Beurtkrag: ‘Ons sien nou resultate,’ sê Ramokgopa

Kgosientsho Ramokgopa (Foto: GCIS)

Die afgelope ruk se minder beurtkrag as wat aanvanklik vir die winter voorspel is, wys dat daar ʼn keerpunt gekom het in die stryd teen beurtkrag.

Dr. Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit, het Sondag op ʼn mediakonferensie van die nasionale energiekrisiskomitee gesê terwyl daar ʼn maksimum vraag van tot 34 000 MW verwag is, het dit nog nie meer as 29 000 MW beloop nie.

“Ons begin resultate sien,” het Ramokgopa gesê en bygevoeg dit is ook danksy Suid-Afrikaners wat hul kragverbruik verminder het.

Die gemiddelde beskikbare opwekkingsvermoë beloop tans sowat 29 000 MW. Volgens Ramokgopa maak die verbetering in die opwekkingskapasiteit dit moontlik om meer beplande instandhouding te doen, hoewel daar nog probleme ervaar word om eenhede weer in werking te stel wanneer dit onklaar raak.

“Ons gaan beurtkrag oplos. Ek het vir julle die megawatts gegee – doen julle self somme en dan sal julle weet wanneer beurtkrag gaan eindig.

“Ek is nie hier om ʼn datum te gee nie. Ses weke gelede was dit fase 6 en nou het ons vir 14 tot 16 uur, twee-derdes van ʼn dag, geen beurtkrag nie. Ons gaan nog daar kom waar ons geen beurtkrag in ʼn 24-uur-siklus het nie. Ons is baie nader aan daardie dag as wat mense gedink het.”

Slimkragmeters moontlik verpligtend

Die nodigheid om slimkragmeters verpligtend te maak kort nog aandag, het Ramokgopa gesê en bygevoeg dat die moontlikheid oorweeg word.

Ramokgopa het die afgelope ruk verskeie kere genoem dat die regering dit oorweeg om slimkragmeters te installeer wat hom in staat sal stel om huishoudings se geisers op afstand te beheer ten einde die vraag na elektrisiteit te verminder en beurtkrag te beëindig.

Volgens Ramokgopa kan die afskakeling van geisers sowat 3 500 MW se elektrisiteit bespaar.

Só lyk beurtkrag-vooruitsig 

Eskom het Sondag gesê hy sal voortgaan om tussen 16:00 en 00:00 daagliks fase 3-beurtkrag toe te pas en sal daar tussen 00:00 en 16:00 daagliks geen beurtkrag wees nie. Dit sal tot verdere kennisgewing voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Althes ·

Hy wys vinger na Andrè de Ruyter oor die beurtkrag. Die ANC konkel so, dat ek graag sal wil weet wat het intussen verander omdat ons minder beurtkrag kry.
Ek vertrou niks wat uit hul mond kom.

Delia ·

N kenner het op RSG gepraat. Klaarblyklik het ons nou minder beurtkrag omdat de Ruyter net toe hy begin werk het, “deep servicings” laat doen.

annie ·

Seeing is believing… Ek is nie hier om ‘n datum te gee nie. Soos die bruidegom wat vir almal vertel van ‘hul’ troue maar nie ‘n datum wil gee nie….

Piet 6 ·

Wat het van die slimkragmeters van Tswane geword? Hoeveel is ge-installer? Hoeveel is daarvoor betaal? Hoeveel bedrog was daar? Tswane sukkel nou nog om daardie skuld te betaal. Wat was die bedrag daar betrokke en hoeveel gaan dit vir die hele Suid Afrika kos?

Die minister het nou mooi geleer waar hy verkeerd gegaan het om uitgevang te word. Nou gaan hy nie weer daardie “foute” maak om uitgevang te word nie en baie geld in sy en sy famile se sakke steek.

Ek ruik ń rot.

Kokerboom ·

En die Minister was betrokke by Tshwane en sy hande in onskuld gewas SONDER enige gevolge vir hom!!!En nou moet ons hom glo!!!!

Kokerboom ·

I just fail to understandwhat contribution this cadre makes to alleviate the power crises!
Lots of empty words and promises to make ANC looks good and coverup their total mismanagement over 3 decades!Interfering with Eskom’s top management experts who are supposedly be the experts!
Thats why Jan Oberholzer is still there!!

Johanné ·

Vir hierdie regering gee jy geeeeen beheer oor enigiets in jou huis nie! As hulle my geyser wil beheer, moet hulle my geyser se versekering betaal en as hy breek, moet hulle pa-staan! Hulle kan nie eers korrupsie in hulle geledere beheer nie, hoe wil hulle miljoene huise se geysers beheer????

JvR ·

My geyser is af by die isoleerder. Dan beheer net ek hom. Vroeër jare was daar die sg “ripple control”. Selfde beginsel. Hulle beheer ons geysers.

