Beurtkrag onwaarskynlik Saterdag

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydag gewaarsku dat beurtkrag binnekort weer geïmplementeer kan word weens instandhoudingswerk wat volgende week moet plaasvind. Die kragvoorsiener het op 8 Augustus die laas beurtkrag toegepas.

“Ons instandhoudingsplan is daarop gemik om die betroubaarheid van ons aanleg te verbeter en sodoende ons bedryfstelselreserwes te verhoog en kragnetwerk te stabiliseer. Ons strewe daarna om geen beurtkrag toe te pas nie maar die realiteit is dat ons ʼn kwesbare kragnetwerk bedryf. Ons sal voortgaan om die situasie te monitor en indien dit nodig is om beurtkrag te implementeer, sal ons dit kommunikeer.”

Eskom het ʼn beroep gedoen op gebruikers om voort te gaan om hul elektrisiteitsverbruik te verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bruno Stef ·

Ja Eksdom as daar vanaf 1994 behoorlike vooruit beplanning gedoen is en ag geslaan was op waarskuwings vanaf bevoegde gewese personeel se waardevolle menings sou hierdie toestand nie ontstaan het nie.Maar as is verbrande hout nou kruip julle en julle onbevoegde ongekwalifiseerde bestuur weg agter nood situasies en onderhoud wat gedoen moet word terwyl dit vir donkiejare sonder enige noemenswaardigheid verskil as deel van n jaarlikse onderhoudsprogram gereeld gedoen was sonder verskonings.

Gerhard Bezuidenhout ·

Bruno Stef ek stem 100% saammet jou . Ek glo ook dat die kragonderbrekings n skelm set van Eskom en die ANC is om ons sag te maak vir tariefverhogings vorentoe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.