Beurtkrag vir paar uur opgeskort

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Parker Coffman/Unsplash)

Eskom het vroeg Dinsdagoggend aangekondig dat beurtkrag vandag vir ʼn paar uur lank opgeskort sal word.

Die kragvoorsiener sê daar sal geen beurtkrag tussen 08:00 en 16:00 van krag wees nie. Dit is te danke aan die opwekkingskapasiteit wat oornag verbeter het.

Teen 16:00 sal die normale beurtkragskedule, soos dit vroeër aangekondig is, voortduur. Fase 4-beurtkrag sal dus tot Woensdag om 05:00 geld, waarna fase 1 weer tot 16:00 van krag sal wees.

Die volledige skedule kan hier gekry word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Boer ·

Beurtkrag vir ‘n paar uur opgeskort totdat Medupi, Kriel of ander kragstasies weer breek, dan is dit weer fase 6 beurtkrag. Ek gee dit so ‘n dag dan is fase 6 terug.

Impact ·

Ja, en ons glo julle. Nee julle bedrog is besig om uit te kom met die sabotasie van die kragstasies….altyd gedink daar is meer agter dit, soos geld…………….julle het darem almal alamintag ryk geword in ‘n kort rukkie.

Vinny ·

Dankie tog dis so moeilik om opleiding te reel en op eskom staat te maak.

Papsak ·

Ag asb glo niks meer nie lieg te veel vir land kom vier kragstasies aan die gang dan breek daar weer ses skrik wakker julle lank agter die tyd

Miena ·

Is dit nou nadat daar oud-Eskom werkers weer terug is by van die kragstasies wat begin werk en regmaak het sodat daar nou bietjie meer krag is? Vra maar net…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.