Miena ·

JvR – mag ek vra met isoleerder – bedoel jy die “db box” in die huis – die “geyser switch”? As dit so is – Ja ons sit ons sin ook afdeur die nag dan is daar genoeg warm water vir gesig was die oggend nog, en dan in middag sit ons hom aan om warm te word vir stort en skottelgoed was ens. Dan word hy weer afgesit.

JvR ·

Die DB boks het eintlik min invloed. Ons is gelukkig dat die isoleerder binne die huis is saam met die geyser. Want gewoonlik is die isoleerder reg by die geyser. Dit word afgesit wanneer aan geyser gewerk word. As hy aan is, is daar nog steeds krag, al is die geyser af by db board

JvR ·

Hulle het vroeer jare ook. Was genoem ripple control. Maar ja. Ekj vertrou niks. Dalk nie oor dieselfde rede as jy nie. Want ek het sedert 2019 uit conspiracies uit gehardloop

JvR ·

Johanné. Ongelukkig gaan dit nie oor wat jy vir hulle gee nie. Jy kan glad nie stop dat hul smart meter in jou huis sit nie. Al is jy ten volle op solar. Want jy het nog munisipale rekening

Sonblom ·

Mnr minister van elektrisiteit, moenie dink die laer fases beurtkrag is omdat jy iets reg doen nie. Ek praat nou uit Gauteng. Die aanvraag vir elektrisiteit is minder omdat dit nog nie ordentlik winter is nie. Ja, daar was yskoue dae, maar dit was nie winter soos winter moet wees nie. So moet nie dink jy doen ‘n wonderlike werk nie.

Amelia ·

Waar werk hy nee hy maak net grappies manne op grondvlak doen werk hierdie is maar net nog n verkiesings foefie

Kobus ·

Vreemd dat alles nou by Eskom aan die verbeter is. Was De Ruyter onbevoeg, is die slim minister so goed, is sabotasie minder of is dit omdat baie mense en besighede hulle eie krag opwek?

SjN ·

Sny alle onwettige verbindings af om mee te begin om sodoende meer resultate te kry.

Barney ·

Minder kragverbruik het niks te doen met Eskom se oulikgeid nie. Mense het bloot ‘n ander plan gemaak met solar en gas

Miena ·

Nie solar nie – ek het nie geld vir dit nie maar ons het snappy chef induksie oond plaat en potte & panne gekoop in Februarie. Sedertien gebruik ons die induksie oond en nie meer die gewone ingeboude elektriese stoof / oond nie. As ons iets wil doen wat in oond moet kom – dan gebruik ons die airfryer. Ons werk met voorafbetaalde krag en ek moet se ons groot huis kom nou met minder elektrisiteit oor die weg a.g.v. induksie oond, geyser wat afgesit word, en stoof-oond wat afgesit is ook.

Republikein in die Wes Kaap ·

Met al dié tipe planne saam met gas en son kan huishoudings se kragverbruik maklik met 2,000 MW verminder. Dis 2 fases beurtkrag. Voeg besighede by en tot 5,000 MW word minder gebruik. Dis 5 fases beurtkrag en waarskynlik waar ons nou is. Die clever minister is nie rerrig so clever nie, al dink hy so.

Olive ·

Die ou gly so deur instansies. Bly nooit lank nie dan beweeg hy aan na ‘n volgende. Nie lank terug nie was hy ceo by ‘n vars produkte fasaliteit ? En sover ek weet ook burgermeester iewers anders. Nou sommer minister van elektrisiteit? Hou ook ingedagte dat die sabotasies afneem omdat De Ruyter nie meer daar is nie en ook al hoe meer wyse mense doen afstand van eskom wat sodoende ook die aanvraag verminder. So dis dalk nie resultate nie, maar net plain logika.

JvR ·

Het jy gesien hoe gly DR deur instansies? En dink jy werklik soveel mense is heeltemal van die grid af?

CHRISTINE ·

Baie dankie.
Dit is omdat die weermag die stasies beskerm teen die anc terrorisme.

Miena ·

uhhhmmmm of dalk nie. Kom kyk hier in MP hoe gaan dit. Ek werk op n myn reg langs n baie bekende kragstasie en daar is nog 2 ander groot baie ekende enehede naby ons. Ek ry daagliks die paaie tussen die stasies heen en hier is nie n soldaat in sig nie vir so ver as jy kan sien nie. Nie n weermag voertuig wat aanduiding gee nie of niks nie. Die perimeter drade is soms plek plek geknip of sommer platgery maar het ten einde – geen SANW Lid nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis winter en die vraag is net 29 000 MW? Iets klop nie.

Heinrich ·

Dit reën net minder nou, anders was al die steenkool weer nat ens.
Kan net dink, die kaders wat die tender wen om die geysers te kom bedraad vir ANC beheer, gaan ‘n stewige fooitjie vra sodat die geysers nié afgaan nie wanneer mens sit regtig nodig het nie.

