Beurtkrag fase 2, 3, 4 ons voorland

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Dinsdag die jongste vooruitsig vir beurtkrag vir die week bekendgemaak.

Fase 3-beurtkrag sal Woensdag en Donderdag van 05:00 – 16:00 toegepas word. Tussen 16:00 en 00:00 op dié twee dae sal fase 4-beurtkrag toegepas word.

Eskom verwag dat laer fases beurtkrag oor die naweek toegepas sal word sodra kragopwekkingseenhede aangeskakel word.

Sedert Maandagaand het ʼn kragopwekkingseenheid elk by Arnot, Camden en Kusile-kragstasies kortsluitings beleef of moes afgeskakel word vir herstelwerk. ʼn Eenheid elk by Kusile en Kendal-kragstasies is aangeskakel.

Eskom het tans 3 934 MW op beplande instandhouding en 14 867 MW van kapasiteit is weens onvoorsiene omstandighede nie beskikbaar nie.

Die kragvoorsiener waarsku dat beurtkrag oor die volgende paar weke steeds toegepas sal word indien kragopwekkingstekorte voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Leon ·

Hierdie spul verskonings raak nou net belaglik. Die werkers is nou byna 2 weke terug, terwyl hul toe maar net 7% aanvaar het…maar steeds woed beurtkrag voort.

Ek begin ook nou de Ruyter se vermoëns betwyfel…sy dae is binnekort getel by Eskom (wanneer daar nuwe narre in die ANC dans), maar wat het hy nou eintlik uitgerig in die afgelope twee en ‘n half jaar?

Christine ·

Leon, hy het jou krag soveel as moontlik aangehou deur al die sabotasies. Jy is ondankbaar.

Keelvol ·

Wat vir my opvallend is, is die feit dat andre de ruyter net eenvoudig nie sê nie wanneer beurtkrag gaan eindig nie. Dit wil vir my voorkom asif ons nou permanent met beurtkrag sit.

Witbaard ·

Maak jou maar reg vir permanente beurtkrag, tot die sisteem heeltemaal ingee.

Marilize ·

Ja Nee, TOEMAAR. Kan nie eens die datums regkry nie…..

Pensionaris Sedgefield ·

Verhaal koste van staking van stakers. Hulle verwoes die ekonomie en mense se lewens en daar is geen gevolge vir die onwettige stakers behalwe hoër salarisse.

DieKriek ·

Volgens my app is Fase 3 en Fase 4 PRESIES dieselfde. Dink hulle nou ons kan nie lees nie?

VaalDonkie ·

Met Fase 4 is daar meer areas wat gelyk af is. Maar ja. Dit verander niks aan my ervaring nie.

Nico ·

Raak ontslae van de Ruyter en al die ander wat net daar sit en niks doen nie, maar kry elke maand ‘n groot salaris en ‘n jaarlike bonus.

Hercules ·

en volgens ingeligte bronne is eskom die hoogs betaalde staats onderneming in SA :-(

Dries ·

Ek is nog altyd vies dat Eskom nie beurtkrag toegepas het met laas Saterdag se toets nie.

LANA is ELANè ·

Op die tydstip maak geen beurtkrag skedule sin nie, as daar elektrisiteit is werk jy dat dit klap en as dit af is, sit jy ewe gehoorsaam en wag dat die mafia tog net weer hul belastingbetaler bietjie genade sal toon deur jou weer ñ beurt van toegang tot die kragnetwerk sal gee.
Ons kan tog nie belastinggeld van die mafia weerhou of sê ons gaan nie vir ñ onbetroubare diens betaal nie, want hulle het die hef in die hande en ons moet maar tevrede wees met hul krummels.

Hercules ·

Eskom, de Ruiter en ander werknemers van die SOE, in die naam van Jesus beveel ek julle om nou in lyn te kom met God se woord, dat julle, julle werk na behore sal doen en krag verskaf aan SA soos dit moet sonder beurtkrag, Amen & Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.