Betoging buite hof waar Cremer-verdagtes verskyn

Tientalle vroue het buite die Athlone-landdroshof betoog waar die Cremer-moordverdagtes verskyn het. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Twee van die drie mans wat beskuldig word van die moord op Meghan Cremer het Donderdag hulle aansoek om borgtog in die Athlone-landdroshof laat vaar.

Jeremy Sias, Charles Daniels en Shiraaz Jaftha is in hegtenis geneem kort nadat die liggaam van die 30-jarige Cremer op 8 Augustus by ʼn sandmyn in Philippi ontdek is.

Sias en Daniels het aangedui dat hulle nie aansoek gaan doen om borgtog nie. Jaftha se borgtogaansoek word op 11 September voortgesit.

Cremer het op 3 Augustus spoorloos verdwyn. Vyf dae en ʼn uitgebreide soektog later, is haar liggaam by die sandmyn gevind. Sy was ten volle geklee en ʼn tou is om haar nek vasgemaak.

Nog betogers buite die landdroshof. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Dit is nog onduidelik of sy seksueel aangerand is.

Sias (27), Daniels (39) en Jaftha (34) is in besit van Cremer se wit Toyota Auris gevind. Hulle staan almal tereg op ʼn aanklag van moord.

Buite die hof het tientalle vroue betoog en geëis dat die drie agter tralies bly.

Hulle het “geen borgtog” gedreunsing en plakkate gedra waarin gevra word dat vroue saamstaan in die stryd teen geslagsgeweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

smurfie ·

Ek is sooooo trots op die vroue!
Dis hoogtyd dat ons witmense saamstaan en ook begin betoog

Stan ·

Bly om te sien daar is vroue wat standpunt inneem. Glo dat massa aksie teen hierdie monsters wel ‘n verskil sal maak.

Manie van Worcester ·

Jy seker nie ernstig, sy is wit, dit maak haar vyand van staat

Waldo ·

Cremer is wit, so dit tel nie…
Oh, en dus kan die ook rassisties wees…

Jozi ·

Teleurstellend dat sommige mense vergeet dat die kern van hierdie berig gaan oor die wrede dood van ‘n jong dame.
Wie pluk nou die raskaart uit?
En nee, ek glo nie enige massa aksie gaan ‘n verskil maak nie.

Johan ·

ANC vroue-liga skitter in hulle afwesigheid.
Stel net belang as daar n wit man is wat agter tralies kan beland.

Magda ·

ANC Vroue Liga waar is julle – O JA vergeet WIT vrou wat vermoor is – Julle is ook goed vir NIKS – Dankie aan almal wat opstaan – GEEN BORG – GEEN BORG ASB

Thea ·

Ek sou ook daar wou wees ! mag die wrede misdadigers hul straf kry en meer !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.