Miena ·

Ag daai is n bog storie. Ek werk op n steenkoolmyn en die ROM tips, Load out areas, die Discharge chute areas, die stockpile areas is als oop en bloot in wind en weer. ek het wel ook op n kragstasie gewerk en die enigste wat kan nadelig wees is as die “fines” te fyn is vir die “boilers” dan word dit soos klei / pasta wanneer dit nat word. Maar die furnaces / boilers se hitte is so hoog dit word baie vinnig droog om verbranding te bevorder

Shakespeare ·

Dit SAL beter gaan want die 2024 verkiesing is om die draai. Die ANC het al hul korrupsie en sabotasie aksies op “hold” gesit sodat dit lyk of hulle Eskom reggeruk het. Hulle verwoes Eskom en trek hulle “destruction team” terug om dit te laat lyk of hulle “top notch” is.

Marina ·

Ek is seker hy kyk teen sy oogvelle vas, hierdie is net weer ‘n verkiesingsfoefie!!!!

Amelia ·

Kos meer om geyeser se water weer warm te kry as om aan te los so meer krag Wie gaan betaal as geyeser breek of wat ook al kan verkeerd loop dink moet maar dan eerste by die prsident en ministers se bly plekke begin maar dit sal nie daar gebeur nie

Carin ·

Ek voel iets maak nie lekker sin in hierdie geval nie, en sal wil sien hoe lyk die boeke (nie dat ek ‘n finansiele deskundige is nie). Ontsaglik baie mense het oorgegaan na gas, solars, en is baie minder afhanklik van elektrisiteitsvoorsiening deur Eskom. Wat ook minder inkomste aan die entiteit beteken in die langtermyn. Wat as die geld opraak en steenkool en diesel nie meer aangekoop kan word nie? Is hier dalk iemand wat meer insigte het hieroor? Hoe is dit moontlik om binne enkele weke amper geen beurtkrag te he nie?

JN ·

Lekker lag ek nou..
Lyk my hy dink hy is nou die ridder op die wit perd..
Die redder van die gemors wat hulself geskep het..
Nou doen hy almal n groot guns en almal moet dankbaar wees maar moet hom net nie vra wanneer hy dink die gemors wat hulle geskep opgelos sal word nie…
Die beste is doen jul self die somme want dit is nie sy werk nie..
Oë genade..
Siestog.

Althes ·

Ja bring slimkragmeters in en besoek dit gereeld in die nedersettings. En het jul suksesvol die onwettige kragkonneksies afgebreek?
Eskom gee verbruikers die skuld vir verhoogde gebruik, wat absolute twak is. Wat wel waar is, is die sondebok verbruikers wat geen of minimum vir krag betaal

JvR ·

En skielik gaan daar n liggie op by my. Nie danksy ESKOM nie. Met die smart meter rollout wat afgedwing word, is daar totale beheer oor die kragtoevoer na jou woning. Selfs al het jy solar. Want smart meter gaan jy kry. Al gebruik jy glad nie eskom krag en kry slegs muisipale rekening vir erfbelasting ens. Hulle gaan beheer he oor wat in jou huis aangaan. Dit is n tikkende tydbom

etienne ·

Toe hy Burgermeester by tshwane was so paar jaar gelede, wat hy ook betrokke by slim meter bedrog, nou as minister gaan niemand hom keer om dit weer te doen nie.

Papsak ·

Moenie te veel van jou dink nie ruk krag eers toetaal reg en dan begin jy groot praat niks nog in orde nie daar nog te veel beurtkrag verkiesing doen baie ne

Piet parys ·

Andre de Ruyter se plaan werk nou en die minister Ramokgopa dink hys die held . 2 fases word nou al opgewek deur sonkrag . As jy dink jy vlieg sonder vlerke sal jy hard val as jy wakker word ministertjie . Die Ramas dink hulle is slim .

JvR ·

Watse plan van oom DR? Selfde oom DR wat reg in die begin van sy kroning gese het ons betaal te min vir elektrisiteit?

Brombeer80 ·

Hoe slim is die slim meters en wie gee die staat die reg om met jou eiendom te maak soos hulle wil? Ek betaal vir my voorafbetaalde elektrisiteit met my geld, vir my huis. Dit sluit krag vir my geyser in.

JvR ·

Jy betaal erf belasting. Jy moet n munisipale rekening he. Maak nie saak waar jy bly nie. Ek ondersteun dit nie. Ek noem blote feite. Hulle plaas bloot jou rekening oor na die nuwe meter. Teen die tyd wat hulle by jou deur klop, is dit reeds gedoen. By ons kompleks het hulle dit sommer by die opsigter gelos. Met 5 kw dat jy krag het om krag te kan laai.

JvR ·

Regverdig? Nee. Ons keuse? Nee. Maar om op media te verkondig jy gaan dit nie toelaat, gaan nie jou probleem oplos nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.