Beurtkrag verder afgeskaal

(Foto: Sten Ritterfeld / Unsplash)

Beurtkrag sal vir die res van Maandag op nog laer fases ingestel word as wat Eskom vroeër aangekondig het.

Die kragvoorsiener sê weens ʼn verdere verbetering in opwekkingskapasiteit en ʼn laer as verwagte vraag na krag, kan fase 2 ingestel word.

Fase 2-beurtkrag geld Maandag van 12:00 af en sal regdeur die aand tot 16:00 Dinsdag van krag wees.

Fases 2 en 3 sou afwisselend vandeesweek ingestel word.

Die kragvoorsiener sê hy sal later die vooruitsig vir beurtkrag vir die res van die week bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Oosieoos ·

Pragtig slim eskom want die hele suidkus is al van laasnag sonder krag so julle het baie spaar krag

Gaitsigubib ·

Ag hulle hou so daarvan om te lieg. Die vooruitsigte is altyd geen beurtkrag dan is die krag dieslefde dag nog vir 4 ure af AS JY GELUKKIG is.

Andre ·

…al díe moves kom voor die verkiesing, insluitend die uitputting van die dieselreserwes by PetroSA.

Highlander ·

@Andre. As julle dink die regering is afhanklik van stemme, mooi dink. Want die teendeel is telkemale bewys al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.