Bewerings teen Ramaphosa oor Phala Phala ‘polities gemotiveerd’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Stefan Heunis/AFP)

Die Openbare Beskermer (OB) se bevinding dat pres. Cyril Ramaphosa nie die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het in die Phala Phala-kwessie nie, bewys die bewerings was duidelik polities gemotiveerd en nie gegrond op ’n goeie interpretasie van die etiese kode nie.

Die ANC het adv. Kholeka Gcaleka, waarnemende OB, se verslag verwelkom en gesê dit is ʼn bevestiging van “elkeen is gelyk voor die reg” en ’n bevestiging dat Ramaphosa se beskuldigers geregtig is op hul sienings, maar nie geregtig is op hul eie feite nie.

“Die bewerings [dat Ramaphosa die etiese kode oortree het] het op ’n manier volslae minagting vir die kantoor van die president van Suid-Afrika getoon,” het Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale ANC-woordvoerder, gesê.

“Pres. Ramaphosa het hom nog altyd as ’n opregte man gedra en die ANC het volle vertroue in sy leierskap soos gebonde aan die etiese kode, ons Grondwet en die hoër roeping van ons revolusionêre moraliteit as ’n beweging.”

Gcaleka het as deel van haar ondersoek die moontlikheid ondersoek dat Ramaphosa opgetree het op ʼn wyse wat strydig is met sy amp in die hantering van die beweerde huisbraak en homself blootgestel het aan ’n moontlike konflik tussen sy grondwetlike pligte en sy private belange.

Die feit dat Gcaleka bevind het dat Ramaphosa nie die etiese kode oortree het nie, beteken nié die president het nie ʼn strafregtelike oortreding begaan nie.

“Daar word steeds gewag op die uitslag van die polisie se strafregtelike ondersoek. Tot dan is die saak geensins afgehandel nie,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Die DA en ActionSA het gesê hulle oorweeg om die verslag op hersiening te laat neem.

“Hierdie verslag kan slegs beskryf word as ʼn pro-Ramaphosa- openbare betrekkinge oefening,” het DA-leier John Steenhuisen gesê.

Herman Mashaba, ActionSA se leier, sê die verslag maak steeds geen melding oor waarom die geld in ʼn rusbank op Ramaphosa se plaas versteek was nie, waarom dit nooit aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens verklaar is nie, en waarom ʼn geheime operasie plaasgevind het om die voorval te ondersoek terwyl ʼn saak nooit by die polisie aanhangig gemaak is nie.

Dit is “ernstige vrae” waarop die party antwoorde van Ramaphosa eis.

Wayne Thring, LP en adjunk-president van die ACDP, het gesê dat die OB met haar verslag ʼn “tweede onreg aan Suid-Afrikaners gedoen het”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Die vraag wat ek vra is sou ek dit gedoen het wat sou met my gebeur het,Ramaposa, malema, selebi ,zuma,magashule hulle is almal voorbeelde dat almal nie gelyk is voor die reg nie.

Chris ·

Op die “THE SAGA” webtuiste maak hul die volgende stelling – “She has an estimated net worth of R15.6 million as of September 2022”. Die somme maak bloot net nie sin nie. Uit die aard van die saak is sy nie ‘n politieke aanstelling nie? en daarom kan sy bevind dat die “Phala Phala” debakel polities gedrewe was. Dit is ‘n belediging vir die Suid Afrikaanse publiek.

Jaco ·

In die ou SA het president PW Botha gereeld weermagvervoer gebruik wanneer hy gaan jag het. Toe sy seun militêre diensplig gedoen het, is hy uitgeplaas in ‘n spesiale wageenheid van die Vloot, wat eintlik net uit staandemaglede bestaan het. Dieselfde seun was tydens sy militêre diensplig in ‘n motorongeluk in Tableview betrokke. Daar was geen woord verder daaroor nie.
So die beginsel van toesmeerdery en allerhande spesiale voorregte kom toe sowaar uit die ou SA….

Casper ·

Natuurlik sal sy in sy guns beslis,dit is hoekom hy haar in die eerste plek aangestel het om te kyk of sy die ANC goedgesind is,en die moontlikheid van ‘n permanente aanstelling as sy haar gedra.

JN ·

En hoeveel miljoen is hier nie verklaar nie Jaco???
Ek probeer nou nie n appel met n appel vergelyk nie soos leen n voertuig op die belastingbetaler se omkostes teenoor miljoene rande nie te verklaar nie maar regtig Jaco ? Moet n mens jou ernstig opneem hier?

Papsak ·

Nee kyk die verkiesing kom nou so nou spring ons vinnig om net nie uit gestem te moet word nie

Sê maar net ·

Bla-bla-bla….kaders beskerm mekaar…..wat is nuus? Almal weet dit al….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.