Beurtkrag maak mense die vieste in

Eskom se Kusile-kragstasie. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Gevoelens van woede, afsku, vrees en hartseer onder Suid-Afrikaners het tussen 13 en 16 April vanjaar bykans verdubbel, vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar.

Die sondaar? Beurtkrag.

Prof. Talita Greyling, ’n welstandsekonoom by die Universiteit van Johannesburg (UJ), het navorsing gedoen oor hoe die beurtkragkrisis Suid-Afrikaners se emosies beïnvloed.

Sy het bevind dat negatiewe emosies veral toegeneem het met die aankondiging van fase 6-beurtkrag vroeër vandeesmaand, asook bespiegeling dat ’n ongekende fase 10 dalk binnekort ’n werklikheid kan word. Greyling het verskeie bronne en metodes vir haar studie gebruik, onder meer Suid-Afrikaners se reaksie op Twitter oor die instelling van beurtkrag op Twitter.

“Fase 10-beurtkrag sal beteken dat burgers oor ’n tydperk van vier dae (96 uur) slegs 40 uur krag sal hê. Blydskapsvlakke het merkwaardig afgeneem van ’n gemiddeld van 6,8 (in 2022) tot 6,6,” het Greyling oor haar studie gesê.

“Mense is kwaad oor die tekort aan elektrisiteit en die ongerief wat dit veroorsaak. Hulle is bang dat hulle hul werk kan verloor en dat dit ook tot ’n gebrek aan gehalte-onderrig sal lei, aangesien leerders nie toegang tot noodsaaklike dienste soos ‘lig’ het om te kan leer nie. Hulle toon ook weersin teenoor Eskom en die regering om die probleem op te los terwyl hartseer toeneem weens ’n bleek vooruitsig op die toekoms.”

Greyling sê voorts dat verhoogde beurtkrag ’n sterk verwantskap met verhoogde inflasiekoerse en swak ekonomiese groei toon – wat alles tot die vermeerdering van negatiewe gevoelens en emosies bydra.

“Hoewel alle emosies in ’n land aanwesig is, kan toenemende negatiewe emosies lei tot optrede soos gewelddadige betogings en burgerlike onrus. Positiewe emosies soos vreugde en vertroue kan weer dien as ‘aktiewe bestanddele om negatiewe emosies te hanteer en ten spyte daarvan te floreer’.

“Navorsing toon dat ‘hoop’ ’n noodsaaklike element van positiewe emosies is. Uit ’n beleidsoogpunt kan ‘hoop’ gekweek word deur duidelike deursigtige planne bekend te stel om beurtkrag te takel.”

Greyling sê hoewel negatiewe emosies nie ’n regstreekse maatstaf van geestesgesondheid is nie, hou dit wel dikwels met gevoelens van depressie en ’n verlies aan belangstelling in die lewe verband.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Heinrich ·

Jip, hulle plan werk goed, want hulle almal eet nog te lekker. President het sy kop in ‘n gat in die grond daaroor en daar is geen aanspreeklikheid tussen drie ministers wat almal vingers na mekaar wys nie.

Koos 100 ·

My grootste verbasing is dat hierdie ou wat bekend staan as CR die president van SA, aangaan asof daar geen fout is nie. Hy sê daar is nie onmin tussen die ministers nie, wel dan is dit so in sy oë. Hy word uitgevang waar hy openlik lieg, BOSSASA en sy seun, geld in ‘n rusbank, en hy gaan aan asof niks fout is nie! Hy is vir my ‘n groter bedreiging as Zuma!

Republikein in die Wes Kaap ·

Tussen al die klagtes deur ploeter die bevolking voort en betaal getrou belastings. Wanneer sal die realiteit insink dat die huidige staatkundige bedeling nie werk nie.

Theunis ·

Ek stem saam, die mislukte toepassing van die grondwet is so opsigtelik en ons almal word daardeur negatief benadeel, maar nog steeds sal ons die ekonomie sonder enige twyfel ondersteun, hoekom, sekerlik moet ons, ons prioriteite verander waarop ons, ons energie spandeer.

