Beskuldigde in Gardee-saak borgtog geweier

Sipho Mkhatshwa, Philemon Lukhele en Mduduzi Nkala staan tereg vir die moord op Hillary Gardee. Dié foto is tydens ’n vorige hofverskyning geneem. (Foto: EFF)

Een van die beskuldigdes in die Hillary Gardee-moordsaak is Woensdag borgtog in die Nelspruit-landdroshof geweier.

Die landdros het in sy uitspraak gesê dat Sipho Mkhatshwa nie aan die vereistes voldoen om op borgtog vrygelaat te word nie.

Die hof meen daar is geen bewyse van buitengewone omstandighede wat sy vrylating regverdig of dat dit in die belang van geregtigheid sal wees nie.

“Die beskuldigde het versuim om enige onafhanklike bewyse van onskuld te lewer, of die geldigheid van die staat se saak in twyfel te trek.

“Om dié redes sal borgtog nie toegestaan word nie en word dit geweier.”

Hillary Gardee se liggaam is op 3 Mei buite Mbombela gevind. (Foto: Facebook)

Monica Nyuswa, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê die hof het ook bevind dat sy vrylating die staat se getuie in gevaar kan stel.

Mkhatshwa staan saam met Philemon Lukhele en Mduduzi Nkala tereg op aanklag van sameswering tot moord, ontvoering, verkragting, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.

Lukhele en Nkala sal op 8 Augustus in dieselfde hof om borgtog aansoek doen.

Die 28-jarige Gardee, dogter van Godrich Gardee, voormalige sekretaris van die EFF, se liggaam is op 3 Mei buite die stad aangetref. Sy is in die agterkop geskiet en R1 300 is in die tyd nadat sy vermis geraak het, uit haar bankrekening onttrek.

Die EFF het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hoewel die party verlig is oor die uitspraak, is dit skreiend dat ander beskuldigdes wat op dieselfde dag in verband met geslagsgebaseerde geweld in die hof verskyn het, op borgtog van so min as R500 vrygelaat is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GWS ·

Hoekom nie in alle moord en verkragting sake so streng wees nie? Almal verdien tog dieselfde respek!

domheks ·

REGSTELSEL een GROOT GRAP! Verkragting is verkkragting! Dit help nie julle is bekommerd oor GBV nie, en dan kry een borg en die ander nie.
Wonder hoekom julle so gou kan aankla vir verkragting in die saak – maar daar is ‘n helse agterstand in DNS toetse? Is die toetse vinnig gedoen? Wil graag die antwoord by Cele kry. Hy was mos daar.

Keelvol ·

As jy anc of eff hoog geplaaste is kry jy spesiale behandeling.

Johan ·

Die EFF se naam verskyn so toevallig by die laaste paragraaf. As hierdie beskuldiges van ‘n ander kleur was was die hel los! Optogte by die duisende en alles wat daarmee saamgaan.

Nie Verbaas ·

Nee, dit het niks met buitengewone omstandighede te doen nie. Dit was n kader se dogter. As dit iemand se dogter was wat nie politieke verbintenis het nie was hy uit op borgtog.

Swerwer ·

Dit blyk dat die EFF verhewe is bo ander landsburgers want borgtog word geweier maar as dit iemand anders was het die vuilgoed borgtog gekry. Hierdie dubbele standaarde is regtig verregaande

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.