Betogers in Nederland ruk op oor aandklokreël

Betogers ruk op by 18 Septemberplein in Eindhoven. (Foto: ROB ENGELAAR / ANP / AFP) / Netherlands OUT)

Chaos het die naweek in Nederland uitgebreek toe honderde betogers opgeruk het nadat dié land se regering ’n aandklokreël ingestel het in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan.

Die aandklokreël geld tussen 21:00 saans en 04:30 soggens en is voorlopig tot 10 Februarie ingestel.

In reaksie hierop is ’n Covid-19-toetssentrum Saterdagaand in die dorp Urk, sowat 80 km noordoos van Amsterdam, aan die brand gesteek. Hierna is verskeie motors Sondag in die suidelike stad Eindhoven aan die brand gesteek en ondernemings geplunder.

Die polisie het Sondag honderde betogers in dié stad met traangas verjaag. Minstens 30 betogers is in hegtenis geneem.

John Jorritsma, die burgemeester van Eindhoven, het aan verslaggewers gesê hy dink Nederland is op pad na ’n burgeroorlog indien die land “op dié pad voortgaan”.

‘n Winkel is ook Sondag in Eindhoven geplunder. (Foto: ROB ENGELAAR / AFP) / Netherlands OUT)

In Amsterdam het die plaaslike polisie waterkanonne gebruik om betogers te verjaag. Voorvalle is ook in Den Haag, Breda, Arnhem, Tilburg, Enschede, Appeldoorn, Venlo en Ruremond aangemeld.

“Die brand [by die toetssentrum] in Urk oorskry alle grense,” het Hugo de Jonge, minister van gesondheid, Sondag gesê.

Die aandklokreël is Donderdag deur die Nederlandse parlement aanvaar. Oortreders van die aandklokreël word deur ’n boete van 95 € (sowat R1 745) in die gesig gestaar. Meer as 944 000 bevestigde gevalle van Covid-19 is reeds in Nederland aangemeld met meer as 13 600 Covid-19-verwante sterftes.

Restaurante en kroeë in Nederland se deure het reeds in Oktober tydelik gesluit te midde van die Covid-19-pandemie, waarna skole en nie-noodsaaklike winkels in Desember toegemaak is.

’n Verbod op vlugte vanaf die Verenigde Koninkryk, Suid-Afrika en Suid-Amerika is intussen ingestel weens vrees oor nuwe variante van die virus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Ek praat nie geweld goed nie, maar ek verstaan nog die brand by die Covid-19 toetssentrum, want dis ‘n “simbool” van die staat wat nou mense met die aandklokreël “onderdruk”. Wat ek egter nie verstaan nie, is watse motief die betogers het met die uitbrand van ander gewone mense se motors en die plundering van gewone mense se besighede? Die eienaars van dié motors en besighede is waarskynlik ook ongelukkig oor die aandklokreël.

twaalfboor ·

Lyk my “volk mentaliteit” is ń internasionale pandemi.

Die Goodwoodianer ·

Hulle is seker nie gewoond aan sulke betogings nie en dink dus nou “O, wee! Hierdie is die ergste!”

annie ·

Dis nou behoorlik ‘n tjortsspulletjie in die beduikte landjie… so ryk maar tog so selfbehep. Net nou die dag ‘n spul Hollanders op ‘n kano op ‘n spelende walvis in Hermanus se baai sien afpyl om hom ook ‘n lessie te leer? Almal op die wal het die hasepad gevat om nie die einde te aanskou nie. Vol bravado, soos die taal wel luikdkeels aandui, maar sjoe… ok maar mens, nè?

Stefan ·

Tydens apartheid het hulle persies geweet hoekom ons opstande het.
Lyk my nou is hulle nie meer so ‘slim’ nie.

twaalfboor ·

Wonder wat die betogers gaan skree? Police brutality of rasisme? Lol.

Johan ·

Ons behoort ook te betoog teen die diktatorskap…dis nonsens. Wie dink die regering is hulle om mense so te beperk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.