Amelia ·

En waar en wat doen die minister van elektresiteit ook net daar vir die hemels hoe pay

TruthDealer ·

Al wat ek kan aanbeveel is, kry n tipe kuns/stokperdjie wat jy by kerslig kan doen. Verf, maak ornamente, brei, hekel ens. Die produkte kan jy dan probeer verkoop vir n ekstra geldjie. Want regtig mens kan nie net hande gevou sit en wag vir die krag om weer aan te kom nie, mens sal mal word van verveeldheid. Bedags, diegene wat die fisieke krag het kan tuinmaak, selfs n groentetuin. Weinig dinge maak mens so depressief as om net te sit en wag.

Samuel ·

Kobus Wiese se voorstel van ‘n klas aksie teen die regering is miskien nie so vergesog nie. In elkgeval lees niemand ons gemor en gekla nie. Ek is ook meer as gefrustreerd.

Koos 100 ·

Samuel, die probleem is dat die regering jou en my geld vat om jou te baklei, en verloor hulle moet hulle jou betaal met jou en my geld.

Republikein in die Wes Kaap ·

Juis daarom lag die buitewêreld vir Afrikaners, Koos.

Martie Smartie ·

Doen eerder navorsing oor iets wat ons nie weet nie. Navorsing wat algemene kennis is, is sinloos.

Pietertjie ·

Iewers klink die somme nie reg nie. Elke fase van beurtkrag verteenwoordig omtrent 2 uur per fase, dus tot 16 uur per dag sonder krag. Fase 10 gaan 14 uur per dag sonder krag beteken ( 24-(40/4)). Of moet alles op ‘n 30-dae siklus bereken word?

anko ·

Jammer dat elektriese/-troniese toestelle beskadig word en versekering vanaf Junie hul bybetaling gelig het wat nie vir almal bekostigbaar is nie. Toestelle is ook baie duur om te laat herstel of te vervang, want uitbuiting vind plaas. Ministers is nie opgewasse vir hul poste nie. Stel mense aan wat iets weet van hul portefeuljes. Ongelukkig beskerm hulle mekaar want hulle is bang dat iemand iets gaan kwyt raak wat hul groot salarisse dan gaan uitvlieg by die deur

Theunis ·

Yip, skrywe reflekteer korrek, hoe dan anders as om te sien dat ons huidige lewenskwaliteit en toekoms nou met ‘n spoed verpletter word deur ‘n regering wat onkundig, hopeloos, skelm en onbaatsugtig is, demokrasie se voet. Nog steeds sal daar mense wees wat nie fout vind en weereens hulle stemme gaan plaas by dieselfde party in ’24, dit kan dan ook met wees omrede die persone self baat vind uit die situasie of “niemand is so blind soos iemand wat nie WIL sien nie”

Koos 100 ·

Net ‘n regstelling. onbaatsugtig moet lees selfsugtig.

Manie ·

Diegene wat op koopkrag is, doen die volgende toets: Ons weet wanneer die krag afgaan, neem die lesing net voor dit afgaan en skryf dit neer. Neem dan weer die lesing wanneer die krag aangaan. Sommige mense beweer daar is ‘n verskil, nou waar gaan die krag heen terwyl die krag af is? Ek gaan dit vannaand toets om te kyk of dit waar is.

Suzette ·

Ek het agtergekom en toe seker gemaak. Daar is soms tot 10 eenhede minder. Nie elke keer nie maar beslis gebeur dit. Waar gaan die verlore eenhede heen????

trotsNAMSA ·

1,9 miljoen rand om Bester met private vliegtuig in SA terug te kry. WOW,
SA !! SA het seker dié geld uitgegee om op CNN te verskyn. Wat kan nie alles met daai geld gedoen word nie.

Nommer 7 ·

Ek het nog nooit gehoor dat iemand se^ het hy is “vies” nie………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.