Beurtkrag wel die naweek ingestel

(Argieffoto: Tracey Adams/ANA)

Eskom het bevestig dat fase 2-beurtkrag die naweek gaan voortduur. Indien alles goed gaan, sal Suid-Afrikaners wel Sondag heeldag krag hê.

In ʼn verklaring wat Donderdagaand uitgereik is, sê die kragreus beurtkrag sal van Donderdag tot Sondag 06:00 ingestel word. Dit is omdat bykomende eenhede verlore gegaan het weens ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit.

“Fase 2-beurtkrag is Saterdag nodig om die noodreserwes weer aan te vul vir die week wat voorlê,” sê Eskom.

Onbeplande onderbrekings het Donderdagmiddag op 12 225 MW gestaan. “Noodreserwes word tans aangewend om die tekort aan kapasiteit aan te vul. Ons sal verbruikers op hoogte hou oor die kragsituasie.”

Eskom het verbruikers weereens herinner dat die stelsel onder druk verkeer en dat enige verandering in die stelsel die verandering van die fase beurtkrag op kort kennisgewing kan veroorsaak.

Verbruikers is ook weer gevra om krag spaarsamig te gebruik deur geisers tydens spitstye af te skakel, nie die lugversorger laer as 23 °C te stel nie en die swembad se pomp te stel om twee keer ʼn dag vir drie ure op ʼn slag te loop.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

netekalleen ·

so whats new?????????????????????????????????????? die apps wat mens kry is ook nie eers meer akkuraat nie. Binnekort lewe ons in die oertyd soos my ouma en oupa

Kobus ·

Die enigste reus in eskom is sy skuld. Hys lankal nie meer n kragreus nie.

Johan ·

En sommige straatligte in Centurion brand dag en nag vir die afgelope vyf weke….

Nette ·

Ek gaan ook eendag vir my kleinkinders vertel, eendag lank lank gelede het ons elektrisiteit gehad….

Bullet ·

Ek sou verwag dat ek op my voorafbetaalde kragverbruik ‘n beduidende besparing sou kon sien met al die beurtkrag wat ons het.
Tog is dit nie so nie, lyk nie na ‘n effektiewe metode om kragverbruik af te bring nie.?

Snowball ·

En so ‘generator’ ons maar voort. Gelukkig is die son nog verniet, maar dalk ook net tot volgende week se begroting bekend is….dan word blasting gehef tot by die dendriete van ons senuwees om hierdie hool aan die gang te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.