Nog honderde vas na geweld in Frankryk

(Foto: Valery HACHE/AFP)

Nog honderde betogers is in hegtenis geneem na ’n vyfde nag van gewelddadige oproer in Frankryk.

Betogers het motors aan die brand gesteek, infrastruktuur beskadig en met die polisie slaags geraak. Sowat 45 polisiebeamptes is beseer, 577 voertuie is aan die brand gesteek, 74 geboue is aan die brand gesteek en 871 brande is in strate en ander openbare ruimtes gestig. Meer as 20 polisiestasies is ook aangeval.

Die burgemeester van ’n buurt suid van Parys het gesê oproeriges het met ’n motor in sy huis vasgery en ʼn brand gestig. Sy vrou en een van sy kinders is glo tydens die voorval beseer. Élisabeth Borne,  premier van Frankryk, het die voorval ten sterkste veroordeel. Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

Sowat 45 000 polisiebeamptes is oor Frankryk heen ontplooi. Die sterk polisieteenwoordigheid het gehelp om geweld in toom te hou, het Gerald Darmanin, minister van binnelandse sake, gesê.

In Marseille is grootskaalse plundering aangemeld. ’n Aantal dorpe het aandklokreëls afgekondig en openbare vervoer word net tot sekere ure bedryf. Eric Dupond-Moretti, minister van justisie, het gesê dat 30% van diegene wat in hegtenis geneem is minderjarig is.

Die betogings bied ’n nuwe krisis vir president Emmanuel Macron wat ’n staatsbesoek aan Duitsland uitgestel het wat Sondag sou begin. Macron sal nou eerder Sondag ʼn krisisvergadering met regeringsleiers bywoon.

Maroela Media het vroeër berig die betogings hou verband met die dood van ʼn 17-jarige seun, net bekend as Nahel. Hy is Dinsdag deur ʼn polisiebeampte doodgeskiet toe hy in ʼn huurmotor in die woonbuurt Nanterre gery en voorgekeer is.

Nahel se begrafnisseremonie is Saterdag in Nanterre, waar hy gewoon het, gehou. ’n 38-jarige polisiebeampte is intussen van manslag aangekla oor Nahel se dood en is in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andrew ·

Dit is die jare se liberale, een wêreld, beleidsrigtings wat hulle tot hier gebring het. Die proteste gaan nog oorspoel na Belgie en Duitsland in die nabye toekoms. Ergste is die klomp generasie z Franse wat dink dis baie cool om n rebel te wees en saam te hol en klippe te gooi, goed ge-indoktrineer deur die “victim-hood” wat aan die jeug voorgelê word onder die mantel van “police reform”. Hulle hoef net na die Tshwane Metro polisie en ons hoof van polisie te kyk om te sien hoe polisie herforming lyk. Die aanvalle lyk soos die goed wat jy sien in die stories soos Fauda en die opstande in Egipte en ander arabiese lande. Ongelukkig assimileer die mense nie hulle vat oor, soos Europieers agter gekom het in dat hulle polisie nie eens sommer in sekere dele ingaan nie. Nou het hulle nie n Franse revolusie nie maar n arabiese lengte.

Grassie ·

Europa het mos die miljoene sg. “migrante”, die skuim van derdewêreldlande, met ope arms verwelkom. Nou pluk hulle die vrugte van hul verwronge begrip van menseregte. Frankryk is maar net die begin, die ander Europese lande se beurt kom met Duitsland voor in die ry. In Engeland is die getal Moslems reeds meer as 6 miljoen, Dit is meer as die Afrikaners in ons land. Daar is 577 voeryuie en 74 geboue verbrand en besighede geplunder. Dit is nie protesoptrede nie, dit is openbare anargie. Kry maar vir julle, ons liewe liberale halfbroers, kry vir julle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.