Betogers bring Pta-middestad tot stilstand

Talle paaie in die Pretoriase middestad word deur busse versper terwyl nagenoeg 2 000 mense die strate ingevaar het as deel van ʼn betoging deur die Tshwane-metro se busbestuurders oor lone.

Die A Re Yeng- en die Tshwane-busdiens is intussen opgeskort, het Sheila Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir paaie en vervoer, gesê.

“Ander munisipale voertuie, soos vragmotors en trekkers, word ook gebruik om paaie te versper. Die betogers het onderneem om die middestad tot stilstand te bring tot daar aan hul eise gehoor gegee word. ”

Volgens Senkubuge erken die metro sy werknemers se reg om hul ontevredenheid op ʼn verantwoordelike wyse te kenne te gee, maar moet dit nie gedoen word ten koste van die stad nie.

Talle foto’s en video’s word intussen ook op sosiale media versprei wat wys hoe asblikke omgekeer word en strate met rommel bestrooi lê.

“Hierdie is net opportunistiese gedrag. Die onwettige gebruik van stadseiendom, vandalisme en aksies wat dienslewering in die wiele ry, sal nie geduld word nie en diegene wat betrokke is, sal dissiplinêre optrede in die gesig staar.”

Volgens die polisie word talle strate en aansluitings in die stad afgesper deur busse en ander munisipale voertuie, insluitend WF Nkomo- en Kgosi Mampuru-straat, WF Nkomo- en Sophie de Bruyn-straat, WF Nkomo- en Thabo Sehume-straat, WF Nkomo- en Lillian Ngoyi-straat en Johannes Ramokhoase- en Lillian Ngoyi-straat. Die polisie skat dat daar minstens 2 000 betogers is.

Die Tshwane-metro het intussen om verskoning gevra aan pendelaars en inwoners wat deur die betoging verontrief word.

Die stad se inbelsentrums en kliëntedienssentrums is nie ten volle in bedryf nie en inwoners word versoek om diensleweringskwessies per e-pos aan te meld. “Inwoners moet ongelukkig ook vertragings verwag in die hersteltydperke van dienste wat onderbreek is.”

Werknemers van die Tshwane-metro dring op ʼn verhoging van 18% aan. Werkers verbonde aan die vakbond vir munisipale werkers, Samwu, het reeds verlede week in die middestad begin betoog.

“Die stad het besluit om ʼn verhoging van 18% aan alle senior bestuurders te betaal, maar ons as werknemers op laer vlak van die stad word nie die spesifieke bedrag betaal nie,” het Mpho Tladinyane, streeksekretaris van Samwu, gesê.

Maroela Media het vroeër die maand berig dat die Tshwane-metro stil-stil ʼn salarisverhoging van 18% vir senior bestuurders ingestel het.

Die verhoging val saam met die departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) se opgradering van die stad van ʼn kategorie 9- na ʼn kategorie 10-munisipaliteit. Die verhoging is ook bykomend tot die 6,5%- jaarlikse salarisaanpassing wat alle werknemers van die munisipaliteit ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

DeVill ·

Hoe moeilik kan dit nou wees om die busse weg te sleep?! As hulle dit terug soek moet hulle eers ‘n stywe boete en die wegsleep betaal?

Hoekom word hierdie mense toegaalt om te doen wat hulle wil?

NET EK ·

Ek stem saam!! Dus nie asof ons verniet ry nie – ons koop ons kaartjies wat eintlik hul salarisse betaal. Dis mos monkey see – monkey do. Hul net te sleg om te werk!!!

NET EK ·

Ek stem saam!!! Dus nie dat ons verniet ry nie. Ons almal haal geld uit om ons ritte te betaal – in ander woorde ons betaal hulle salaris!!!! Dis mos monkey see – monkey do!!!

M ·

Help nie die Stadsraad sleep die Stadsraad busse skut toe nie. Dan moet hulle dit weer betaal om dit uit te kry.

se maar net ·

DeVill – hoe gaan Tshwane (Metro Polisie) die busse wegsleep en aan hulle self boetes uitreik wat hulle aan hulle self moet betaal… Almal val onder 1 Metro

Willie ·

Kyk hierdie Pretoria is n regte Tshwane, deur en deur… die DA net so swak soos die ANC..alles gaan agteruit!

Liberaal ·

Dis hulle menseregte om te doen net wat hulle wil, linkse waardes skep chaos.

Chaos ·

Mense wat in die Pretoria se middestad omgewing werk moet prober om vroeër huis toe te gaan om die chaos te vermy. Motoriste is vasgeval in die betogings van vanoggend af en dit kan later vererger wanneer die taxi’s by die betogings aansluit uit “simpatie”. Baie werknemers van Staatsdepartmente word hierdeur geraak en moet probeer reël om weg te kom van die middestad af.

Tante ·

As jy n werker is en jy hoor die top bestuur kry 18% verhoging sou jy nie ook woedend geraak het en ook gestaak het nie?. Hoekom moet net die groot menere so uitspattige verhoging kry so mors die DA regerende stadsraad ons geld en vreet hul vet en werkers moet krummels kry . Nes die ANC plunder DA ook belastingbetalers se geld en als bly vervalle.

Riana Engelbrecht ·

Ek voel ook die topbestuur kan nie alleen verhogings kry en die ouens wat dit regtig nodig het, kry niks nie…en dan nogal so “stil-stil”. dit was moes nou moeilikheid soek.

