Betoging woed in Limpopo; twee dood

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Gewelddadige betoging het Maandag in Northam, Limpopo, ontstaan nadat ʼn mynwerker Sondag in die gebied doodgeskiet is.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn lid van die mynwerkersvakbond Amcu is Maandagoggend tydens die betoging op die Northam/Thabazimbipad met ʼn assegaai doodgesteek. Betogers het ook voertuie op die toneel aan die brand gesteek.

Die betoging het vermoedelik ontstaan nadat ʼn werknemer van die Northam-platinummyn en lid van die vakbond NUM, Mthetheleli Zefunele (45), Sondag omstreeks 15:20 ook in die gebied in die kop geskiet is. Die skieter het te voet gevlug en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Motoriste word aangeraai om liefs die gebied te vermy. Lede van die openbareorde-polisie word tans in die gebied ontplooi,” het Otto gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Gert ·

Goed Maroela Media, as julle nie wil publiseer wat ek gesê het nie, laat ek dan eerder se “julle stouters!!!!!!!”

Theuns ·

Ag nee ou Gert man, gun Maroela ‘n “Tea Break”. Die pad is die pad na “Op die koppie” toe! Gelukkig is die “geroesemoes” nie nou daar nie.

Gert ·

Nee, dit is by die afdraai na Sataria en Amandelbult op die Thabazimbi – Northam teerpad. Oppie Koppie is op die Swartklip – Northam pad (verby Swartklip). Hierdie insident is ongeveer 20km van Oppie koppie af soos die ‘kraai vlieg’

vierkleur ·

Hoe gaan die moordenaars in die choas opgespoor word? Wat sal hulle eendag as anargie in die land uitbreek, keer om nie voor die voet mense dood te maak nie?

Johan ·

Soos wat ek op die fotos sien is dit by Amandelbult kruis na Northam Platinum se Zondereinde myn.

Theuns ·

Sorry Gert en Johan. Julle is reg. Maar ek is naby genoeg. zwat is n paar kilometer tussen vriende? Groete

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.