Betogings in Rustenburg oor water

Inwoners van Geelhoutpark in Rustenburg het die besig Dr Morokarylaan versper tydens ʼn betoging oor water (Foto verskaf/ANA)

Inwoners van Geelhoutpark in Rustenburg in Noordwes het Vrydag Dr Morokarylaan versper en water geëis.

Takke en klippe is by alle kruisings op die pad geplaas en verkeersvloei na die middestad en N4-snelweg ontwrig. Die inwoners voer aan hulle is al ʼn week lank sonder water.

Die Rustenburg-munisipaliteit het gesê hy is bewus van die probleem en sal watertoevoer na die betrokke gebiede herstel.

“Kragonderbrekings het ʼn negatiewe impak gehad op ons vermoë om ononderbroke watertoevoer te verskaf,” het David Magae, woordvoerder van die munisipaliteit, gesê. “Dit het hoofsaaklik pompstasies geraak wat nie tydens die kragonderbrekings kon werk nie en die stelsel het dus nie water bevat wat na huishoudings versprei kon word nie.”

Magae het gesê die munisipaliteit het Dinsdag met die betrokke inwoners vergader en planne uiteengesit wat ingestel sal word, waaronder ʼn sekondêre verskaffingskanaal wat waterhoeveelhede sal verhoog en die las op die vereiste watervlakke sal verlig. Die watertoevoer sal na verwagting teen Vrydagmiddag herstel wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.