In die hart van “Die laaste kanariegeel notaboek”, is sterk vrouekarakters wat dikwels onsigbaar in die skadu’s van die samelewing bly.
Lees meerAlles vir Sondag 2 Julie 2023
Mexikaanse burgemeester trou met ’n reptiel
Terwyl omstanders hande geklap en gedans het, het ’n burgemeester van ’n klein dorpie in die suide van Mexiko ewige trou beloof aan ʼn kaaiman – ook bekend as ’n Amerikaanse krokodil.
Die week in foto’s
ʼn Warrelwind van gebeure in ses boeiende foto’s. Kyk hier na sommige van die week se nuusgebeure.
Vol Kaapse damme moenie ‘vals gevoel’ van watersekerheid gee
Die onlangse swaar reënval het die gemiddelde vlak van Kaapstad se damme tot 97,1% laat opskiet, maar die owerhede waarsku dit moenie tot ’n vals gevoel van watersekerheid vir die toekoms lei nie.
Verstappen het geen gelyke in 2023
Max Verstappen (Red Bull) se oorheersing in vanjaar se Formule Een-reeks is so groot dat hy Sondag op die Red Bull Ring in Spielberg in die voorlaaste ronde in die kuipe aangedoen het om bande om te ruil om sodoende die bonuspunt vir die vinnigste ronde ook voor die ander jaers weg te raap.
Bewerings teen Ramaphosa oor Phala Phala ‘polities gemotiveerd’
“Pres. Ramaphosa het hom nog altyd as ’n opregte man gedra en die ANC het volle vertroue in sy leierskap soos gebonde aan die etiese kode, ons Grondwet en die hoër roeping van ons revolusionêre moraliteit as ’n beweging.”
Sy toekoms wink saam met hupstoot van besonderse fonds
Só sluit die mamma haar brief af. Ek lees die liefde van ʼn ma vir haar kind en ek hoor die desperate hulpkreet.
Unisa se registrateur afgedank
“Dit het vir my duidelik geword dat die verhouding onherstelbaar geword het; dit het die werk van die universiteit ernstig beïnvloed,” het ‘n verdoemende verslag bevind oor die verhouding tussen Mothata en die rektor.
Nog honderde vas na geweld in Frankryk
Nog honderde betogers is in hegtenis geneem na ’n vyfde nag van gewelddadige oproer in Frankryk.
Beurtkrag: ‘Ons sien nou resultate,’ sê Ramokgopa
Volgens Ramokgopa word dit oorweeg om slimkragmeters verpligtend te maak wat die regering in staat sal stel om huishoudings se geisers op afstand te beheer.
Wonderwerk-ouma steeds perdfris 42 jaar na ‘terminale kanker’
Nadat die dood aan haar voordeur geklop het, is die woord “remissie” vir Louise die mooiste woord in die woordeskat. ʼn Woord wat vir haar gelyk staan aan ʼn wonderwerk.
Luister: Skokdiagnose ruk Retief Burger tot stilstand
Retief vertel in Maroela Media se ateljee dié skokdiagnose het sy gesin tot stilstand geruk, maar dit het hom ook opnuut weer bewus gemaak van sy roeping as geestelike leier en ook as liedjieskrywer.
Jong renjaer sterf ná ongeluk in België
Max Verstappen was versigtig om die baan te blameer vir Saterdag se ongeluk wat die lewe van ’n landgenoot geëis het.
Komplekse diplomasie nodig vir komplekse wêreld
Diplomasie is lankal nie meer net tot sentrale regerings beperk nie en op ʼn veranderende wêreldverhoog kan alternatiewe diplomasie beskerming teen ʼn sentrale regering se diplomatieke domastrantheid skep.
Video: Dis ‘note, gedigte en intelligente nonsens’ op Rocco se radioprogram
“Die belangrikste was dat daar jonk en oud by hierdie gesprek rondom Afrikaans betrek word en dat dit opreg moet wees.”
Tweelingbroers eerste en tweede in Tour de France se 1ste skof
Adam Yates het Saterdag die eerste skof van die Tour de France in Bilbao, Spanje, gewen, met sy tweelingbroer wat kort op sy hakke was.
Reeks om die As: Engelse proe 90 jaar later eie medisyne
In die huidige reeks om die As tussen die krieketspanne van Engeland en Australië, is die skoen aan die ander voet.
‘Yoh yoh yoh …’ Dié kannetjie mág maar ʼn Boran bemark
“Hallo, oom. Welkom op ons plaas. Vandag gaan ek vir oom báie mooi beeste wys.” En in sy beste “boerklere” begin die agtjarige Zak Thuynsma dan die boerdery se Boran-beeste bemark.
Nóg ʼn voorval: Nie eens direktief stuit korrupte metrobeamptes
Nie net het die beampte glo op omkoopgeld aangedring nie, sy het glo sommer self ook probeer om die onttrekkingslimiet op haar slagoffer se bankrekening te verhoog om nog geld vas te lê.
ʼn Kat, ʼn draadloos en sy Bybel: Alleen in sy bakkie bid hy vir werk
Hy woon nou al amper twee maande lank in sy bakkie net buite Bethlehem saam met sy optelkat wat deesdae sy enigste vriend is. Soms oorval die mismoedigheid hom, maar dan praat hy met “die Man daarbo” en bid vir uitkoms.