Besluit oor Hlophe ‘aanval op swart intelligentsia’

Die EFF het John Hlophe geloof vir sy bydrae tot die regbank en die uitwis van rassisme. (Foto: Sinawo Thambo/X)

Die EFF het die parlement se besluit om regter John Hlophe uit sy amp te onthef ten sterkste veroordeel en dit ʼn “polities gedrewe” proses genoem.

ʼn Oorweldigende meerderheid LP’s het Woensdag gestem ten gunste van ʼn mosie om die regter‑president in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Die besluit word nou na pres. Cyril Ramaphosa verwys.

Sinawo Thambo, EFF-woordvoerder, sê die Regterlike Dienskommissie (RDK) se prosesse teen Hlophe was prosedureel onbillik, terwyl die regterlike gedragstribunaal en die RDK albei hul magte oorskry het.  “Die prosedure was onregmatig en het nie aan die wetlike vereistes voldoen nie. Voorts het die Nasionale Vergadering nie dieper in die RDK se bevindings gedelf nie en dit eenvoudig op sigwaarde aanvaar.”

Die EFF beskryf Hlophe se reis deur die regbank as ʼn standvastige verbintenis tot geregtigheid en transformasie: “Van sy nederige begin as ʼn tuinwerker, het hy deur die range gegaan en die eerste swart regter-president van die Wes-Kaap geword”.

“Hy bly een van die mees geleerde regters en regstudente wat ons nog teëgekom het, sy werk is omvattend gepubliseer, hy het die meeste uitsprake geskryf en regspraak in Suid-Afrika noemenswaardig beïnvloed.”

Hlophe het ook ten gunste van werkersregte beslissings gemaak en het volgens die EFF billikheid en waardigheid in die werkplek bevorder. “Breër as individuele sake, het Hlophe ook ʼn transformerende rol in die Wes-Kaapse regbank gespeel, ʼn uiters rassistiese omgewing waar hy diversiteit en inklusiwiteit in ʼn hofstelsel voorgestaan het wat die demografie van Suid-Afrika verteenwoordig,” sê Thambo.

“Hlophe se dapper standpunt teen verskanste rassisme in die regstelsel wys net weer hoekom die staat van beskuldiging ʼn blatante poging is om hom stil te maak.”

Die EFF meen dit is dus belangrik om te begryp dat die staat van beskuldiging verteenwoordigend is van ʼn “sistematiese aanval op swart intelligentsia” in die land en dat dié proses georkestreer word deur ʼn “skadelike alliansie tussen die ANC en die DA”.

“Albei partye vind gemene grond in hul doelwit om ander stemme te onderdruk en die swaarverdiende vordering wat swart Suid-Afrikaners gemaak het, ongedaan te maak.”

Die proses om Hlophe deur ʼn staat van beskuldiging uit sy amp te verwyder, beteken hy is die salaris wat hy lewenslank as regter sou verdien, nou kwyt.

Elf regters van die Konstitusionele Hof het in 2008 al klagte teen Hlophe ingedien en beweer dat hy onbehoorlik in ʼn saak wat met oudpres. Jacob Zuma verband gehou het, ingemeng het. Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het aanvanklik die klagte verwerp, maar ná regstappe is die besluit omgekeer. Ná verdere regsprosesse wat ook jare lank geduur het, is ʼn regterlike gedragstribunaal in 2018 byeengeroep en in 2021 het die tribunaal aanbeveel dat Hlophe uit die amp verwyder word. In 2022 het die volle RDK dié besluit bekragtig en die

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

miraclealigner ·

Ek gee dit so paar weke dan sien ons hoe John Hlophe ook aansluit by dié klomp. Dan het hulle darem iemand om vir ou Dali geselskap te hou…

Andre ·

…die Guptas het klaar vir hom gesorg!
Hy en Jacob gaan bure wees in Dubai.

Martie Smartie ·

Hys mos ‘n kader die Hlope. Ontplooi hom net weer ek sê.

KB ·

Ek ervaar dat die EFF altyd net dwars is…net om snaaks te wees, soos ʼn stout tiener.
Ek wens hulle wil net volwasse word.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, hy het net regters in die grondwethof probeer beïnvloed. Dis mos nie verkeerd nie, of hoe?

Net-my-opinie ·

….watse intelligensie? En daar speel hulle die raskaart. Niks anders rasioneel om te bied nie.

JohanR ·

Man EFF Hjophe was vir jare nutteloos. Julle sal ook altyd teen die stroom swem!

Charles ·

Seker die intelligentsia wat hierdie land so laat uitblink op talle tereine…

Jaco ·

Solank die EFF en die ANC van mekaar verskil, selfs al is dit nou ook oor die kleur wat die parlementsgebou se toilette geverf moet word, juig ek, want dit stel onteiening sonder vergoeding en radikale ekonomiese transformasie nog ‘n bietjie uit. As dié 2 partye eendag finaal vrede maak en geen verskille meer het nie, wag daar nag 1000 maal erger as beurtkrag se nag op ons wit mense.

Tewis ·

EFF slaan ń groot slag uit dié wat se weg gejaag word!!
1) Die ooou OB
2) En nou die ooutjie
????????????????

Oosieoos ·

Eff kan net absolute snert praat niks intiligent kom uit hul geledere nie geheelenal onbevoeg verdwyn net

Danie ·

Wat het die gewese regter se goeie werksgekiedenis te doen met sy onwettige optrede en aksies daarna om dit goed te praat.
Daar is niemand in die eff wat nie breindood is nie so dink net watter gemors dit vir SA inhou die dag wanneer die eff n seggenskap het in die regering van die dag.
n Video wat ek onlangs gesien het oor mense se IK en watter groep as “retarded” beskou kan word hou baie waarheid in wanneer ek die derduisende rooi gekledes sien met geen verstand om vir hulself te dink nie.

Raadsman ·

As daar enige intelligensie was, dan het hy nie die sh!t aangejaag nie en integriteit beoefen.

Cherokee ·

Hennie, ‘apartyd’? Herinner ons asseblief, want jy’s die enigste wat weet wat dìt is.

Anon ·

John Hlope het GEEN intergriteit gehad nie en het oneties opgetree. Dit is ‘n welbekende feit dat die regslui aan ‘n streng etiese kode gemeet word. Hlope het hierdie kode geminag was sy gedrag strafbaar gemaak het. Waar val die EFF uit die bus? Hy verdien wat hy gekry he! Good riddance

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.