Betalingsbewys vir Nkandla-geld aangevra

Pres. Jacob Zuma

Pres. Jacob Zuma

Die sakeregtewaghond AfriSake het met regstappe begin om die betalingsbewys aan te vra van die R7,8 miljoen wat pres. Jacob Zuma as gedeelte van die geld wat aan sy Nkandla-woning bestee is, terugbetaal het.

Die presidensie het Maandag in ʼn verklaring gesê Zuma het die bedrag van R7 814 155 aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank betaal met betrekking tot sy privaat woning by Nkandla, soos die konstitusionele hof beveel het. Volgens die presidensie het Zuma die geld deur ʼn huislening op standaardvoorwaardes van VBS Mutual Bank bekom.

Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom, toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het. Zuma is aangesê om ʼn “redelike persentasie” van die geld wat aan nie-sekuriteitsopgraderings bestee is, soos deur die Nasionale Tesourie bepaal, terug te betaal.

Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die hofbevel van 31 Maart bepaal nie dat die geld aan die Reserwebank betaal moes word nie, en die presidensie of Tesourie het dit ook nie duidelik gemaak wanneer die geld betaal is nie. Geen betalingsbewys is verskaf nie.

“Suid-Afrika het nodig om vrede te maak met die Nkandla-sage en om dít te doen, kort miljoene Suid-Afrikaners meer as die woord van die presidensie; ons kort ’n betalingsbewys van die president self,” het Pieterse gesê.

“AfriSake het die betalingsbewys met ’n regsproses ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aangevra. Die presidensie het nou 30 dae kans om daarop te reageer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

30 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mariette Hammann

Miskien kom ons nou by die rede uit waarom Zuma van Praven Gordon ontslae wou raak. Hy wou dalk ook die betalingsbewys sien?

Frederiks

“n Baie goeie idee, Afriforum, want die ou lieg so, dat die sogenaamde terugbetaling waarskynlik net nog ‘n leuen is. Twee weke gelede nog sou een of ander swart sakeforum die geld namens hom betaal. Nou het hy skielik ‘n lening bekom op 73. Watter finansiële instansie sal so roekeloos met die toestaan van lenings wees ?

GES

Mariette, dit kon nie beter gestel word nie. Ons wag in spanning ….

Joey Fourie

Ek kan nie sien hoekom SA vrede moet maak met hierdie saga nie. Al het hy ‘n bedrag betaal, wat in elk geval belaglik min is, bly dit vir my ‘n beginselsaak. Hy beroof SA se burgers, en ek glo dat hierdie “lening” tog op een of ander manier weer deur belastingbetalers befonds word.

Donovan

Ek is bietjie verward op die oomblik… So ek kan maar bedrog pleeg en as ek uit gevang word, en ek betaal my belasting op die geld wat ek verduister het, is alles dan ok… Julius Malema het SARS R14m betaal, maar almal kyk die groot prentjie mis, om R14m BTW te betaal moes die karakter R114m gehak het… En nou betaal Jacob Zuma R7,8m aan Reserwe bank terug vir R240m se swendelary… Man dit gaan lekker in die land van melk en heuning… So ons kan maar op die finansiele veld van RSA maar soos spilonk rowers aan gaan… Lees meer »