Die OR Tambo Internasionale Lughawe buite Johannesburg het Donderdag vlugvertragings ervaar weens ʼn kragonderbreking.
“Alhoewel noodsaaklike dienste op kragopwekkers gesteun het, het ʼn agterstand ontstaan,” het Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder vir die lughawe, in ʼn verklaring gesê.
Reisigers is versoek om geduldig te wees en hul samewerking te gee. Reisigers is ook versoek om die onderskeie lugrederye te kontak vir vluginligting.
Eskom het vroeër aangekondig beurtkrag sal tussen 09:00 en 22:00 regoor die land plaasvind ná swaar reën nat steenkool veroorsaak het. Verbruikers word versoek om alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.
Intussen het die regering gesê hy het nie enige berigte ontvang dat die ekonomie deur die kragonderbrekings geraak word nie en het beurtkrag as ʼn “tydelike terugslag” beskryf. Klik hier om meer te lees.
Pateties tyd vir. N nuwe regering!!!!!!!
Kontak Sep Blatter – met TwentyTen het ons geweldige toeloop van buitelanders gehad, die media, stadions in elke provinsie ensovoorts ensovoorts sonder ‘n SEKONDE se beurtkrag. Nat kole? Bog snert en onsin! Die kole word in elk geval met warm lug geblaas om alle koolstoffies te verwyder.