Beurtkrag bedags terug

(Argieffoto: Parker Coffman/Unsplash)

Fase 1-beurtkrag het Vrydag om 05:00 weer in werking getree omdat Eskom beplande instandhoudingswerk moet doen om “klein opwekkingsfoute” reg te stel.

Fase 1 duur tot Vrydag om 16:00, waarna fase 2 tussen 16:00 en Saterdag om 05:00 sal geld.

Eskom sê hy sal mettertyd verdere besonderhede oor die vooruitsig vir die langnaweek bekend maak.

Beurtkrag is vroeër in die week verskeie kere deur die dag opgeskort danksy “verbeterde opwekkingskapasiteit”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Karoo ·

It’s a never ending story…. die enigste land in die werwld wat met Beurtkrag sit en ons presedent staan net bak hand.

Jakkie ·

Ag ek glo al lankal nie meer wat Eksdom sê nie!! Seker weer te warm.

Papsak ·

Ag asb nog elke nag so drie keer af julle moet by pluk wanneer wil julle dit eindig wat nou weer fout ag asb julle gee my n kramp waar ek hom nie wil he nie

Dirk ·

Basta! Hulle aand en morepraatjies het nog nooit ooreengestem nie. Dis alles ‘n klug.

Samuel ·

Wat Eskom eintlik wil sê, is dat ons verhoogde beurtkragfases moet verwag oor die langnaweek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.