Beurtkrag Saterdag wel ingestel

beurtkrag

Argieffoto

Eskom het laat Saterdagmiddag fase 1-beurtkrag toegepas wat waarskynlik tot 22:00 sal duur.

Die kragnetwerk was die hele dag stabiel en Eskom was in staat om instandhoudingswerk te doen sonder om beurtkrag toe te pas.

“’n Vermeerdering in die vraag na elektrisiteit en ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit weens kragstasies waar instandhoudingswerk gedoen word, het Eskom genoop om teen 17:00 beurtkrag in te stel wat na alle waarskynlikheid tot 22:00 sal voortduur,” het die kragvoorsiener in ’n verklaring gesê.

“Eskom wil kliënte verseker dat beurtkrag ingestel word as ʼn noodsaaklike maatreël om die kragnetwerk te beskerm en te verseker dat nodige instandhoudingswerk gedoen word om die voorraad van elektrisiteit op die lang duur te onderhou.”

Eskom het soos altyd kraggebruikers gevra om energie-doeltreffende manier te vind om warm te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jo-anli ·

Dis pure twak. My krag op n vrydag maak ek binne 1 en half uur geregte vir 7 dae. Dit neem 1 minuut in mikrogolf om te verwarm. 1 lig snaags en tv aan. Hierdie week was ons 4 dae ure altesaam39 ure sonder krag. Ons is 2 mense in huis. My elektr rekening gaan met R500 op per maand vir die laaste 4mnde wat ek kan bewys. Eskom word wakker kry GEKWALIFISEERDE MENSE nie ……….. mense nie. Skreiende skande ek is al si briesend.

Jo-anli ·

Wou sê, my rekening styg elke maand vir laaste 3 tot 4 maande met R500 en dt met beurtkrag. Dit maak nie sin nie. 2 mense in ń huis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.