Beskuldigdes in hof wat olifantjies glo mishandel

Een van die olifante wat glo by Elephants of Eden mishandel is. (Foto verskaf deur die NDBV)

WAARSKUWING: Dié berig bevat foto’s wat sommige lesers kan ontstel en is nie geskik vir kinders nie.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het weer eens ʼn beroep op die publiek gedoen om nié instellings wat interaksie met olifante, of enige ander wilde diere toelaat, te ondersteun nie.

Die oproep kom nadat Lizette Withers en haar medebeskuldigdes Maandag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn het op aanklagte van dieremishandeling. Die saak teen hulle spruit uit die beweerde mishandeling van olifante by Elephants of Eden, ʼn eiendom in die Oos-Kaap wat as ʼn veilige hawe vir olifante beskryf is. Dieselfde eienaars besit ook die Knysna-olifantpark, het die NDBV gesê.

Withers se man, Ian, was siek en het nie in die hof verskyn nie. Volgens die NDBV kan hy in hegtenis geneem word as hy nie by die volgende hofverskyning opdaag nie.

Die NDBV het die klagte in 2014 aanhangig gemaak nadat beeldmateriaal oor die “wrede opleiding” en “mishandeling” van die olifante aan die lig gekom het. Die NDBV voer aan daar is van onaanvaarbare metodes gebruik gemaak om die olifantkalfies, asook jong olifante, op te lei vir ʼn lewe van gevangenskap in die olifant-toerismebedryf.

Die video is volgens die NDBV gemaak op Elephants of Eden se perseel in die Oos-Kaap.

Die saak teen Withers en haar medebeskuldigdes is al verskeie kere uitgestel. Hulle het die hof vroeër gevra dat die saak teen hulle van die rol geskrap word, maar die aansoek is van die hand gewys.

Die saak is tot Februarie uitgestel.

(Foto: NDBV)

Die NDBV sê wilde diere hoort in die natuur en die organisasie is gekant teen die verwydering van olifante uit hul natuurlike habitat sodat die diere vir vermaak mak gemaak kan word.

“Ons glo nie olifante moet opgelei word, aangehou word óf vir vermaakdoeleindes gebruik word nie,” het die organisasie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Maria ·

Laat reg geskied en stem saam diere is om vry te wees nie om geld daarvan uit te maak nie.

Johan ·

Ek is stomgeslaan. Ek kan nie glo wat ek sien nie. Is dit werklik waar!? Maroela, hou ons asseblief op hoogte van díe saak.

Christine vd Westhuizen ·

Wat n skreiende skande dit skree ten hemele

Suzette Geringer ·

Ek sal daarvan hou as Lizette Withers en mede beskuldigdes se gesigte geplaas word sodat almal kan sien hoe lyk ‘n dieremishandelaar. Hoekom word die manne met die stokke en die rugryer se gevrete geblur? Sies – julle is die term “mens” nie waardig nie. Mense doen nie sulke goed nie.

Emma ·

Skande dat mense diere so mishandel ek verafsku dit hulle kan vir my part lang tronkstraf kry

Moppie ·

Dit is werklik n skande dat ordentlike mense so moet optree ek lees baie di Peta wat op tree en skryf ook on waarom Wilde diere in di Wild behoort te wees, en di persoon wat se van n skape word ni keer ngs en toue vas gebind en geslaap met n stok met skerp punte wat hul baie kere in a n olifant se vleis in graffel en hom so seer pyning dis n skande hoop di skuldiges word goed gestraf en dat al di olifante en diere weg gevat word deur di Hof en waarvoor moet hulle gereel word om stupid “Tricks” te doen of hul moet hul dood werk veral oorsee China Japan Thailand en hoop alle diere moet in di wild tuine wees of Game Logde waar hul in di veld loop en hul kossies self kan eet dis ged dat SPCA hul aanvat

Pitty ·

Die saak is 2014 angemeld en nou weer uitgestel? Hoe stadig word hierdie saak hanteer?

Nora ·

“Waar is my ma om my te beskerm teen hierdie walglike mense wat my so seer maak? Is sy vermoor of sommer net van haar weggeneem om my in die hande te kry vir geldelike gewin” Die foto’s van die olifantjies wat gemartel word om hulle onderdanig aan die mens te maak is skokkend. NDBV-personeel, jul ingryping is prysenswaardig en verdien skenkings van miljoene rande van veral lottogeld (wat blykbaar geskrap is, want die welstand van diere is glo nie belangrik) om die lewe van ons mede-bewoners draagliker te maak. Hoop die landdros bring sy/haar kant met ‘n doeltreffende vonnis vir die eienaars (en hul werknemers) wat as behoorlike afskrikmiddel sal dien. G’n simpatie. Elephants of Eden is verseker nie ‘n paradys vir hulle. – Nora

Johan Stoffberg ·

Ek hoop net die DBV gaan nou nie weer die diere uitsit nie!!!!!!!!! sit die mense uit en los die diere.

Koos ·

Laat sy res van haar lewe in tronk deurbring en maak haar hakstene vas aan n paal so ook die medepligtiges sonder kos en water en slaan hulle

Sê sommer net ·

Ek hoop die plek is intussen gesluit en al die diere verwyder. Anders gaan die mishandeling aan terwyl die hof sloer….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.