Beurtkrag verder afgeskaal

(Foto: Shutterstock)

Daar sal tot 17:00 Sondag geen beurtkrag toegepas word nie, waarna fase 2-beurtkrag weer sal geld.

Aanvanklik sou daar net tot 16:00 geen beurtkrag gewees het nie en sou fase 3 dan gegeld het.

Volgens Eskom sal fase 2 egter nou tot 05:00 Maandagoggend geld, waarna beurtkrag weer tot 16:00 opgehef sal word.

Eskom sal Maandagmiddag weer bekend maak watter fases beurtkrag vir die res van die week sal geld. Beurtkrag is ook Saterdag opgeskort waarna dit ook verder afgeskaal is.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.