Beurtkrag Dinsdag tydelik opgehef

(Argieffoto: Andrey Metelev/Unsplash)

Beurtkrag word Dinsdag van 09:00 tot 16:00 danksy “verbeterde beskikbare opwekkingskapasiteit” en “minder onklaarrakings” opgeskort.

Onklaarrakings beteken 13 577 MW kapasiteit is in hierdie stadium nie beskikbaar nie, het Eskom Dinsdagoggend gesê.

Fase 3-beurtkrag tree Dinsdag om 16:00 in werking en duur tot Woensdag om 05:00.

“Eskom hou die stelsel fyn dop en sal vanmiddag verdere besonderhede gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Boer ·

Hou die beurtkrag in werking en maak dinge dan ordentlik reg, Julle kan die beurtkrag die naweek ligter maak sodat ons na die wêreldbeker rugby kan kyk.

SwartBees ·

Eskom, ek smeek julle, asseblief, moenie ons die naweek straf met loadshedding nie. Piets ons in die week met watookal fase beurt krag maar gee ons krag die naweek om die RWC te kan geniet sonder om n beurtkrag skedule dop te hou.

Dirk ·

Yes SwartBees, naweke is die ligpunt van die week. Ons soek regte ligte saam met dit.

Josua ·

As beurkrag hervat na 16h00 vandag dan het Eskom dit mos nie opgeskort nie net verminder, as dit opgeskort of tydelik opgeskort was sou daar mos geen beurtkrag gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.