Beurtkrag weer kortstondig opgeskort

(Argieffoto: pixabay)

Danksy ʼn verbetering in die noodopwekkingsreserwes gaan Eskom beurtkrag Saterdag om 22:00 opskort.

Fase 1-beurtkrag word dan weer Sondag om 17:00 hervat en sal tot 22:00 duur.

Eskom sê om voort te gaan om noodopwekkingsreserwes ter voorbereiding van die week aan te vul, sal beurtkrag weer Sondag van laatmiddag af geld.

“Die kragstelsel is steeds onder druk en kwesbaar,” lui ʼn verklaring van Eskom.

“Die kapasiteitsbeperkings sal vir die afsienbare toekoms duur en ʼn beroep word op alle Suid-Afrikaners gedoen om hul kragverbruik te verminder, veral tussen 17:00 en 22:00 wanneer die winteraanvraag die hoogste is.”

Beurtkrag is Vrydagmiddag ook tydelik opgeskort om die parlement kans te gee om verkrygingswetsontwerpe deur te voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Persheks Adri ·

Moet ek nou dankie sê as ek betaal vir die patesiese diens? Ek gaan ook onstabiel raak en my betalings ook voetsek Eskom!

Keelvol ·

Beurt krag is geen sins nodig nie. Evkom hou op om ons om die bos te probeer lei.

Hendrik Marthinus ·

Dankie Johan
De Reyter lui ons om die bos
As ons in so groot moeilikheid is, hoekom gister dit vir 5 ure opskort, of is hy nou ewe skielik Jammer daaroor en sit ons nou weer op stage 1
Eers was loadshedding geskeduleer tot gisteraand om 22:00
Na gister weer vir volle naweek, hy weet nie Meer wat hy doen nie man
Ek is seker more middag hoor ons weer, Sy ou krag stasies breek een vir een, en loadshedding gaan tot Woensdag duur etc
Hy Bly service maar lyk my hy gebruik ou parte, want n dag daarna breek iets
Hy Bly service maar dit Bly breek, lyk my ons moet kubaanse ingeneurs inkry om hom te help
Dink Jacob Zuma Sal beter doen as de Reyter

Hendrik Marthinus ·

De Reyter must fall
Hy en Sy Onderdane weet nie Meer wat Hulle doen nie
Aan af aan af, sy organisasie is soos n verkeerslig
Ons betaal vir diens wat ons nie kry nie

gatgogga ·

Nie net kry de Ruiter geen samewerking nie – hy word seker ook gesaboteur.
Long leave, ANC, long leave!

Hendrik Marthinus ·

Geensins nodig nie
Hulle Kan load reduction doen in areas waar Hulle geld geskuld word
As toestand so sleg is hoekom gister loadshedding stop
En weer vanaand maar weer aan more, eks seker Hulle praat verby mekaar

gatgogga ·

Eskom is besig met loon onderhandelinge. Weknemers moet om die bos gelei word. Verbruikers – die pionne.

Friedrich ·

Is dit nou n “nuwe” ding? Hulle doen dit in elkgeval meeste dae. Gelukkig kry ons geen liadshedding in Cullinan nie. ????

Jan ·

Eskom en die munisipaliteite se probleme sal grootliks opgelos wees indien hul admin so opgeknap word dat elke verbruiker betaal vir sy kragverbruik.

annie ·

Die culprit in lewende lywe gekiek… maar baie kwesbaar. Die kragdief kan ontspan, geen meer rollies is toelaatbaar of nodig in hierdie vredevolle eerstewèreldland van ons nie. De Ruyter kan maar eerlik wees ‘n slag en erken dat die kragskepe in die hawe lè om ons ekstra krag uit te voer. Ons wag net vir die minister om sy MBA-toga uit te trek.

Adriana ·

Ons moet ons krag verbruik verminder tussen 17h00 en 22h00, hoe doen ons dit, dit is in die tydperk wat jy oppad is van jou werk, jy moet kos maak vir jou gesin, jy moet skottelgoed was, wasgoed dalk, kinders bad, dit is jou daaglikse roetine wat jy moet doen in daardie tyd. Kry eerder bevoegde mense en verbeter die krag situasie.

Strandloper ·

Mmmm klink vir my soos Die Ruiter in Swart boekies van ouds….net jammer die nuwe weergawe is nie n held nie

Michael ·

Help my asb om te verstaan, waar het die krag vandaan gekom om dit Vrydag op te skort vir die parlement?

Hendrik Marthinus ·

Vra vir die maroela lesers wat so aangaan en bid vir De Reyter
Hulle blaas gal maar se dus nie Sy skuld nie
Ek wonder Wie is die CEO Dan van Eskom

Samuel ·

Hoe verklaar jy dat op die koudste tyd van die dag en wanneer normale, werkende mense, moet kosmaak en in baie gevalle klein kinders moet versorg, word die krag afgesny? Ondeurdagte besluite. Gevoelloos.

gatgogga ·

Miskien wel deurdag?
Onthou, slegs totale chaos kan moontlik vir Ramaphosa en die kaders red.

Sambok ·

Lei ons aan die neus rond-die kole is amper klaar opgebruik

Jr ·

Nee wag kom ons maak dit Sondag 17h00. Nee miskien nie – Dinsdag dan? Nee wag tot die einde van die week. Nee maybe vir ‘n maand. Aagh kom ons doen dit vir die volgende twintag jaar, want miskien werk Medupi dan. Yes teen daai tyd het Kubaanse elektrisians our people genoeg
” GEMENTOR” – Wat’ n GRAP!!!

gatgogga ·

Eslok : Fase 1
Covid: Fase 2
Ekonomie: Junk status
Regering: Krimineel status

Hercules ·

eers was dit nat steenkool, nou is dit turbines en opwekkers wat kwansuis breek – wonder wat dink hulle uit vir die volgende verskoning!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.