dit sluit ontwikkeling in Afrika in. Dit moet as ‘n gevaar gesien word, eerder as hulp.

Aikie ·

Onse liewe goewerment moet nie dink hierdie projek gaan ‘n werkskeppende projek wees nie. Die Chinese gaan hulle eie werkers oor bring en die paar joppies wat wel uitgedeel gaan word is die skoonmakers en houthakers.
Intussen gaan hulle alle waarde uit die ongewing skeur sonder aansiens des persoons of vir enige eksentrieke waarde van ons pragtige omgewing. Wanneer hulle ons land klaar verkrag en verwoes het, pak hulle op en gaan huis toe, want dit is nie hulle land nie en ons kinders sit met ‘n nuwe woestyn.

Chris dupreez ·

Gierigheid, dit is niks anders nie, en die ding is dat hulle die plek gaan toegooi met die chinese werkers en maar min mense van limpopo

Steve ·

Dis wat gebeur wanneer terroriste in regering met hul meesters se korrupsie inval. Die demone se dag van afrekening kom hopelik spoedig

Steve ·

Ons squirrel en sy korrupsie is op dieselfde vlak as as dit se leermeester zuma. 5 jaar gedeel in zuma se korrupsie nou vervolmaak hy dit

Barend ·

Dis hoekom daar ‘n Sjinese kader is om die marionette te bestuur

Francois ·

Hierdie projek moet summier teengestaan word, en ons almal moet in opstand kom hierteen. Hou op met Moeder Natuur mors!!!

daniel ·

Die ANC en ander kruipers van chinese sal die land vernietig terwille van n paar dollars en kastige vriendskap wat tenbeste eensydig is.
Dit moet gestop word voordat dit te laat is.

JM ·

Gierigheid ontsien niks wat kosbaar en heilig is nie! Verwoes, ter wille van geld!

Corne123 ·

Ja nou kom china sy kragplant opsit en so maak hulle reg om die hele land te vat.PS die anc wil grondhervorming doen passop china gaan hele land vat

Michiel ·

Ek dog kolonialisme van westekant was so erg en het soveel skade gedoen, wat noem ons hierdie van die oostekant af ?

Johan ·

Herontwikkel bestaande plekke…wat van al die tuisland industrië wat oral so leeg staan…hoekom nou nuwe plekke opdons! Die een moet ons beveg.

Hoekom ·

Laat my dink aan die bekende woorde: “China WILL grow larger.”

Jack ·

Dis tragies om in n wereld te leef waar spesifiek china aan die voortou staan van menseregte vergrype. Deur die land se habitat te wil vernietig het die gevolg dat die mens se bestaan bedreig word. Geld kan nie die wanbalans in die ekologie herstel wat eeue geneem het om te ontwikkel nie. Wanneer gaan die mense van afrika leer dat hulle in die wereld is om hulself te beskerm en nie net alles te vernietig nie. Waar dink hulle kom suurstof en water vandaan?

maria ·

Suid Afrika sowel as Afrika in geheel word stuks gewys aan china weg gegee. Leer ons regering dan nooit nie.

Coenraad ·

Ook Chinese wat op groot skaal bome in Suidwes/Namibië afkap!

Karina ·

Die kommunistiese regering handel met hulle mede kommuniste om Suid Afrika te vernietig deur hul geldgierigheid. Diere, omgewing, alles word voor die voet uitgeroei vir geld. Landwyd moet daar gekla word omdat die Chinese so oorneem.

Tanja ·

Waarom ń nuwe aanleg? Wat van Saldanha? Chinese is besig om Suid Afrika kaal te stroop! Ek ondersteun geen Chineese winkel nie, daar was eers net 1 in ons dorp nou is elke 2de winkel ń Chineese winkel met gemors, ek dink dit is net ń front vir krimeneele bedrywighede.

Elize ·

Hulle goggas is alles opgevreet nou gaan hulle ons natuurlewe kom uitroei!

deHAS ·

Nee, daar is reeds baie geboue is persele wat gereed is vir werkskap. Is dit goedkoper om ‘n nuwe plek te bou as om bestaandes te koop of te huur, dan bou maar nog een??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.