Kiwi ·

Daar gaan nog beleggings! ROMMELSTATUS, en daar is die bewys! Die wat werk het, WIL NIE WERK NIE!!!!!

Adri ·

As oud-Pretorianer verstaan ek nie die berig nie, omdat ek geen koekie se idee het waar die strate toe is nie. Nog nooit daarvan gehoor nie. Nee wat, hulle kan maar die stad se naam ook verander – dit is nie meer Pretoria nie.

Joke! ·

Hul hulself noem mos die dorp eintlik Tshwane….
Planet of Tshwane kan Suid Afrika se weergawe wees vir n nuwe rolprent sommer net daar geskiet in die middel van die dorp met al sy rommel en aksie en manewales!!
Hoe betreurenswaardig pateties verby kan jy kry?

Slagyster ·

As hulle nie toegelaat word nie is daar ‘n burgeroorlog op die horison.

Grompie ·

Mooi baie mooi hoe wonderlik kom die mense se kleure uit.Breek af steek brand en dit sal beter gaan sê jul leiers wat n klomp ongelooflike intellektuele ek bewonder hul insig en visie.Skitterende leiers wat jul volg met n verhewe logika om nie eers te praat van julle morele en opregte doelstellings wat deur negatiewe gedrag n positiewe uitkoms wil bewerkstellig.Elke slag as ek so iets lees staan ek stom en verbysterd.

JDeer ·

Los hulle maar… hulle is besig om baie vining hulle eie bruggies te verbrand waaronder hulle so lekker skuil. Wie laas te lag gaan die lekkerste lag, en ek sien baie daarna uit .

Robert ·

Ek sal ook betoog as ek moet hoor daar was ‘n 24% verhoging en die stad gaan agteruit. Dis eenvoudig diefstal van belasting betalers se swaar verdiende geld.

wilma ·

Ek kan en wil geensins goedpraat wat hier gebeur nie. Neem egter in ag dat senior bestuurders stil-stil ‘n 18% verhoging gekry het bo en behalwe die 6.5% wat alle werkers gekry het. Werkers kry 6.5% en bestuurders (is almal dit werklik werd?) 24.5%! G’n wonder hulle kom in opstand nie.

M ·

Al die Stadsraadwerknemers is woedend hieroor. Weer eens kry die wat werk niks, en die klomp wat heeldag meetings hou ry met hul blink motors rond. Hoe sal julle voel as jy weet jou bestuurder kry meer as R100,000 ekstra en jy ‘n R1 0000.

Tilla ·

Hulle maak soos hulle wil. Hoeveel mense kon nie vanoggend by die werk kom nie en indien wel, hoe kom hulle by die huis. Al hulle ekstra kostes vir taxis ens waar moet dit vandaan kom. Baie van hierdie mense het vir die afgelope jaar of twee nie ‘n sent verhoging gekry nie maar die stadsraad baklei oor sulke buitensporige verhogings.

Pieter ·

Ek kan nie glo al die strate in die berig kan ‘n mens in ons dorp Pretoria kry nie. Moet seker ‘n ander plek wees want in ons dorp het dinge baie goed gewerk en ‘n mens kon baie veilig in die dorp rondloop. Nou bly ek maar baie ver weg van die nuwe skobbejakdorp met sy vrot bestuur.

ZET ·

Op ons munsipale rekening word gewys ons betaal sodat die stad skoon gemaak word.
Ek was in baie jare nie in daai hool, vir wat moet ek betaal vir sy skoonmaak?

George in Bloem. ·

Wat is dit met hierdie mense en die asblikke? Mis ek iets? Rerig?

Johanna Botha ·

Geen wet en orde nie ! Pta val letterlik en figuurlik uitmekaar !

GATVOL ·

Betaal buskaartjie om tussen Steve Biko en woning te pendel weens aiekte, maar bestuurder weier om my by busstop by Malanstraat, ingang na Steve Biko, af te laai. Moet stap van Adcockstraat af. Is dit nie ‘n staking werd om nie van die busdiens gebruik te maak, dan sien ons waar kom hulle salarisse/verhogings vandaan. Van die busbestuurders so onbeskof. Hulle gaan aan asof hulle ons ‘n guns bewys, maar ons betaal vir die diens.
Om klagte te lê lei tot niks, maak dit net erger.

Gert van Wierdapark ·

Die besluit wat die DA geneem het om die topstruktuur met 18%te vergoed, was ondeurdink, onvanpas en onnodig. Enige mens met “common sense” sou hul daar-teen adviseer het, maar nee, lyk my die “self in die voet skiet” episodes hou net aan!!!

Clipper ·

Wat het die topbestuur gedoen om die 18% verhoging te regverdig?

Boertjie ·

Wat my de vieste in maak, is dat as jy ongelukkig is met iets, hoekom de swernoot moet jy ander mense se lewens vir hulle omkrap? Al wat jy doen is om simpatie vir jou saak te verloor, aangesien die breër publiek jou nie jammer kry nie, maar de swerkater in raak omdat jy, staker, nie net staak nie, maar almal in die rondte verontrief met jou belaglike en kleinlike optrede. Jy, staker, dink nie vooruit aan die gevolge van jou protesaksie en blokkades nie. Noodvoertuie word ook geblok, deur jou, staker, se kortsigtige optrede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.